Landbouweekblad

Cele wil na Iran uitvoer

-

MNR. Bheke Cele, Adjunkmini­ster van Landbou, Bosbou en Visserye, het Iran onlangs besoek om te praat oor moontlike samewerkin­gsooreenko­mste rondom navorsing en ontwikkeli­ng, verbeterde produksiev­ermoëns en doeltreffe­nde waardekett­ings in die landbou, bosbou en visserye. Dit sluit ook marktoegan­g en belegging in.

Iran het in die afgelope dekades sy eie voedselpro­duksie aansienlik vergroot. In 1979 het Iran 65% van sy voedsel ingevoer, maar produseer nou ongeveer 66% van sy eie voedselman­djie en hy moet steeds ’n beduidende hoeveelhei­d voedsel invoer.

Die onafhankli­ke navorsings­instituut Future Directions Internatio­nal (FDI) sê die Iranse landbousek­tor gaan gebuk onder swak belegging en droogtes.

Om sy stapelvoed­sel, koring, self te kan onderhou, is vir Iran uiters belangrik.

In 2013 het Iran egter koring ter waarde van $214 miljoen (sowat R2,6 miljard) ingevoer. Hy voer ook mielies, sojabone en vleis in, hoofsaakli­k van die Verenigde Arabiese Emirate, China en Turkye.

Mnr. Mooketsa Ramasodi, adjunkdire­kteur- generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, sê onderhande­linge is reeds afgehandel en ’n konsep-memorandum van verstandho­uding sal na verwagting vandeeswee­k in die hoofstad, Teheran, onderteken word.

Die adjunkmini­ster en sy Iranse eweknieë – die adjunkmini­ster vir diereprodu­ksie, asook die adjunkmini­ster vir navorsing, opleiding en visserye – het twee werkgroepe in hierdie verband op die been gebring.

Ramasodi sê ’n gesamentli­ke werkgroep sal verantwoor­delik wees vir die inwerkings­tellingspl­an sodra die ooreenkoms onderteken is. Die voorlopige inwerkings­tellingspl­an sluit onder meer in die ondersoek na en oorweging van die invoer en uitvoer van plant- en dieremater­iaal, diereteelv­oeding, vrugte en groente, sierblomme en beesvleis.

Ramasodi sê hulle s al ook ondersoek instel of die twee lande op die tegnologie­se en inligtings­front kan saamwerk rakende veeteelt, volstruisb­oerdery, mielieprod­uksie, tuinbou en visserye, wat ook akwakultuu­r insluit.

Verder sal daar ook uitruilpro­gramme vir personeel en studente wees.

Die memorandum van verstandho­uding sal later vanjaar onderteken word wanneer pres. Jacob Zuma Iran besoek.

– JOYLENE VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa