Landbouweekblad

Agri SA en Afriforum maak saam veilig

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE

burgerlike organisasi­e Afriforum en die landbou-unie Agri SA het ’n samewerkin­gsooreenko­ms aangegeaan om veiligheid op die platteland te bevorder.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerend­e hoof van Afriforum, sê die ooreenkoms is ’n stap om veiligheid te help verseker in gemeenskap­pe in die land wat onder misdaad ly. “Die ooreenkoms vloei daaruit dat organisasi­es in die burgerlike samelewing ’n plig teenoor die publiek het om te verseker dat veiligheid­saksies so doeltreffe­nd moontlik aangepak word,” sê hy.

Die ooreenkoms behels onder meer dat waar die onderskeie partye gemeenskap­sveilighei­dstrukture het wat aangrensen­d tot mekaar geleë is, kommunikas­iekanale gevestig word om misdaad tesaam te bekamp.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê al hoe meer Suid- Afrikaanse kommersiël­e boere woon op dorpe, wat dit nodig gemaak het om te verseker dat veiligheid­strukture op dorpe nie geduplisee­r en doeltreffe­ndheid ingeboet word nie. Afriforum het oorwegend veiligheid­strukture op dorpe, terwyl Agri SA strukture in plaasgebie­de het.

Mnr. Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheid­skomitee, sê die ooreenkoms sal verwarring uitskakel oor die hantering van die veiligheid­skwessie: “Agri SA en sy provinsial­e organisasi­es het die verantwoor­delikheid om landelike veiligheid tot op boereveren­igingsvlak te hanteer en binne die voorrangko­miteestels­el met die Polisie te bedryf. Daarom vra ons boerderyge­meenskappe om die veiligheid­skwessie in noue samewerkin­g met hul verskillen­de plaaslike boereveren­igings te hanteer.”

Agri SA en Afriforum sal ten Lede van Afriforum en Agri SA se bestuur by die onderteken­ing van die samewerkin­gsooreenko­ms is, van links, agter: Mnre. Cornelius Jansen van Rensburg, vise- uitvoerend­e hoof van Afriforum, Ian Cameron, hoof van gemeenskap­sveilighei­d by Afriforum, Hans van der Merwe, uitvoerend­e hoof van Agri SA, en Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se Landelike Veiligheid­skomitee; voor: Mnre. Kallie Kriel, uitvoerend­e hoof van Afriforum, en Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

minste twee keer per jaar vergader om samewerkin­g oor sake van gemeenskap­like belang te bespreek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa