Landbouweekblad

LANDBOUNUU­SBROKKIES MPO KRY NUWE BAAS

- – CARIEN KRUGER PRODUKSIE VAN SOJABOONSA­AD VERDUBBEL

’n Veearts vir wie melkbeeste nog altyd ’n voorliefde was, is as die nuwe uitvoerend­e hoof van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) aangestel.

Dr. Chris van Dijk ( het vir 15 jaar by Zoetis (voorheen Pfizer) gewerk het en tree nou as senior bestuurder uit. Voor dit was hy 18 jaar lank veearts op Bethal.

Op skool het hy verskeie vakansies op melkplase deurgebrin­g, sê Van Dijk. “Deel van my vakansiepr­aktyk in my derde jaar op universite­it was op ’n plaas waar Simmentale­rs gemelk is. Die maand daar het my finaal op die suiwelpad geplaas.”

Van Dijk sê melkboere kom voor groot uitdagings te staan. “Op alle vlakke, veral polities, ekonomies, sosiologie­s, tegnologie­s en wetlik, verander alles byna daagliks. Melkboere sal mededingen­der moet word.”

BO)

Sojaboonsa­adproduksi­e het vanjaar met 172% gestyg. Volgens Graan SA se sojaboonwe­rkgroep sal daar in die nuwe produksiej­aar genoeg saad vir 620 000 ha wees.

Verlede jaar is daar 687 000 ha sojabone aangeplant, maar daar was net genoeg saad vir 360 000 ha by maatskappy­e beskikbaar.

Mnr. Jan Grey, werkgroepv­oorsitter, sê die beskikbaar­heid van saad was in die verlede altyd ’n probleem. Daar kon voorheen net in 20% van die vraag voorsien word.

Daar word glo ook goeie vordering gemaak met ’n finansieri­ngsmodel vir tegnologie-ontwikkela­ars om seker te maak Suid-Afrika het toegang tot die nuutste kultivars. Tot 80% van saad word op plase teruggehou. Daar is dus geen motivering vir saadmaatsk­appy om nuwe kultivars na die mark te bring nie.

’n Soortgelyk model as die Wintergraa­ntrust se navorsings­heffing vir koring word beoog. Mnr. Corné Louw, sekretaris van die werkgroep, sê die mikpunt is dat boere betaal volgens tonne gelewer en dan ’n terugbetal­ing kry op saad wat aangekoop is sodat dubbele tegnologie­koste nie van hulle verhaal word nie.

Grey sê boere kan reeds ’n verhoging van 10% tot 15% in opbrengste verwag as die Roundup Ready 2-geen die verouderde RR1-geen in Suid-Afrika kan vervang.

Die sagtevrugt­ebedryf se nuwe grondhervo­rming-en-transforma­sieplan is voorverled­e week in die Paarl bekend gestel. Agter, van links, staan mnre. Walter Williams van Ceres, Job Mothobeni van Mpumalanga, Anton Rabe (Hortgro), Nicholas Dicey (vrugteboer van Wolseley en voorsitter van Hortgro) en Elton Jephtas van die Bergrivier­streek. Voor, van links, staan mnre. Pitso Sekhoto, voorsitter van die DFDC-SA, en Piet Kiewiets van die Langkloof. FOTO: LUCILLE BOTHA

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa