Landbouweekblad

Kinders kry klaskamers by Suzuki

-

Suid- Afrika se motormaats­kappye jaag darem ni e net wins na nie. Baie van hulle doen groot moeite om hul maatskapli­ke verpligtin­gs na te kom. Die jongste voorbeeld is Suzuki Auto Suid-Afrika wat onlangs, s aam met s y r e kl ame- agentskap, Penquin, twee klaskamers by ’ n platteland­se skool naby Oos- Londen in die Oos-Kaap laat aanbou het.

Die Laerskool Bulugha het ’n stuk of 160 leerlinge wat van die plase en nedersetti­ngs in die omgewing kom. Soos baie kleiner platteland­se skole sukkel dié laerskool met ’n gebrek aan hulpbronne, geriewe en ruimte ondanks die ywerige pogings van die skoolhoof, mnr. Matthew Madwara.

Tot onlangs was leerlinge van graad 1 tot graad 3 saam in een klaskamer deel, en die kinders in graad 4 en graad 5 ook.

Suzuki Auto SA het verlede jaar van die skool se nood gehoor en besluit om die boukoste van twee splinternu­we, bykomende klaskamers te dra. Die klaskamers is met die hulp van Bottles 2 Build Schools aangepak.

Bottles 2 Build Schools is ’ n inisiatief wat daarop gemik is om die tekort aan klaskamers by skole landwyd te verlig met ’ n vernuftige, ekovriende­like konstruksi­emetode. Spesiale plastiekbo­ttels wat inmekaar pas, dien as boumateria­al vir die klaskamers. Die resultaat is behoorlik geïsoleerd­e strukture wat vinnig en kostedoelt­reffend opgerig kan word.

Bouwerk het in laat November begin en teen middel Desember was die twee klaskamers kant en klaar, gereed vir die 2015-onderwysja­ar.

“Ons het verlede jaar ná die bekendstel­ling van die ruim en veelsydige nuwe Suzuki Ertiga in die Oos- Kaap verneem van die penarie waarin die leerlinge van die Laerskool Bulugha hulself bevind en besluit om iets aan die saak te doen,” sê mnr. Joekio Sato, besturende direkteur van Suzuki Auto SA.

“Ons moedig maatskappy­e aan wat ’n goeie saak van nasionale belang wil ondersteun, om ’n belegging in die toekoms van die land te oorweeg deur seker te maak dat leerders toegang het tot die skoolgerie­we wat hulle so dringend benodig.” dae” toe die prys van petrol nooit deel van jou berekening­s was in jou maandeliks­e begroting of wanneer jy iewers wou gaan vakansie hou nie. Jy’t bloot in jou kar geklim en gery.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa