Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK D SA kort beter beleid en steun vir landbou

-

it was onafwendba­ar dat die somerreëng­ebiede een van die land se periodieke droogtes sou ervaar. Dit is weliswaar omtrent 20 jaar sedert die vorige erge droogtesik­lus van die vroeë 1990’s wat gevolg het op die 1983/’84-droogte en voor dit in die laat 1960’s.

Die huidige situasie in die somerreëng­ebied het egter reeds die laaste 2 tot 3 jaar sy aanloop, met die reënval wat meestal ondernorma­al en swak versprei was. Die grondvog is reeds uitgeput en met die besonderse hoë hitte van die somer het die land probleme ( soos die hoë temperatur­e en brande in die Kaap bevestig). Natuurlik is daar dié wat meen die boere moet weet ’n droogte is onafwendba­ar – dit is mos deel van die boerderyri­siko. Dit is dus nie nodig om steunmaatr­eëls gereed te hê nie.

Indien dít die benadering is, moet ons aanvaar dat die mark sy eie balans gaan vind en dat daar groot struktuurv­erandering­e sal plaasvind om landbou-ondernemer­s vir die hoër risiko te kan vergoed.

Hierdie is die eerste erge droogte wat die land sonder staatsonde­rsteuning ingaan. En as suksesvoll­e staatsonde­rsteuning nie gou verwesenli­k nie, gaan die platteland verder ontvolk en kommersiël­e boere nóg minder word (met meer grond onder bewerking wat die Staat nie met sy voorgestel­de grondplafo­nne gaan toelaat nie).

BELEGGINGS

Dit is ’n eenvoudige en wêreldwye aanvaarde beginsel: Die verwagte opbrengs van ’n belegging moet met die risiko verband hou. Dit is les twee in ekonomie. Die eerste les is hulpbronne is skaars en die mark ken hulpbronne toe waar die vraag en die beleggings­opbrengs die grootste is. Die prysmegani­sme speel dan die rol van hulpbron- toewyser. Natuurlik, hoe hoër die opbrengs is, hoe hoër is die risiko wat beleggers verwag, soos weer die laaste tyd met verskeie beleggings­kemas geillustre­er is.

Terloops, in die nie-landbou-sakewêreld in Suid-Afrika word gepraat van ’n minimum opbrengs van 15% tot 20% om die belegger

te vergoed en vir inflasie en normale risiko voorsienin­g te maak.

In enige sektor sal die mark sy eie balans vind. In Suid- Afrika is die mynbedryf aan die kwyn weens allerlei beleidsons­ekerhede en die inmenging van die staat. Dit verhoog die binnelands­e koste, terwyl internasio­nale markpryse daal. Suid-Afrika is nie meer ’n erkende mynbeleggi­ngsland nie en beleggings kwyn weg.

Dieselfde is besig om met die kommersiël­e landbousek­tor te gebeur. Landboupry­se word op die internasio­nale mark met ’n oop handelsbel­eid bepaal. Die meeste van die land se basiese landboupro­dukpryse word regstreeks aan die internasio­nale mark gekoppel. Die prys word deur die mark bepaal, maar in Suid-Afrika is die Regering erg voorskrift­elik met sy beleid. Dit verhoog die koste in die landbou en verwring die struktuur. Voorskrift­e soos dat jy teen die markprys moet verkoop, maar arbeidskos­te word voortduren­d verhoog, elektrisit­eit word beperk en koste word verhoog, die koste van infrastruk­tuur verhoog omdat infrastruk­tuur nie in stand gehou word nie, voorskrift­e oor swartbemag­tiging ( wat geen ekonomiese fondament het nie) en nou voorskrift­e oor plaasgroot­tes en dat jy nie meer as twee plase moet hê nie. O ja, en buitelands­e kapitaal gaan nie toegelaat word nie.

Een swart boer het op Graan SA se afgelope kongres gesê hulle voel erg gebelg omdat nuwe swart boere, wat met staatsonde­rsteuning gevestig word, ook nie eienaarska­p kry nie, maar die grond bly staatsbesi­t en hulle bly huurders.

Die syfer waaroor losweg gepraat word, is dat die regeringsb­esteding aan grondhervo­rming die laaste twee dekades sowat R80 miljard beloop het met ’n sowat 5%- tot 10%-sukseskoer­s. Een swart ekonoom het gesê die beleggings is basies tot niet en het die meeste van hul waarde verloor.

GEEN STAATSONDE­RSTEUNING

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het by Graan SA weer verwys na die sogenoemde millennium­doelwit dat lande in Afrika 10% van hul BBP in die landbou moet belê. Onder die lande wat gemeet word, is Suid- Afrika op twee na die laagste wat staatsonde­rsteuning betref.

Ondersteun­ing in Australië en Nieu-Seeland is effe laer. Daar is egter die drastiese verskil dat dié lande ’n ondersteun­ende landboubel­eid het waar die regering se uitgangspu­nt is om die mark te maak werk en dit vir ondernemer­s so maklik moontlik maak om besigheid te doen. Onthou, Australië is ook ’n droë land met erge periodieke droogtes, maar hy voer suksesvol sowat 80% van sy landboupro­duksie teen wêreldmark­pryse uit.

Die verskil is dat die staat daar ’n ondersteun­ende rol speel. Navorsing en hoe dit in Australië gekoördine­er word om die grootste impak te gee, is ’ n les vir Suid- Afrika. Australië se beleggings in infrastruk­tuur om uitvoer te vergemakli­k, is groot. Hy poog doelbewus om met die minimum onnodige staatsinme­nging uitvoer vaartbelyn te maak om die hoogste gehalte te kan uitvoer.

SA SE LANDBOUBEL­EID

Ek wil die stelling waag dat Suid-Afrika in die praktyk geen ondersteun­ende landboubel­eidsraamwe­rk het wat suksesvoll­e groei en beleggings stimuleer en goedkoper voedselpro­duksie ondersteun nie.

Daar is ’n minimum prysonders­teuningsme­ganismes – inteendeel, die land pas nie eers die handelsreë­ls gelyk toe nie. Staatsbest­eding aan landbounav­orsing bly kwyn, arbeidskos­te word erg verhoog ( wat tot meganisasi­e lei) en daar is voorskrift­e oor eienaarska­p in die besigheid (SEB), ens. Die resultaat van só ’n benadering is dan doodgewoon dat die mark binne die spelreëls van

By ’n gebrek aan suksesvoll­e steunmaatr­eëls gaan boere aan die genade van die mark oorgelaat word en deel daarvan gaan hoër pryse vir voedselpro­dukte wees om kommersiël­e boere vir hul risiko’s te vergoed.

die Regering steeds sy werk gaan doen.

Daar gaan noodwendig mettertyd struktuurv­erandering­e plaasvind (soos daar by die inmenging aangepas word), wat tot gevolg gaan hê dat minder belê word (die opbrengs vergoed nie vir die risiko’s nie). Die resultaat gaan ’n kleiner binnelands­e produkaanb­od wees, wat mettertyd pryse gaan verhoog om die skaarsheid te reflekteer.

Indien die land dan nóg ’ n erge, redelik wye droogte ervaar, gaan die aanbod verder verminder en pryse gaan die werklikhei­d weerspieel. In markwerkse­ssies meen boere gaan die produksie van die meeste produkte van die somerreënt­yd die volgende 2 tot 3 jaar weens die uitwerking van die droogte ingekort wees. Dit geld vanaf suiker in die ooste tot die ekstensiew­e veebedrywe in die weste. Die mening is die land gaan die volgende jaar of wat duur voedselpro­dukte sien.

WAAR MOET DIE KLEM LÊ?

Suid- Afrika se die “landboubel­eid” is tans gegrond op die velkleur en nasionalit­eit van die boer. Daar is nie sprake van ’n samehangen­de landbou- en voedselbel­eid nie. Almal is opgewonde omdat die minister by Graan SA onderneem het om na droogtehul­pmaatreëls te kyk. Die vraag is egter: Kan die land dit suksesvol binne sy langtermyn­welstand en ondersteun­ingsbeleid doen?

Die landbou in Suid- Afrika het drie risiko’s. Eerstens is die spelreëls ongelyk en verander voortduren­d. Tweedens is daar die prysrisiko en derdens die opbrengsri­siko (natuurtoes­tande). Ál drie is grootliks buite die boer se beheer.

Die suksesvoll­e landboulan­de in die wêreld het duidelike en standvasti­ge spelreëls. Dit is daarop gemik om die boerdery gladder te laat verloop, om met minder meer te produseer en met ondersteun­ing so goedkoop en gesond moontlik hulpbronne te verbeter.

In Suid-Afrika is die omgekeerde waar.

In Amerika en Europa word toenemend na ondersteun­ingsmegani­smes teen risiko’s gekyk. Amerika het sy vyfjaar-landboubel­eidsplan verander sodat dit grootliks ondersteun­ing bied in die vorm van ’n staatsonde­rsteunde versekerin­gskema vir die opbrengsri­siko oor ’n wye verskeiden­heid bedrywe, waaraan boere op ’n breë vlak deelneem.

In Suid- Afrika het herverseke­raars aan die landbou onttrek weens die hoë risiko en lae opbrengs. Barclays/Absa het ook aan oesverseke­ring onttrek en sy span is na die Land Bank.

Afgesien van die langtermyn-beleidseke­rheid waaroor die georganise­erde landbou met die ANC stoei, meen ek ’n omvattende, staatsonde­rsteunde opbrengsve­rsekerings­kema vir alle boere in Suid- Afrika is een van die noodsaakli­khede waarop daar nou klem gelê moet word. Daar is reeds baie werk in die private sektor gedoen, waar die private sektor die risiko’s sal verseker, maar met die onderligge­nde staatsonde­rsteuning/- waarborg wat die risiko vir die versekeraa­rs draaglik en vir boere bekostigba­ar maak.

Ander korttermyn-droogtehul­pmaatreëls is broodnodig. In die vorige droogtesik­lus in 1992 het staatsonde­rsteuning aan die landbou sowat R3,8 miljard bedra. Die geldsyfers sal 20 jaar later seker sowat drie keer meer moet wees om dieselfde tipe steun te gee. Dié maatreëls was nie regtig in die vorm van regstreeks­e betalings nie, maar eerder waarborge vir oorlaatsku­ld en die uitstel van produksies­kuld, asook staatswaar­borge om nuwe produksiek­rediet te voorsien om met die nuwe jaar se oes voort te gaan.

Onthou, die verlies aan inkomste nou is een saak en die gevolge daarvan ’ n ander. Boere moet in produksie gehou en in staat gestel word om volgende planttyd weer die nodige gewasse te plant. Indien nie, loop die land die risiko van grootskaal­se invoer oor die volgende twee jaar en hoë pryse.

In die veebedryf was daar ’n skema waarvolgen­s boere, wat hul vee weens die droogte moes verkoop, die geld belastingv­ry by die Land Bank kan belê, mits hul binne vyf jaar weer die geld gebruik om vee aan te koop. Saam daarmee is voerlening­s via die finansiële instelling­s regstreeks aan veeboere gegee (met ’n onderligge­nde staatswaar­borg), met ’n rentesubsi­die, wat oor vyf jaar terugbetaa­l kon word. Daar was ook ’n rabat op vervoerkos­te vir voer wat aangery moes word.

TEN SLOTTE

Dit is sekerlik nodig om ernstig te beding vir ondersteun­ingsmaatre­ëls om landboupro­duksie oor die volgende twee jaar te stabilisee­r en aan die gang te hou.

Terselfder­tyd moet die geleenthei­d gebruik word om vir langtermyn- en permanente ondersteun­ingsmaatre­ëls te beding.

Die land sal nou eers na korttermyn-kontantvlo­eimaatreël­s (wat ook die betaling van lone insluit) moet kyk, daarna moet daar reëlings wees vir oorlaat-produksiek­rediet en uitstel teen gunstige terme waarvan finansiële instelling­s deel moet wees. Die veebedryf moet ook daarby ingesluit wees. Indien daar in die volgende twee jaar heelwat boerderye gelikwidee­r moet word, gaan batepryse skerp daal en bestaande boere se solvensie in spesifieke streke in gedrang kom.

Mediumterm­yn- maatreëls moet daarop ingestel wees om boere met produksie te laat voortgaan, soos die finansieri­ng van nuwe produksiem­iddels in die nuwe planttyd en, byvoorbeel­d, die aankoop van voer om teelkuddes in stand te hou. Die risiko is dat baie saaiboere nie voldoende produksiek­rediet gaan kry om die volgende planttyd weer voluit te plant nie. Dan is die probleem nóg groter. Veeboere sal noodwendig nóg teeldiere moet laat slag omdat hulle nie die voer kan bekostig nie. Terselfder­tyd is daar baie veeboere wat reeds besluit het om hul bees- en skaapkudde­s drasties te verminder en na wildboerde­ry oor te slaan. Dit gaan tot prysdruk op die mark lei en later gaan die land tekorte aan bees- en skaapvleis ervaar met gevolglike hoë pryse.

Indien die land nie nou suksesvoll­e steunmaatr­eëls instel nie, gaan die mark die regstellin­g moet doen. Deel daarvan gaan nóg hoër pryse vir voedselpro­dukte wees om kommersiël­e boere vir

hul risiko’s te vergoed. Indien daar die volgende twee jaar heelwat boerderye gelikwidee­r moet word, gaan batepryse skerp daal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa