MNR. JOSEPH STEYN
WATTER TEGNOLOGIE IS ONONTBEERLIK IN JOU BOERDERY?
My selfoon. Ons landlyne is ’n tyd gelede gesteel en sal waarskynlik nooit weer herstel word nie. Oral op die plaas kan ek sake reël as daar ’n tydjie vry is. Om geld op ’n spesialis se aanbevelings op gebiede buite die landbou te belê – iets waarmee ek nie so vertroud is soos met die landbou nie. Beslis my pa. Baie van sy opmerkings kom by my op, soos “in droogtetye loop alles verkeerd”, “jy moet altyd daarna strewe om saad op die veld te kry”, en “eie doen nie aan eie skade nie”.
As ons ons diere gevoer het, het hy bedoel dat die kos wat hulle tydens die voerdery kry, kos is wat op die veld gespaar word, en ’n mens moet dit nie sien as geld wat in die water gegooi word nie. Ja, aan die Landboukollege Grootfontein by Middelburg.
’n taamlike las omdat dit heelwat ekstra beplanning met veral vervoer geverg het. ’n Voertuig moes byvoorbeeld spesiaal daarvoor aan die normale plaaswerk onttrek word en mense moes hul gewone werk laat staan om met die laaiery te help. Jy moet ysterpale inkap om die hokke te stut sodat die bobbejane dit nie omgooi nie, en die hokke moet gereeld geaktiveer word.”
Al die ekstra beplanning en werk om bobbejaanskade te keer, asook die feit dat die bobbejaanskade toegeneem het, het as motivering gedien om iets meer as gewone vanghokke te maak. “Die vangvermoë van enkele hokke was ook bloot te klein.”
Joseph en ’ n polisievriend het ’ n bobbejaanvanghok met tien kompartemente gebou.
“Die hokke is op ’ n ou kratkarretjie gemonteer en nou kan een mens dit aanhaak en na ’n volgende punt skuif.”
Wanneer die hokke leeggemaak word van bobbejane wat gevang is, sleep hulle die vangwa ’n ent van die stelplek af weg voor hulle die diere van kant maak.
MIELIES AS LOKAAS GEBRUIK
’ n Pyphouer is aan die agterkant binne- in elke hok vasgeskroef waarin daar mielies as lokaas gegooi word om die bobbejane na die hokke te lok.
Mielies word ook op die vloer van die hok en om die hok gegooi. Die vangmeganisme bestaan uit ’ n trapplaat aan die agterkant van elke hok. As die bobbejaan daarop trap, val die deur toe.
Die trapplaat se meganisme kom in werking wanneer 3 kg of meer daarop druk. Elke deur het ’ n swaartekragsluitknip wat keer dat die bobbejaan die deur kan oplig.
Joseph sê agter op die kratkar is ’n trommel waarin die lokmielies gebêre word. “Ek hou ook ’ n boekie daarin, waarin ons die plek en tyd van die vangs, asook die getalle en die diere se geslag aanteken.”
’n Pyp word aan die agterkant van die wa vasgeskroef wanneer die vangwa opgestel word, wat op die grond druk om stabiliteit daaraan te verleen. Aan die voorkant word die wa met ’n katrolwiel gehanteer – dit is ’n wiel, nes ’n woonwawiel, om dit maklik te lig, te laat sak of te skuif en aan die bakkie te haak.
Die hok is van skrootyster gebou wat Joseph vir sowat R2 000 by ’n skrootwerf ge- koop het. Die arbeidskoste om die hok te bou, het sowat R3 000 beloop. “Ek dink dit is R5 000 wat goed bestee is as ’n mens die sukses wat ek daarmee behaal, in ag neem. En ek gaan nog baie bobbejane in die komende jare daarmee vang.”