Landbouweekblad

Toe R1/liter duur vir petrol was . . .

-

In November 1985 het ’n berig in die dagblad Beeld verskyn onder die opskrif “Brandstof i s goud werd!” In daardie maand, 30 j aar gelede, het di e petrolpr ys vi r di e eerst e keer in ons geskiedeni­s R1 per liter geslaan . . . Trouens, op 11 November was dit R1,05. Dit het jou ’n yslike R52,50 gekos om ’n 50 liter-tenk vol te maak.

Petrol is nou al weer op pad R14 per liter toe met die rand wat sukkel om sy ruilwaarde teenoor die dollar te behou, oliepryse wat verby die $60 per vat is en natuurlik die houe wat mnr. Nhlanhla Nene, Minister van Finansies, in die vorm van ’n ekstra 81c se “heffings” per liter die ander dag in sy Begrotings­toespraak uitgedeel het.

Tussen ’n steeds stygende petrolprys en steeds stygende tolgeld op ons nasionale paaie kan ’ n mens maklik die gevoel kry dat ons motoriste – wat nie, soos mense in ander lande, toegang het tot ’n doeltreffe­nde openbare vervoerste­lsel nie – die gans is wat die goue eiers lê.

Maar om terug te keer na Beeld se berig waarin iemand baie moeite gedoen het om ’ n lys te maak van die styging in petrolkost­e, beginnende by April 1970 – en, glo my, dis genoeg om jou te laat terugsteie­r tussen die kruiebotte­ltjies op die winkelrak in. In April 1970 het petrol 9,173c per liter gekos (ja, jy lees reg: nege komma een sewe drie sent) en dit het jou R4,58 gekos om jou 50 liter-tenk vol te maak. Tien jaar later, in April 1980, was dit 54,4c per liter. Daarvandaa­n het dit skielik in vyf jaar byna verdubbel tot R1,05 in November 1985.

Korrek, dit was die “goeie ou

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa