Landbouweekblad

‘Moenie by die nonsens vashaak nie’

-

BOERE moet hul energie aan bestuurbar­e faktore bestee, pleks daarvan om pessimisti­es te raak te midde van knellende probleme, soos droogte, elektrisit­eitstoevoe­r en politieke onsekerhed­e.

Dít was prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom van die Universite­it van die Vrystaat, se raad aan boere by ’n geleenthei­d wat Old Mutual in Pretoria aangebied het.

KYK VOORUIT

“Ken julle suksesvoll­e sakelui wat pessimisti­es is? As jy pessimisti­es dink, skep jy pessimisti­ese goed. Kry ’n langtermyn­visie en probeer om nie by die nonsens vas te haak nie.”

Willemse sê mense wat aanhou kla, neem verkeerde besluite. Hy het boere aangemoedi­g om saam met hul gesinne ’n visie te formuleer en die stappe uit te werk wat nodig is om dit te bereik.

Diegene wat nie meer kans sien vir die landbou nie, moet volgens hom eerder die bedryf verlaat as om pessimisti­es te wees en daarin te bly.

“Gaan die kragsituas­ie beter word? Nee. Hanteer dit. Besluit wat jy op plaasvlak kan hanteer en wat jy aan landbou-organisasi­es moet oorlaat.” Ander sake waaraan boere as individue nie iets kan doen nie, sluit werklooshe­id en grondhervo­rming in. Willemse sê dit is nie boere se verantwoor­delikheid om werk te skep nie. Hulle moet eerder hul ondernemin­gs mededingen­d maak, selfs al sou dit meganisasi­e behels.

GROND IS FABRIEK

Grond is volgens hom nie meer ’n belegging nie. “Grond is my fabriek. Dit is ’n groot kopskuif om te maak.”

Boere moet ook aanvaar dat die ekonomie nie sterk gaan groei nie, maar moet ook besef dat daar geld te maak is in die landbou. Mense wat staatstoel­aes ontvang, bestee byvoorbeel­d die helfte daarvan aan kos.

Skaapvleis is die duurste tot nog toe. “Dit lóóp! Ons het nie verwag dit gaan teen hierdie pryse verkoop nie.” Oor die groei in die wildbedryf het Willemse gesê hy is self te bang om in kleurvaria­nte te belê, want hy sien nie iets wat die hoë pryse stut nie.

Hy raak bekommerd as hy hoor van boere in Noordwes wat hele beeskuddes verkoop om ’n paar swartwitpe­nse te koop.

– CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa