Landbouweekblad

Wolmark effens beter

- Herman van Schalkwyk,

DIE

wolmark het op 4 Maart met 0,4% gestyg en op R110,54 per kg (skoonwol) gesluit. Dit is 1% laer as op die openingsve­iling en 3,7% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen.

Op die Australies­e mark het die aanwyser met 0,1% teruggesak. Cape Wools se aanwyser vir alle wol het met 2,8% gestyg.

Plaaslike kopers meen die groter aanbieding van goeie wol was danksy ’n goeie seleksie lang vagwol. Die mark het moontlik weens onlangse stygings effens oorverhit en ’n korreksie word in die nabye toekoms verwag.

Die rand was sowat 2,8% swakker teenoor die Amerikaans­e dollar (R11,76) vergeleke met die vorige week se veiling en sowat 0,3% swakker teenoor die euro (R13,12). Byna ál die 13 743 bale wat op die veiling aangebied was, is verkoop (98%). Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (5 020 bale), G Modiano SA (2 910), Standard Wool SA (2 478) en Stucken & Kie. (1 948).

Die gemiddelde skoonwolpr­yse vir goeie, lang kamwoltipe­s (MF5) was soos volg: 18,5 mikron versterk met 0,2% tot R120,61/kg, 19 mikron verswak met 2,3% tot R113,15/kg, 19,5 mikron verswak met 1,6% tot R107,83/kg, 20 mikron styg met 1,4% en sluit op R109,14/kg, 20,5 mikron styg met 0,9% en sluit op R107,29/kg, 21 mikron versterk met 0,9% en sluit op R107,39/kg, 21,5 mikron versterk met 1% en sluit op R104,99/ kg en 22 mikron styg met 2,9% tot R107,02/kg.

Sowat 8 200 bale is op die veiling op 11 Maart aangebied.

Die mark het moontlik weens onlangse stygings effens oorverhit en ’n korreksie word in die nabye toekoms verwag.

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van mielies het met 0,6%, oftewel $0,96/t (R1 1,36/t), gestyg tot $150,31/t (R1 779/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 19,1%, oftewel $35,42/t (R419,30/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,8%, oftewel R20/t, gestyg tot R2 670/t. Geel mielies het met 0,6%, oftewel R15/t, gestyg tot R2 420/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 25,2%, oftewel R900/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 31,4%, oftewel R1 1 10/t, laer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 2,9%, oftewel R150/t, gedaal tot R5 000/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 3,8%, oftewel R200/t, laer. Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad het met 1,2%, oftewel $5/t (R59,19/t), gestyg tot $435/t (R5 150/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 17,9%, oftewel $95/t (R1 124,61/t), laer. Die internasio­nale prys van vismeel het teen $1 680/t (R19 888/t) onverander­d verhandel. Op ’n jaargronds­lag is dit 2,8%, oftewel $45/t (R532,71/t), hoër. Die internasio­nale prys van grondbone het met 3,7%, oftewel $50/t (R591,90/t), gedaal tot $1 300/t (R15 389/t). Op ’n jaargronds­lag is die prys onverander­d. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 0,5%, oftewel $2,01/t (R23,79/t), gedaal tot $368,80/t (R4 366/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 29,3%, oftewel $152,72/t (R1 808/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir sojabone het met 2,5%, oftewel R125/t, gedaal tot R4 955/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 29,4%, oftewel R2 059/t, laer. Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 6/3/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa