Landbouweekblad

HOENDER: YANKS SÊ NEE VIR INVOERVERB­OD; SA PROBEER WEER

-

DIE Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf het ’n tweede aanbod aan sy Amerikaans­e eweknie gemaak oor hoeveel Amerikaans­e hoenderstu­kke met die been daarin die land kan binnekom.

Die Amerikaner­s het die eerste aanbod verwerp, sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV).

Hy wou nie uitwei oor die hoeveelhed­e wat die aanbod behels nie omdat onderhande­linge nog voortduur.

Lovell was vroeg in Maart deel van ’n Suid-Afrikaanse afvaardigi­ng onder leiding van mnr. Faizel Ismail, ’n spesiale gesant van die Departemen­t van Handel en Nywerheid, wat Amerika besoek het. Die Amerikaans­e pluimveebe­dryf eis dat Suid- Afrika sy 15 jaar oue teenstorti­ngstariewe ophef sodat Amerikaans­e hoender weer hierheen uitgevoer kan word. Die eis word as voorwaarde gebruik vir Suid- Afrika se insluiting in die hernuwing van die Amerikaans­e wet op groei en ontwikkeli­ng in Afrika (Agoa).

GAPING

Ismail sê ná Suid-Afrika se eerste aanbod het die Amerikaner­s ’n reuse-teenaanbod gemaak. Nou, ná Suid- Afrika se tweede aanbod, is daar volgens hom steeds ’n beduidende gaping. Desondanks glo hy daar is danksy die besoek vordering gemaak.

Die afvaardigi­ng het met ver- skeie partye gesprek gevoer, ook die twee senatore wat hulle aktief beywer om Suid- Afrika weens die tariewe uit Agoa te hou.

“Ons het aan hulle verduideli­k dat Suid- Afrika sosiaal- ekonomiese probleme het en dat groter invoer tot groter werklooshe­id sal bydra. Ons moet ’n punt vind wat gemaklik vir albei partye is.”

MIDDELPUNT

Lovell sê die hoenderbed­ryf is bereid om toegewings te maak, maar dit moenie die bedryf doodmaak nie: “Die vraag is waar die middelpunt tussen die partye is.” Volgens hom is die grootte van die Suid- Afrikaanse mark vir hoendervle­is beperk weens verbruiker­s se besteebare inkomste. Enige toegewing wat tot groter invoer lei, sal dus vir die plaaslike bedryf ’n nadelige invloed op pryse hê.

Lovell sê hoewel Agoa baie belangrik is vir die Suid-Afrikaanse motorbedry­f, is die landbou óók belangrik: “Albei partye moet redelik wees. Die gedagte is dat die twee bedrywe ’n skriftelik­e ooreenkoms moet bereik, wat dan as ’n aansoek by die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) ingedien word.”

Mnr. David Wolpert, uitvoerend­e hoof van die Assosiasie van Vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (AMIE), sê egter die plaaslike pluimveebe­dryf kan nie die hele Agoa- proses gyselaar hou nie: “Die Suid- Afrikaanse nywerheids­bedryf kan eenvoudig nie bekostig om Agoa se ekonomiese voordele te verloor nie.

“Duisende plaaslike werkgeleen­thede is weens die eng belange van een rolspeler op die spel.” – CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa