Landbouweekblad

GELD VIR GRONDEISE ‘KOM SOOS BENODIG’

-

DIE

Regering sal hom bekommer oor waar die geld vir suksesvoll­e eisers in die nuwe restitusie­proses vandaan kom wanneer daardie eise verwerk word. Dít was min of meer die boodskap van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte aan die Parlement se portefeulj­ekomitee oor landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming.

Die skikking van die nuwe eise sal egter uit die fiskus kom, sê mnr. Thami Mdontswa, adjunk- grondeisek­ommissaris, omdat die heropening van grondeise regeringsb­eleid is.

Totdat al die nuut ingediende eise ondersoek is, sal dit nie moontlik wees om te bepaal hoeveel daarvoor begroot moet word nie, sê Mdontswa.

Dit kan nog jare lank duur, want die verwerking van nuwe grondeise sal eers begin wanneer die eise van voor die 1998-afsnydatum gefinalise­er is, sê Mdontswa.

Die nuutste syfers dui aan dat die Kommissie vir die Herstel van Grondregte reeds teen 27 Februarie vanjaar 50 124 eise ontvang het. Hierdie eise is vir stedelike en plaasgrond, sê Mdontswa.

’n Impakstudi­e het vroeër aangedui dat ongeveer 379 000 nuwe eise teen 2019 ontvang sal word, wat die staat van R129 miljard tot R179 miljard kan kos.

Me. Nomfundo Gobodo, hoof-grondeisek­ommissaris, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee oor landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming gesê daar is reeds met die kantoor van die Tesourie en die departemen­t gesprekke gevoer om meer geld vir die restitusie­program te kry.

Verlede jaar is bykomende geld gedurende die aansuiweri­ngbegrotin­g vir die program toegestaan. Die bedryfsbeg­roting van R366 miljoen vir die 2014/’ 15- boekjaar is ná heroorwegi­ng tot R629 miljoen verhoog.

Gobodo het aangedui dat verskeie universite­ite genader is om te help om die eise te ondersoek. Van die 1,4 miljoen hektaar strategies­e grond wat die departemen­t teen 2019 wil bekom om die gelyke verdeling van grond te bewerkstel­lig, is reeds 85 231 ha aangekoop. – JOYLENE VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa