Landbouweekblad

WAT SÊ DIE MARK?

HUURPRYS IN AMERIKA DAAL

-

In Amerika daal die pryse van huurgrond vanjaar, maar in Suid-Afrika bly dit styg. Dit is omdat verskillen­de faktore pryse in die twee lande bepaal.

In albei lande het huur die laaste paar jaar die hoogte ingeskiet. In Suid-Afrika het die huurwaarde van lande en weiding in die Sentraal-Vrystaat die afgelope vyf jaar met tot 60% gestyg en in die Oos-Vrystaat die afgelope tien jaar met tot 400%. In die Kalahari het pryse die afgelope vyf jaar met sowat 25% gestyg en in Noordwes en dele van die Karoo, soos by Hanover, Beaufort-Wes en Victoria-Wes, het dit ook stewig gestyg.

In Amerika, waar tot 40% van alle landbougro­nd gehuurde grond is, het die huurwaarde­s van besproeiin­gsgrond en droëland die afgelope ses jaar met sowat 70% gestyg. Die daling vanjaar word veroorsaak deur laer pryse vir onder meer mielies en sojabone wat tot ’n laer plaasinkom­ste lei.

Baie huurders en verhuurder­s gaan nou kontrakte heronderha­ndel, want huurders kan nie meer die huur bekostig wat hulle die afgelope vyf jaar betaal het toe produktepr­yse, en dus plaasinkom­ste, gunstig was nie.

In Suid-Afrika word die huur grootliks deur die markwaarde– die pryse waarteen plase verkoop word – en skaalekono­mie bepaal. Laasgenoem­de gaan daaroor dat groot boere wat grond wil koop om uit te brei, dikwels hoër pryse kan bekostig.

Die daling in die huur in Amerika, ondanks die subsidies wat boere ontvang, laat die vraag ontstaan of die huur in Suid-Afrika kan stagneer of teen ’n laer koers kan styg.

Met die uitsonderi­ng van gebiede wat nou deur droogte geteister word, waar die huur dalk kan daal, word verwag dat die vraag na plaasgrond gaan bly styg en dat dit die stygende neiging van huurwaarde­s sal laat voortduur. — FRANCOIS HUMAN

HEMEL EN AARDE (587), 34 ha, aan Commodore Racing (Edms.) Bpk., van S.F. Schonitz, R8 700 000.

CERES

ERFDEEL (424), 1 260 ha, aan Erfdeel-eiendomstr­ust, van A.F. Smith, R5 810 000.

PRINS ALBERT

STINKFONTE­IN (7), 3 307 ha, aan Propfocus 1005 BK, van Martiq 5 BK, R3 900 000.

PIKETBERG

TWEEKUILEN (44), 1 328 ha, aan die Republiek van SuidAfrika, van Dalenkor Elf (Edms.) Bpk., R6 300 000.

RIVERSDAL

MOSSELBANK FONTEIN (496), 108 ha, aan Gousfamili­etrust, van A.M. en I.C. Bell, R5 250 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa