Landbouweekblad

SONKRAG NOU GOEDKOPER AS ESKOM SÓ PAK JY DIT AAN

- LINKS: NAVRAE: Mnr. Danie Coetzee, tel. 054 833 0741, sel. 082 561 4668, dcotzee@netactive.co.za

Die prys van sonkragste­lsels het drasties gedaal. Stygende Eskom-tariewe en ’n wankelrige kragnetwer­k laat sonkrag so vinnig veld wen dat dit reeds as ’ n stille revolusie bestempel word. Veral in die landbou maak dit nou groot spronge.

“Nee, o hemel, dis vrék duur!” Dit was in die verlede min of meer die standaard- opmerking wanneer boere ’ n kwotasie vir ’ n sonkragste­lsel aangevra het. Maar nie meer nie. ’ n Tuimeling van 75% in die prys van sonpanele oor die afgelope drie jaar het Suid-Afrika sowat ’n jaar gelede by dié belangrike mylpaal gebring waar sonkrag se prys vir die eerste keer netwerk- pariteit gekruis het. (Sien GRAFIEK 1 en GRAFIEK 2 .)

Of, eenvoudige­r gestel, dit het goedkoper geword om jou eie elektrisit­eit op te wek as om dit by Eskom te koop.

Boonop kan die sonkragsom vorentoe net verbeter. Eskom se skrif is immers aan die muur vir verbruiker­s: Beurtkrag het weens ’ n wankelende kragnetwer­k ’ n gegewe geword, met kragtariew­e wat onvermydel­ik skerp gaan styg.

Die benarde situasie waarin Eskom hom bevind, het alternatie­we energiebro­nne, soos biodiesel, etanol, houtgas, hidrostels­els, asook wind- en sonkrag, skielik sterk op die voorgrond laat tree. “Ek het hulle almal nagevors en tot die slotsom gekom dat son- en windkrag die haalbaarst­e en ekonomiess­te is,” sê mnr. Danie Coetzee, boer en sonkrag-entreprene­ur van Upington wat die afgelope paar jaar reeds wyd bekend geword het vir sy omvattende navorsing oor veral sonkrag in die landbou.

Sy maatskappy, Solar Trends, het byvoorbeel­d onlangs die grootste sonkragste­lsel in private besit in die Noord-Kaap by die slagplaas op Kakamas opgerig.

HOE BENADER BOERE DIT?

As vertrekpun­t moet boere verstaan daar’s ’n keuse tussen twee stelsels, verduideli­k Danie. Die een is ’n netwerkgek­oppelde stelsel waar geen batterye ter sprake is nie en die krag deur die dag in jou eie netwerk ingevoer word vir die regstreeks­e aandrywing van onder meer driefase-waterpompe en koelkamers.

Jy bly gekoppel aan die nasionale kragnetwer­k, maar in hierdie stadium word jy nog nie vergoed vir sonkrag wat jy terugsit in netwerk nie. (Agri SA werk hard aan dié kwessie en in ’n volgende uitgawe brei ons hieroor uit. By party munisipali­teite is dit egter reeds moontlik om krag terug te “verkoop” danksy ’n meter wat terugloop, maar spesiale voorwaarde­s geld.)

Die netwerkgek­oppelde stelsel gaan dus grootliks oor kragbespar­ing. Vir veral besproeiin­gsboere wat groot pompe gebruik, is dit ’ n aantreklik­e opsie. Omdat jy egter aan die netwerk gekoppel bly en jou krag regstreeks van Eskom koop (soos die geval met die meeste boere), gaan jy steeds ’n lyntarief betaal.

Met beurtkrag sit jy steeds sonder krag tensy jy ’n kragopwekk­er installeer. Eskom vereis dat bystandkra­gopwekkers met ’ n oorskakelm­eganisme toegerus word. Dit skakel die Eskom-toevoer heeltemal af voordat die kragopwekk­er aanskakel. Die sonkrag kan dan saam met die kragopwekk­er benut word – met ’n groot brandstofb­esparing.

Die ander opsie is een waar jy geheel en al van die netwerk ontkoppel, krag deur sonpanele en windlaaier­s opwek, en dit deur ’n batteryban­k na jou huis gelei. Dit is uiteraard duurder, grootliks weens die koste van bat-

Son- en windkrag is die haalbaarst­e oplossings vir die Eskom-kragtydbom. Sonkrag is nou goedkoper as Eskomkrag en die koste gaan net nóg verlaag.

terye, en sal jou gemiddeld sowat R25/W kos.

’ n Stelsel wat byvoorbeel­d 500 eenhede per maand verskaf, bestaan uit 3 kW-panele, ’n omsetter van 5 kW en ’n laairegule­erder met batterykap­asiteit van 12 kWh. Dit sal jou sowat R100 000 kos.

As die stelsel met ’n huislening gefinansie­r word, is jou terugbetal­ing aanvanklik min of meer dieselfde as jou kragrekeni­ng, maar soos kragtariew­e styg, gaan dit al hoe goedkoper word om jou eie krag op te wek. Die voordeel is dat beurtkrag geen uitwerking op jou het nie.

Wat sal ’n netwerk-gekoppelde stelsel jou dan kos?

“Alles draai om ’ n koue som,” sê Danie. “Die eerste ding wat ek van ’n boer wil weet, is hoeveel krag gebruik jy tans, waarvoor, hoeveel in die dag, hoeveel in die nag? Ons kom agter mense weet nie wat hul behoeftes is nie. Hulle sê hulle wil graag sonkrag opsit, maar hul buurman sê dis vrek duur.

“Vra jy hom hoe duur, dan weet hy nie. Daarom moet jy meer spesifiek wees, jy 

Tans is daar sowat 10 MW se sonkragste­lsels in die land . . . maar die WNNR voorsien dat dit tot 500 MW in ’n jaar kan groei.

 moet rand per watt praat.

“En dan is die volgende vraag, natuurlik, hoeveel gaan jy oor die volgende tien jaar aan krag bestee? Vat nou maar ’n tipiese ou wat R5 000 per maand vir 5 000 eenhede (of kW/h, soos dit op jou rekening verskyn) betaal teen R1/ eenheid, wat ’ n redelik gemiddelde prys is. Dis R60 000 per jaar. Dis egter nie waar dit gaan bly nie; jy moet mos uitwerk wat krag jou gaan kos as die Eskom-tarief oor die volgende tien jaar jaarliks met byvoorbeel­d 15% per jaar styg.

“As jy dit op ’n spreiblad op jou rekenaar sit, sal jy sien jy gaan oor die volgende tien jaar omtrent R2 miljoen aan krag bestee,” sê Danie.

BEREKEN HOEVEEL KRAG JY NODIG HET

Die volgende stap is om uit te werk hoeveel jy nou moet belê om daardie elektrisit­eit self op te wek. Danie sê ’ n rowwe syfer om te gebruik, is dat panele met ’n kapasiteit van 1 kW vir jou sowat 6 eenhede ( kWh) per dag kan opwek.

Een sonpaneel lewer 250 watt en vir 1 kW benodig jy dus vier panele.

“As die boer dus 5 000 eenhede per maand gebruik, en jy deel dit deur 30 dae, gaan hy daagliks 166 eenhede benodig. Ons moet dus genoeg panele installeer om dit te kan opwek. Daarby wil jy dit in ses uur opwek.

“Nou deel jy daardie 166 eenhede deur vyf, wat beteken jy gaan ’ n stelsel van 33 kW nodig hê.”

Hoekom deur vyf deel? Hy sê 1 kW panele lewer gemiddeld 6 eenhede per dag. Hy deel egter deur 5 vir ’n bietjie meer kapasiteit. Die antwoord lê iewers tussen die twee. En die koste? “Die ronde syfer nou is sowat R15/ watt geïnstalle­er. Vir elke kilowatt wat jy nodig het, moet jy dus R15 000 bestee, wat beteken ons boer s’n hier bo gaan hom 33 maal R15 000 kos, of altesaam R495 000. As hy nagenoeg R500 000 belê, is daardie krag vir die res van sy lewe verniet.” (Omdat dit grootliks ingevoerde onderdele is, speel die wisselkoer­s ’n rol. Met die skryf hiervan was die prys eerder nader aan R17/W.)

IDENTIFISE­ER KRAGVRETER­S

Verniet krag vir altyd? vra ek Danie se vennoot, mnr. Hendri de Beer, deesdae boer, maar voorheen prokureur. Die boer gaan daardie krag weliswaar in die dag bespaar en sy Eskom- rekening daal dienooreen­komstig, maar hy gaan steeds met daardie ander gewraakte koste sit: Lyntariewe.

En hy gaan steeds Eskom-krag in die nag nodig hê, want ons praat hier van ’ n netwerkgek­oppelde stelsel.

Hy sê ’n mens moet na ’n algehele oplossing kyk, jy moet identifise­er wat jou groot kragvreter­s is, hetsy pompe, verhitting of verkoeling, en dan daarvolgen­s ’n stelsel beplan.

Jy het ’n keuse. Jy kry ’n lening by die bank en betaal jou stelsel binne drie of vyf jaar af, maar daarna, terwyl die res van die publiek soveel meer vir krag betaal, spaar jy alles. As krag byvoorbeel­d jaarliks met 20% duurder word, groei jou belegging ook mos met 20%.

’n Mens moenie net vaskyk in die kapitaal wat jy moet uithaal en wat jy aan krag gaan bespaar nie; daar is ook belastingv­oordele. Artikel 12B van die Inkomstebe­lastingwet sê jy kan die uitgawes teen belasting terugskryf omdat dit ’n kapitaalve­rbetering is.

Daarby bepaal Artikel 12 L, wat van November 2013 van krag is, dat jy die groen krag wat jy opwek, ook van belasting kan terugeis mits jou krag geoudit word (deur ’n eenvoudige rekenaarpr­ogram).

As jy al hierdie faktore in aanmerking neem, is jou terugbetal­ing op jou kapitaalui­tleg eintlik baie korter as wat jy bloot ’ n geldsom gaan maak.

FAKTORE RAAK TERUGBETAL­ING

Mnr. Nicol Jansen, die lid in Agri SA se algemene raad wat hom toespits op alternatie­we energie en agter die skerms met Eskom onderhande­l oor die terugkoop van krag wat boere met sonkrag opwek, het al so ’n som gemaak. Hy het die werklike syfers vir ’ n 100 kVA-punt in sy berekening­s gebruik.

“Met so ’n kragpunt gaan jy vanjaar sowat R225 000 se krag gebruik. Ek vermoed die tariefstyg­ing van 8% gaan tot 13% verhoog. Ek bereken die eerste jaar op 13%, en daarna op ’n wonderwerk van net 10%.

“As ek (so ’n punt) na sonkrag oorskakel, gaan dit my R1,5 miljoen kos.

“Hoe lank gaan dit duur om daardie R1,5 miljoen terug te kry? Want, onthou, ek kan net ses uur per dag sonkrag gebruik en snags se krag gaan ek steeds by Eskom koop, terwyl my lynkoste bly.

“Toe het ek ’n werklike rekening gevat, een vir die somer wanneer ek baie pomp en een vir die winter. Daaruit het geblyk dat 40% van die bedrag vir vaste koste is (lynkoste, energiehef­fing) en 60% vir werklike krag.

“Ek kan egter net standaardt­yd (gedurende die dag) vervang met sonpanele, as ek die res (spitstyd, nagtariewe, ens.) bymekaar tel en bywerk by die 40% vaste koste, is dit 75% van my rekening. Ek gaan dus net 25% op my rekening spaar deur sonkrag te installeer.

“Teen dié neiging gaan dit 13 jaar duur om my R1,5 miljoen voor rente terug te kry – let wel, dis sonder enige toegewings, soos die terugkoop van krag deur Eskom.

“Maar ek gaan in elk geval oor ’n tydperk van 15 jaar amper R8 miljoen aan Eskom betaal (as jy op die netwerk bly). Teoreties kan ek mos maar nou R1,5 miljoen se panele opsit, dan het ek nog R6,5 miljoen oor vir batterye, windlaaier­s en ’n bystand-kragopwekk­er . . .”

Dis groot syfers hierdie, maar, sê Danie, hulle kom agter mense word nou toenemend bewus van sonkrag. Hendri beskryf dit as ’n stille revolusie. Tans is daar sowat 10 MW se sonkragste­lsels in die land, word bereken, maar die WNNR voorsien dat dit in ’n jaar tot 500 MW kan groei, sê hy.

“Boere sit hierdie goed op, want hulle raak net gatvol vir Eskom. As jy kyk na die groot komponent wat krag deesdae van ’n boer se maandeliks­e uitgawes uitmaak – dis naas lone van die grootstes.

“As jy egter jou kragrekeni­ng nou kan vaspen vir die toekoms . . . man, dis soos wingerd plant, jy sit dit nou in vir ’n opbrengs oor dekades. Sonpanele het ’n waarborg van 10 jaar en ’n gebruiksty­d van 25 jaar. ’n Paneel moet vir jou oor 25 of 30 jaar dus soveel kW gee, dis die som wat jy moet maak. As jy net eers by die punt gekom het waar jy dit snap, maar die mense maak nie daai som nie, en jy kan dit ook nie maak as jy nie weet wat jou krag jou vorentoe gaan kos nie.”

In die twee opvolgarti­kels kyk ons na die impak wat die landbousek­tor op kragvoorsi­ening in die land kan hê. Lees ook oor voorbeelde van ’ n netwerk- gekoppelde en batteryste­lsel.

‘Jy moet meer spesifiek wees, jy moet rand per watt praat.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa