Landbouweekblad

VEE HOE RAAK INPLANTATE TEELVERMOË?

- DR. SHAUN MORRIS HET JY ’N VRAAG? Gaan vra dit gerus by http://www.landbou.com/kundiges/.

Groeibevor­deringsteg­nologie is ontwikkel om die gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame (GDT) en voeromsett­ingverhoud­ing (VOV) by manlike en vroulike diere in voerkraalt­oestande te verbeter.

Daar is ’n verskeiden­heid produkte op die mark wat onderskei word volgens hul sterkte. Hulle word geklassifi­seer as sag ( mild), gemiddeld en sterk. Die laaste twee tipes, wat kombinasie­produkte in verskillen­de sterktes en verhouding­s is (dit bevat trenboloon­asetaat en estradiol 17 Beta), moet nooit geïnplante­er word in diere wat vir teeldoelei­ndes gebruik gaan word nie. Die gebruik daarvan veroorsaak dat die diere se eie voortplant­ingshormoo­nstelsel onderdruk word en selfs kan afsluit. Die gevolg is dat jy die voordeel van gewigstoen­ame kry, maar as jy die verse by die bul sit, sal hulle nie beset raak nie. Dieselfde beginsel geld manlike diere.

Daar is drie inplantate wat wel by vervanging­sverse gebruik kan word. Twee daarvan is in Suid-Afrika geregistre­er, maar net een is kommersiee­l beskikbaar. Die inplantate bevat seranol en daar is twee sterktes. Gewone Ralgro (G1406) bevat 36 mg seranol en Ralgro Super bevat 72 mg seranol.

Ralgro (36 mg) is die enigste produk wat gebruik moet word by verse wat vir teeldoelei­ndes geselektee­r is. Die inplantaat moet net een keer toegedien word. As die inplantaat meer as een keer gebruik word, kan dit die teelvermoë van die vers verminder (met sowat 8%). Die inplantaat moet op die ouderdom van een maand tot drie maande toegedien word – nie vroeër of later nie, want dit sal ook die teelvermoë verminder.

Daar is ook ander opsies beskikbaar om seranol toe te dien (inspuitbar­e Zeramec, G3660). Ek gebruik die inplantaat wat agter die oor toegedien word.

Dr. Shaun Morris is ’n voerkraalk­onsultant.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa