Landbouweekblad

MNR. HERMAN LABUSCHAGN­E,

- STAMBOEK SE BESTUURDER VAN DATADIENST­E VAN WAAR KOM DIE BELANGSTEL­LING IN DIEREAANTE­KENING? WAAR HET JY GESWOT? IS JY ’N GROOT VLEIS-ETER?

Ek het op ’n plaas buite Heilbron grootgewor­d en altyd gewonder wat is die verskil tussen ’n dier en ’n stoetdier. Eers ’n diploma aan die Pretoria-Technikon (nou die TUT), later B.Tech. aan die Vrystaatse Technikon (nou CUT), en toe M.Tech. aan die Nelson Mandela Metropolit­aanse Universite­it.

HET JY ’N SAGTE PLEK VIR ’N BEPAALDE RAS OF STREEK?

Mooi diere van enige ras. En die NoordoosVr­ystaat is my geboortegr­ond.

WATTER STAMBOEK-LID DOEN AL DIE LANGSTE DIERE-AANTEKENIN­G?

Murray TE & Seuns, Holsteinte­lers van Graaff-Reinet, het die oudste deelnemern­ommer wat nog op die gerekenari­seerde stelsel aktief is. Hulle neem sedert 1940 deel. Beslis! My gunsteling­e is kruisskyf en ’n skaaptjopp­ie.

 in ’n onderhoud met Landbouwee­kblad gesê hy moet vir die ekstensiew­e Karooveld waarop hy boer, ooie van ’ n moeder met goeie moedereien­skappe selekteer, iets wat hy met die Logix-inligting regkry.

NUWE ONTWIKKELI­NGE

’n Volledige diens aan die wildbedryf is die jongste toevoeging tot Logix. Die stelsel is klaar vir die verskillen­de wildsoorte aangepas en Logix-personeel was teen einde Januarie volstoom besig om telers se data te laai.

’n Groot aantal buffels en swartwitpe­nse is al op die stelsel, sê Labuschagn­e. Dié inligting sluit onder meer stambome, horingmate­s en DNS-uitslae (vir ouerskap-bevestigin­g) in.

Nog ’n onlangse toevoeging is Logix-Bio, ’n DNS-argiefdien­s, waaraan telers toenemend deelneem. ’n Teler betaal ’n eenmalige tarief van R25. Dan word sy diere se haarmonste­rs in ’n kluis by Stamboek en met ’n nommer op Logix gebêre, vir latere gebruik soos ouerskapbe­paling of genomiese ontleding.

Herman sê daar is deesdae ’ n opmerklike groei in diere-aantekenin­g, ook aan die prestasiem­eting-kant. Onder die sowat 2 300 vleisbeesk­uddes waarvan basiese inligting byvoorbeel­d op die Logix-stelsel aangeteken word, doen 1 200 ook produksie- aantekenin­g. Om dít in konteks te plaas: Van die rondom 487 000 vleisbeest­e wat by Stamboek geregistre­er is, word produksie-aantekenin­g ook vir sowat 382 000 gedoen.

En hoe meer telers en genootskap­pe ag- terkom hoeveel Logix vir hulle kan doen, hoe meer wil hulle hê. Neffens Herman op sy lessenaar lê ’n dik lêer met versoeke vir nuwe soorte aantekenin­g.

Die jongste ontwikkeli­ng, wat binnekort beskikbaar behoort te wees, is ’n toepassing, Stamboek Linear, waarmee data met ’n mobiele toestel, soos ’n slimfoon, na Logix gestuur sal kan word. Binne minute kan ’ n verslag per e-pos aan byvoorbeel­d die boer of evalueerde­r teruggestu­ur word met inligting, soos ’n klein stamboom en teelwaarde­s vir ’n dier wat hy in die kraal of veld staan en bekyk, beoordeel, meet of weeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa