‘BROMMERGIF SLAG KRAANVOËLS’
HOË vlakke van die veemiddel diasinon is verantwoordelik vir die beweerde grootskaalse vergiftiging van Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël. Só sê dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum.
Meer as 200 voëls is glo sedert 2012 deur ’n boer by Richmond in die Noord-Kaap vergiftig. Dit is die ergste voorval wat tot nog toe plaaslik aangeteken is.
Verdoorn i s deur die Nama-Karoo-stigting (NKS) genader om die saak te ondersoek. Hy sê die toksikologiese ontleding van die maaginhoud van een van die dooie kraanvoëls toon hoë vlakke van dié middel wat gebruik word om brommers by wolskape te bekamp. Hy sê die mielies is in diasinon geweek en glo doelbewus vir die kraanvoëls uitgegooi om hulle te vergiftig. voël wil bevestig. “Boere van die Nama-Karoo, die Overberg, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Mpumalanga- hoëveld stem almal saam dat die bloukraanvoël die hoogste vlak van beskerming van ’n inheemse voëlsoort behoort te geniet.
“Die NKS en die Griffongifinligtingsentrum reik ’ n ernstige waarskuwing uit aan enigiemand wat plaagdoders misbruik. Ons sal sulke individue ongenaakbaar vervolg, ongeag die moeite of koste daaraan verbonde. Vergiftiging is vinnig besig om die uitsonderlike bewaringswerk uit te wis van diegene wat die Nama-Karoo koester en die gebied as een van Suid-Afrika se laaste wildernisse beskou.”
’ n Betroubare bron het aan Landbouweekblad gesê die betrokke boer het raaigras geplant en beweer glo die voëls beskadig die gewas.
WINDLAAIERS
Die NKS het ook sy kommer uitgespreek dat as die Australiese maatskappy Windlab toegelaat word om 394 windlaaiers langs die suidelike platorand van die
Groot- Karoo op te rig, dit die omgewing se voëllewe nog meer sal bedreig. “As die Departement van Omgewingsake, Toerisme en Bewaring die windplaas (wat oor 93 000 ha strek), goedkeur, sal niemand in hul leeftyd óóit weer die getal bloukraanvoëls wat daar nou is, sien nie.
“Die beoogde 65 km se kraglyne wat aangelê sal word om die windenergie te herlei, hou ’n verdere bedreiging in vir onder meer arende wat in die Kamdeb o o - n a t u u r r e s e r v a a t broei, asook migrerende voëls, soos swaeltjies en ooievaars.”
– THEUNS BOTHA