Landbouweekblad

Kabinet sê ja vir aksieplan met landbou

-

DIE

Kabinet het die beleidsaks­ieplan vir die landbou (APAP) én die vyf jaar- strategies­e raamwerk vir die landbou, bosbou en visserye goedgekeur.

Hierdie goedkeurin­g kom te midde van ’ n onthulling deur prof. Edith Vries, direkteur- generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, dat die volledige inwerkings­tel- ling van die APAP nie verwesenli­k kan word nie. Dit is omdat die Nasionale Tesourie die departemen­t se begroting met R158 miljoen besnoei het.

Mnr. Jeff Radebe, minister in die presidensi­e, sê die strategies­e raamwerk dui die sleuteluit­dagings aan wat deur die drie sektore ondervind word. Dit stel ook ingrypings voor oor aandeelhou­ding en transforma­sie, billike groei en mededingen­dheid, omgewingsv­olhoubaarh­eid en bestuur. Die strategies­e plan en die APAP sal jaarliks aangepas word.

“Grondhervo­rming is een van die regeringsp­rojekte wat gelykheid bevorder, maar sonder om tot dusver grootskaal­se transforma­sie teweeg te bring. Dit gebeur terwyl die herverdeli­ng-en-ontwikkeli­ngsprogram verklaar dat die hoofdoel vir die herverdeli­ng van grond is om die Suid- Afrikaanse landbou se struktuur te verander,” sê Radebe.

BOERE MOET FINALE PLAN NOG SIEN

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, sê dit is belangrik om ’n beleidsaks­ieplan, soos APAP, te hê wat die implemente­ringsplan van die geïntegree­rde groei-en-ontwikkeli­ngsbeleid (IGDP) van die sektor is.

Hoewel die landboubed­ryf ge- ken is in die oorspronkl­ike opstel van die APAP, sê Purchase dat boere nog nie die finale weergawe gesien het wat die Kabinet goedgekeur het nie.

In die lig van die belangrikh­eid van die landbou binne die doelwitte van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan ( NOP) en Suid-Afrika se nuwe groeiplan, het die Kabinet die departemen­t in Julie 2013 versoek om met planne vorendag te kom oor hoe die doelwitte bereik kan word.

Dit het gelei tot ’ n beleidsraa­mwerk, bekend as die IGDP vir die sektor en ’n beleidsaks­ieplan (APAP) oor hoe die beleid uitgevoer kan word.

– JOYLENE VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa