Landbouweekblad

Boere vervang boorde oor te klein avokado’s

-

’N PROBLEEM met te klein Hass avokado’s die afgelope paar seisoene het daartoe gelei dat boere al hoe meer die Maluma-kultivar plant om hulle teen onbestendi­ge vruggroott­e te verskans, het mnr. Edrean Ernst van die Allesbeste­boerdery op ’n inligtings­dag op Tzaneen gesê.

“Sedert 2010 word die Hassavokad­o’s al hoe kleiner. Gemiddeld 22 avokado’s pas in ’n kartonhoue­r van 4 kg, terwyl die Maluma 14 avokado’s per kartonhoue­r lewer.”

Ernst sê die kleiner Hass-avokado’s haal nie goeie pryse nie en word boonop nie so kostedoelt­reffend gehanteer soos die groter vrugte nie. Op Allesbeste pluk seisoenwer­kers tot 35% meer Maluma-avokado’s per dag as Hass.

Mnr. Derek Donkin, voorsitter van Subtrop ( sambreelli­ggaam vir subtropies­e vrugte en neute), sê dit is nie die eerste keer wat die bedryf ’n siklus van klein Hass-avokado’s beleef nie. Volgens hom het dié verskynsel die bedryf voorheen ernstiger benadeel. Deesdae is daar darem ’ n redelike mark vir die “babavruggi­es” – al is die prys nie watwonders nie.

Donkin skr yf die verskynsel toe aan boomstres en sê dit gaan gewoonlik gepaard met warmer, droër siklusse in die natuur. Bome is ook geneig om kleiner vrugte te dra wanneer hulle meer vrugte as gewoonlik per boom dra.

Ernst sê hul boerdery skakel al hoe meer boorde oor na Maluma.

Mnr. Bertie van Zyl van die ZZ2-boerdery sê hulle het ook goeie resultate met Maluma. Die kultivar kan koue goed verdra, vruggroott­e bly bestendig oor etlike jare en daar is ’n gesonde vraag in die plaaslike én internasio­nale mark. Hy sê egter dat ZZ2 nie sal wegdoen met Hass avokado’s nie. – JASPER RAATS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa