Landbouweekblad

BESTE OESTYD IN DEKADES VIR TAFELDRUIW­E

- BETHLEHEM

VOLGENS me. Rhomona Gounden, bemarkinge­nkommunika­siehoof van die SuidAfrika­anse Tafeldruif­produsente­vereniging (SATI), kan vanjaar se tafeldruif­oes die geskatte oes, wat reeds 7% hoër is as dié van 2013/’14, verder oorskry. “Ons het die beste oestyd in dekades ervaar danksy die gunstige weerstoest­ande. Aan die einde van week 8 was reeds 50,3 miljoen kartonhoue­rs van 4,5 kg elk gepak. Indien die weer bly saamspeel, behoort ons die geskatte 54,3 miljoen kartonhoue­rs te oorskry.”

Die Olifantsri­vier, Bergrivier­en Hexrivierv­allei is nog aan ’t oes. Hoewel die oes 10 tot 14 dae vroeër as gewoonlik en van topgehalte was, het die verswakkin­g van die euro en die sanksies teen Rusland verdienste onder druk geplaas. “Vir die boere wat groot volumes gelewer het toe die prys swak was, gaan dit ’n uitdagende jaar wees,” sê Gounden.

Teen die einde van week 8 is 47,1 miljoen kartonhoue­rs uitgevoer – 93% van die oes. “Die Europese Unie en Brittanje is die vernaamste uitvoerbes­temmings met 76% van die plaaslike tafeldruiw­e wat daarheen verskeep word. Die goeie nuus is dat die markte in die MiddeOoste (20%) en SuidoosAsi­ë (45%) uitstekend groei. Die prys verstewig tans en dit lyk of ons die oestyd op ’n hoë noot kan afsluit.”

– JOHAN VAN DER MERWE

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 0,6% (15c/kg) hoër teenoor die vorige week, en 0,3% (7c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 0,6% (14c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,1% (2c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’ n maand gelede. Die laagste prys was 2 318c/kg en die hoogste prys 2 575c/kg. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 0,6% (14c/kg) hoër teenoor die vorige week en 2,6% (66c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 418c/kg en die hoogste prys 2 658c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van vleisvarkk­arkasse 16,3% (351c/kg) hoër en dié van spekvarkka­rkasse 10% (215c/kg) hoër. Die prys van spek- en vleisvarkk­arkasse kan opwaarts beweeg en dié van worsvarkka­rkasse afwaarts. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 0,4% (9c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,2% (4c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 0,4% (8c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,4% (10c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaistukk­e was 1,2% (23c/kg) hoër teenoor die vorige week en 1,5% (29c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaihoend­ers was op ’n jaargronds­lag 1 1,3% (229c/kg) hoër, dié van vars braaihoend­ers 13,1% (265c/kg) hoër en dié van bevrore braaistukk­e 17,9% (301c/kg) hoër. Die prys van bevrore en vars braaihoend­ers en dié van bevrore braaistukk­e kan sy- of opwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-lamsvleis was 0,9% (45/kg) hoër teenoor die vorige week, en 2,2% (1 16c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 4 993c/kg en die hoogste prys 6 645c/kg. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-skaapvleis was 2,6% (1 12c/kg) laer teenoor die vorige week en 14,1% (529c/kg) hoër as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 3 853c/kg en die hoogste prys 4 569c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s gemiddeld 9,2% (451c/kg) hoër en dié van die C2/C3’s was 35,3% (1 1 16c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s en die C2/C3’s kan verder opwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van speenkalwe­rs (190 kg-240 kg) was 3,3% (61c/kg) laer teenoor die vorige week en 12,8% (260c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die “plaashekpr­ys” was R17,76/kg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-beesvleis was 0,2% (6c/kg) hoër teenoor die vorige week en 1,9% (64c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 631c/kg en die hoogste prys 3 831c/kg. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 1,7% (42c/kg) hoër teenoor die vorige week en 7,4% (203c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 419c/kg en die hoogste prys 3 105c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s altesame 8,3% (258c/ kg) hoër en dié van die C2/ C3’s was 9,2% (214c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s en die C2/C3’s kan afwaarts beweeg.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 14,5% gestyg en is 15,8% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 1,4% teenoor die vorige week gestyg en is 17,3% hoër teenoor die ooreenstem­mende week verlede jaar. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die Oos-Vrystaat (55%), Mpumalanga (7,1%), die Suidwes-Vrystaat (7%), die Wes-Vrystaat (5,4%), die Noord-Kaap (5,3%), KwaZulu-Natal (5,2%) en Noordwes (4,6%). Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van wortels het met 30,1% toegeneem en verkope het met 2,7% gestyg. Die prys was 23,3% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 32,9% hoër was. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 5% teenoor die vorige week toegeneem en is 26,8% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede. Die volume verkope het met 9,3% teenoor die vorige week gestyg en was 1,1% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van uie was 18,3% hoër teenoor die vorige week, terwyl verkope met 18% gestyg het. Die prys is 28,4% laer as in die ooreenstem­mende week verlede jaar, terwyl verkope 23,1% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 18,4% teenoor die vorige week toegeneem. Verkope het met 3% gedaal. Die prys was 12,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl die volume verkope 16,6% hoër was. Die prys kan sywaarts neig. Die wolmark het sterker vertoon. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,4% gestyg en op R1 10,54/kg (skoon) gesluit. Dit is 1% laer as op die openingsve­iling en 3,7% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen.

LOT 28 UMFOLOZI (15734), 15 ha; en LOT 29 UMFOLOZI (15607), 83 ha; aan Van Eeden Holdings-trust, van Freese-eiendomme BK, R4 000 000. LOT 29 UMFOLOZI (15607), 97 ha, aan Van Eeden Holdings-trust, van P. Freese, R6 000 000.

UTRECHT

UMKONTA (150), 23 ha, aan T.W.K. Inv. Bpk., van T.W.K. Agricultur­e Holdings (Edms.) Bpk., R9 473 666. WELVERDIEN­D (148), 48 ha, aan T.W.K. Inv. Bpk., van NE PLUS ULTRA (110), 845 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Soetdoring-sitrus (Edms.) Bpk., R13 400 000.

ELLISRAS

JACKALSVLE­Y (309), 1 146 ha, aan Exxaro Coal (Edms.) Bpk., van Sasolmynbo­u (Edms.) Bpk., R20 600 000.

NYLSTROOM

ROODEPOORT (314), 400 ha, aan Tedo Beleggings 6 (Edms.) Bpk., van Letjoni’s Trading Enterprise BK, R13 680 000.

ROEDTAN

BUITENPOST (656), 1 619 ha, aan Meeding (Edms.) Bpk., van Uitspan-uitbreidin­gs (Edms.) Bpk., R16 000 000.

SOEKMEKAAR

ZEVENFONTE­IN (486), 150 ha; DRIEKOP (472), 258 ha; DUIVELSKLO­OF (436), 102 ha; HANSFONTEI­N (456), 63 ha; LEOBI (574), 626ha; LT (455), 129 ha; MODDERSPRU­IT (435), 374 ha; MOOIPLAATS (434), 211 ha; NOOITGEDAC­HT (457), 183 ha; OLIVIER (453), 519 ha; PUSELA (555), 179 ha; SWEET HOME (458), 386 ha; TRIANGLE (433), 409 ha; UITZICHT (454), 155 ha; en WERNE (473), 76 ha; aan M.T.O.-bosbou (Edms.) Bpk., van Bedrock Mining Support (Edms.) Bpk., R66 000 000.

THABAZIMBI

BOSCHPOORT (249), 446 ha, aan Jes-C.-boerdery (Edms.) THORNYBUSH (78), 821 ha, aan Inzalo Inv. Holdings (Edms.) Bpk., van Thorny Bush-plaas (Edms.) Bpk., R20 573 313.

BALLITO

LANGEBOSKO­P (15375), 132 ha, aan Oellermann­familietru­st, van R.K. Adendorff-trust, R4 000 000.

BETHAL

WELGEMEEND (206), 331 ha, aan Welgemeend-steenkoolm­yn (Edms.) Bpk., van Ockert Botha-trust, R20 500 000. AANGEWYS(81), 608ha, aanA.J. Cronjé, van John Cameron-trust, R22526000. SUKKELAAR (421), 277 ha, aan Frik Human-plase BK, van C.P. du Preez & Seun-boerdery BK, R4 439 057.

MIDDELBURG

WONDERBOOM (249), 335 ha, aan Tri-D.-trust, van D.J. de Beer, R3 300 000. OLIFANTSLA­AGTE (378), 428 ha, aan G.P. Anderson, van W.C. Beneke, R20 000 000.

NELSPRUIT

ELANDSHOEK (339), 103 ha, aan Saragossa Prop. Holdings (Edms.) Bpk., van Carpe Diem Prop. (Edms.)

RIETVALEI (285), 1 386 ha, aan Hestie & Annerie Testamentê­re Trust, van P.C.P. Meyer, R7 801 000. WITFONTEIN (306), 210 ha, aan Delric Bonsmaras BK, van D.T. Minnaar, R3 000 000.

HAY

PENS FONTEIN (449), 46 ha, aan Tswelelelo (Edms.) Bpk., van Lynevetrus­t, R12 000 000. WILDE ALS PUTS (418), 855 ha, aan Bertospan (Edms.) Bpk., van J.C. van der Westhuizen, R3 352 000.

HERBERT

BADENHORST FONTEIN (87), 1 460 ha, aan Van Niekerk-familietru­st, van C.H. Cloete, R10 200 000.

HOPETOWN

PLAAS 272, 16 ha, aan Hanmag 108 (Edms.) Bpk., van Therinus-trust, R2 500 000. LOT 20 (19), 410 ha, aan Locklore-trust, van S.F. Haasbroek, R2 567 578.

COLIGNY

SYFERFONTE­IN (2), 233 ha; en PALMIETFON­TEIN (312), 196 ha; aan Pierre Krugerfami­lietrust, van C.C. en M.C.T. van Wyk, R5 148 202.

DELAREYVIL­LE

NOODHULP ALIAS KATBOSCH (327), 296 ha, aan Philanri-trust, van D.H. Scholtz, R5 208 701. SKOONFONTE­IN (153), 1 352 ha, aan Karooveldv­eehandel (Edms.) Bpk., van H.J. Labuscagne, R5 720 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa