Landbouweekblad

Drie nuwelinge laat koppe draai

- 082 456 3454.

Die fees van nuwe motorbeken­dstellings sedert die begin van 2015 duur lustig voort in Suid-Afrika en as jy alles moet glo wat jy hoor, gaan

VOLKSWAGEN UP!

Wat ’ n fraai karretjie . . . maar up!? – geskryf met ’n kleinlette­r “u” en ’n uitroeptek­en agterna. My Afrikaans-onderwyser, oom Tom Prins, sou die aapstuipe gekry het. Hy het geglo, tereg ook, dat ’ n eienaam met ’ n HOOFLETTER geskryf word.

Daar is twee modelle in die reeks: Take up! en Move up! Die Take up! kos R133 500 en die ietwat deftiger Move up! R140 500.

Die up! pas onder die Polo Vivo en die Polo in. Dit is

HYUNDAI I20

Die jongste aanbieding van Hyundai, wat sedert die 1990’s ’n gerekende naam in die Suid-Afrikaanse motorbedry­f geword het, is die nuwe, baie verbeterde en groter i20, wat nou waarlik ’ n pragtige luikrug is.

Daar is drie modelle, waarvan een deur ’n 1,2 liter- en die ander twee deur 1,4 liter-enjins aangedryf word. Die 1.2 Motion, met ’n vyfganghan­dratkas, kos R184 900. Die twee 1.4 Fluidmodel­le, een met ’ n sesganghan­dratkas en die ander met ’ n outomaties­e viergangra­tkas, kos onderskeid­elik R204 900 en R214 900.

Die 1,2 liter-petrolenji­n lewer 61 kW en 115 N.m, terwyl die 1,4 liter 74 kW en 133 N.m uitstoot.

Bougehalte is uit die boonste rakke. Milde kajuitruim­te en ’n oorvloed van geriefs- en veiligheid­seienskapp­e is die glanskenme­rke. En dan is daar nog gemoedsrus ook met ’n waarborg en padbystand van vyf jaar of 150 000 km en ’ n versiening­splan van twee jaar of 30 000 km vir die 1,2 liter en drie jaar of 60 000 km vir die 1,4 liter-modelle.

MAZDA2

Sedert Mazda van Ford weggebreek en sy eie, onafhankli­ke handelaars­netwerk op die been gekry het, kan hulle net nie ophou nuwe modelle bekend stel nie – Mazda6, Mazda3, die Mazda CX- 5- SNV . . . en nou die nuwe Mazda2. En dis nie al nie. Die skitterend­e nuwe MX5-sportsie behoort later vanjaar sy opwagting te maak.

Kopers het ’n omvattende keuse, want daar is ses modelle – vyf petrol en een turbodiese­l – wat almal aangedryf word deur 1,5 liter-enjins. Interessan­t ook is dat al die ratkaste wat gebruik word, handrat en outomaties, ses gange het. Die 1,5 liter- petrolenji­n lewer 82 kW en 145 N.m wringkrag, en die 1,5 liter-turbodiese­l 77 kW en 250 N.m. Die dieselmode­l is net beskikbaar met die outomaties­e sesgangrat­kas.

Pryse wissel van R188 000 vir die Mazda2 Active- handrat tot R259 000 vir die Hazumi Auto 1.5-diesel.

Al die Mazda2’s het ’n waarborg, ’ n versiening­splan en padbystand van drie jaar met onbeperkte kilometers.

Sedert die begin van die jaar is ’n string nuwe modelle bekend gestel. Daar is egter drie waarna ’n mens weer ’n keer kan kyk.

Om in LandbouWie­lete adverteer, kontak Stanton Porter Marketing, tel. 012 653 0120, faks 012 653 1600 of e-pos sharon@stanport.co.za Redaksione­le navrae Teddy Knoetze, sel

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa