Landbouweekblad

ESKOM-SPITSTYE VIR WINTER GAAN VERANDER

-

Eskom het aangekondi­g hy gaan spitstye vir elektrisit­eitsgebrui­k in die komende wintermaan­de aanpas. Ná ’n voorleggin­g aan die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) in Desember verlede jaar is die voorstel aanvaar en gevolglik sal die winterogge­nd en -aand spitstye met een uur vervroeg word vanaf 7:00 tot 10:00 na 6:00 tot 9:00 soggens en vanaf 18:00 tot 20:00 na 17:00 tot 19:00 saans.

Dit volg na aanleiding van ’n studie deur die nasionale energiever­skaffer wat bevind het dat, hoewel die stelsel se spitstydaa­nvraag na elektrisit­eit tussen ses en sewe soggens en halfses en halfsewe saans plaasvind, die tarief vir spitstye eers teen seweuur die oggend en sesuur saans ’n aanvang neem. Eskom meen die winter spitstydta­rief, wat ’n uur vroeër gaan begin as wat tans die geval is, ’n bydrae sal lewer om die huidige beperkings op die stelsel te help oplos.

Die bykomende voordele vir Eskom sluit onder meer in dat die tydsduur van gebruik van duurder elektrisit­eitsopwekk­ingseenhed­e verminder kan word en dat die elektrisit­eitsverska­ffer ook beter sal kan beplan vir ’n effens laer onmiddelli­ke vraag na elektrisit­eit.

Die vervroegin­g van die spitstye in die winter sal ’n invloed hê op verbruiker­s van Eskom se Ruraflex-, Miniflex-, Megaflex-, Transflexe­n WEPS-tariewe. Wat die koste vir dié kliënte betref, meen Eskom indien verbruiker­s teen die tariewe by die vervroegde spitstye hou, daar nie ’n veranderin­g in hul rekeninge weens die veranderin­g in spitstyd sal wees nie. – GERRIT BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa