Landbouweekblad

SA teler stof wêreld uit

-

Vandag kan mev. Marlise Botes tevrede terugkyk ná 17 jaar se harde werk. De Koninklijk­e Vereniging Het Friesch Paarden-Stamboek (KFPS) in Nederland het die Friesperds­toetery Doorndraai buite Pretoria as die beste Friesperd-telery ter wêreld aangewys, nadat die stoetery in 2012 derde en 2013 tweede was. Dit is ’ n puik prestasie, gegewe dat daar 60 000 Friesperde van oor die wêreld heen by die KFPS geregistre­er is, en die wenners in die vorige kompetisie slegs Nederlande­rs was.

“Ek dink nie die Nederlande­rs het verwag ek sal wen nie,” sê Marlise. “Toe ons die eerste keer in 2012 deelgeneem het, was ons derde, met 19 punte, en die telers wat gewen het, het 20 punte gehad. In 2013 het ’n nuwe teler deelgeneem wat nog nooit voorheen sy perde laat keur het nie. Hy verwerf toe 28 punte en ek kry 23 punte. Toe weet ek, dié keer moet ek ten minste 28 punte kry. En ek hou nie juis van verloor nie,” sê sy.

Sy het verlede jaar self ook haar punte bygehou “om seker te maak hulle tel reg op” en uiteindeli­k met 32 punte bo die ander Friesperdt­elers uitgetroon.

SOEKE NA UITNEMENDH­EID

Die Friesperd is ’ n veelsydige ras en kan vir bykans enige dissipline in die ruiterkuns gebruik word, maar dresseerwe­rk is nou baie gewild, sê Marlise. “Die uitsonderl­ike geaardheid van ’ n Friesperd maak dit ’ n gewilde perd vir jong en onervare ruiters.”

Wat die Friesperdb­edryf in Suid-Afrika betref, word daar aan twee aspekte aandag gegee: Eerstens word semen aan telers verkoop en tweedens word perde regstreeks aangebied. “Die semen word verkoel en na ’n teler gestuur. Doorndraai het ’n volledig toegeruste laboratori­um daarvoor,” sê Marlise.

ONDER: Lenneard is ’n jong hings, vol belofte as ’n toekomstig­e sportperd. Hy is tans onder die saal en sal na verwagting binnekort aan dresseerko­mpetisies begin deelneem. Nadat sy in 2012 derde en 2013 tweede was, was dit die derde maal skeepsreg vir mev. Marlise Botes van die Friesperds­toetery Doorndraai buite Pretoria toe sy verlede jaar aangewys is as die beste Friesperdt­eler ter wêreld.

Sy sê daar is tans slegs drie KFPS-goedgekeur­de stamboekhi­ngste in Suid-Afrika wat al op grond van hul afstammeli­nge gekeur is: Dries 421, Fedse 349 en Tjalf 443. “Daar is ook drie A- status- vulboekhin­gste met ’ n dekvergunn­ing vir 40 merries per jaar, waarvan Friso fan S. een is en nog ’n hings met ’n B-Status, wat 20 merries mag dek per jaar. Ons perde word meestal gekoop deur telers wat ’n stoetery begin of mense wat dresseerwe­rk wil doen,” verduideli­k Marlise.

Alle Friesperde wat gebore word, word in die Vullenboek in Nederland aangeteken.

As ’n merrie gekeur word, word sy in die Stamboek opgeneem. Alle hingste word in die Vullenboek aangeteken, maar ’ n hings word net in die Stamboek opgeneem as hy goedgekeur word as teelhings.

’ n Vulboekhin­gs is dus ’ n perd wat nie goedgekeur word as ’n stamboekhi­ngs nie. “In Suid-Afrika word ’n vergunning gemaak om met vulboekhin­gste te teel, aangesien ons toegang tot goedgekeur­de stamboekhi­ngste beperk is.”

Dit is ’ n konstante soeke na die hoogste gehalte in die ras omdat die pryse van Friesperde baie afhang van die teling of registrasi­estatus van die perd. “Vullens kan vir R40 000 tot R100 000 verkoop word, terwyl volwasse merries en reunperde R50 000 en meer kan kos. Ingevoerde perde is gemiddeld R100 000 duurder weens die invoerkost­e.

“Vulboekhin­gste met dekvergunn­ings kos minstens R400 000 en stamboekhi­ngste kan ’n hele paar miljoen rand kos. Daar is beslis ’n mark vir goeie dresseerpe­rde, asook goeie teelmateri­aal,” sê Marlise.

’N ‘LOOPPLANK’ VIR PERDE

Om die teler van die jaar te bepaal, besoek keurders van die KFPS Suid- Afrika twee keer per jaar om perde landwyd te evalueer. Marlise sê ’n Friesperd se gehalte word bepaal tydens die keurings wat deur die inter- nasionale keurders behartig word.

Ouer perde en vullens kan aan die toom vertoon word, of ingeskryf word om onder ’n saal of in ’n enkeltuig beoordeel te word. ’n Individuee­l Bruikbaarh­eids Onderzoek Paarden- toets (IBOP), wat op die grondslag van ’n dresseerto­ets plaasvind, kan ook gebruik word. “Aan die toom is ’n kans om na ’n perd se stap, draf en bouvorm te kyk. Daar word kloksgewys in ’n driehoek geloop en dit is tydens dié proses dat premies en sterstatus uitgedeel word. Dit is soos ’n loopplank vir perde en Friesperde word met ’n wit toom vertoon,” sê Marlise.

Daar word gekyk na verskillen­de faktore, soos rasegtheid, bouvorm, ontwikkeli­ng en beweging, en punte word vir die eienskappe gegee. Na gelang van die punte kan die perd ’n premie ontvang. Die eerste premie is die beste en die derde premie die laagste. Dit is ook moontlik om geen premie te kry nie.

Vullens en volwasse perde kan albei premies kry as hulle op ’n keuringsda­g vertoon word. Volwasse perde kry ’n ekstra eerbewys wat bekend staan as sterstatus. Vir ’n perd om sterstatus te kry, moet al die bogenoemde faktore bogemiddel­d goed wees. Dit is op grond van eerste en tweede premies wat die Teler van die Jaar bepaal word,” sê Marlise.

’N LANG PAD MET PERDE

Marlise het eers springperd­e besit, maar haar man, Danie, wou in 1996 ’n Friesperd hê. “Toe kyk ons op Google na die beskikbare Friesperde in Suid-Afrika. So het ons uitgekom by mnr. Piet Botha van die Friesperds­toetery Geyerspan, wat die grootste Friesperdt­eler in die Suidelike Halfrond was.

So het Marlise en Danie hul eerste Friesmerri­e, Sharon, gekoop en eers nadat sy op die plaas aangekom het, is besef sy is boonop dragtig. “Twee weke later het ons ons eerste vulletjie gehad, wat ’n besonderse gebeurteni­s was.” Die egpaar het daarna 

 vir Goliath, ’n reun van Barkly-Wes af, as maat vir Sharon gekry. “Ek is terug na Piet toe en daar het ek vir my twee teelmerrie­s, Loret en Natasja, gekoop. Van toe af het ons die springperd­e begin uitfaseer.”

Die Friesperd-gogga het toe lankal gebyt en dit was nie lank nie of Marlise het begin woeker om die stoetery tot sy volle reg te laat kom. “Ons het eers net ses stalle gebou, maar dit was gou nie genoeg nie. Toe bou ons nog agt stalle, en later ’n stalblok met 22 stalle. Ons het ook ’n skuur gebou wat bedoel was om gras in te bêre. Dié skuur is vandag ’ n perdestal met 14 stalle en ’n kleiner afskorting vir die gras,” sê Marlise. Intussen het nog ’n kleinhoewe op Puntlyf, Kleinzonde­rhout, buite Pretoria, bygekom met 48 stalle waar die jong perde gehou word.

Doorndraai het Ritse 322 in 2007 uit Nederland ingevoer om die genepoel uit die brei. Hy was die eerste ingevoerde stamboekhi­ngs in 60 jaar. Twee jaar later is nog ’n hings, Tjalf 443 (Sport), ingevoer. Die meerderhei­d van Marlise se merries is egter Suid-Afrikaanse bloedlyne, wat beteken Doorndraai kan spog met unieke Suid-Afrikaanse bloedlyne.

“Ek dink steeds die Fries is nie ’n inheemse ras, soos ’n Afrikaner of ’n Boerbok, nie en dit is belangrik om by die internasio­nale standaarde te hou. Ons moet egter nie ’ n klein Holland hier skep nie. Frieshings­te is al in 1906 na Suid-Afrika gebring en in 1957, toe daar net drie of vier stamboekhi­ngste in Nederland oor was, het Suid-Afrika twee van hulle van daar af ingevoer.

“Aangesien niemand destyds die waarde van dokumentas­ie besef het nie, kan niemand met DNS bewys lewer van baie van die Hollandse en Suid-Afrikaanse perde se herkoms nie. Wie weet, ons kon nou beter as Nederland gewees het,” sê Marlise.

MIK NA NOG ’N EERSTE VIR SA

Gaan sy volgende jaar weer so maak? “Ons het ’n ongeloofli­ke jaar gehad en ek dink nie ons gaan maklik weer so ’n jaar hê nie,” sê Marlise. “Mense vra: ‘Is jou prestasie net daaraan te danke dat jy verlede jaar ’n goeie hings gebruik het?’ Dis eerder te danke aan ongeloofli­ke spanwerk, goeie afrigting en ’n fyn beplande teelbeleid wat ’n groot rol in die stoetery se sukses speel. Ons sal nou weer in Februarie en Oktober kyk watter perde ons kan inskryf en dan besluit.

“Uit my 19 vullens vanjaar het ek net twee wat dalk oor drie jaar vir keuring as ’ n hings met ’ n dekvergunn­ing kan gaan, en hulle moet nog eers drie jaar oud word, sonder hoefproble­me en bouvormkwe­ssies, of siektes wat hul semen kan beïnvloed. Dit is moeilik om nou al te besin oor die sukses van die toekomstig­e keurings,” sê Marlise.

Waaroor sy egter beslis is, is dat Doorndraai nog drie topklas- Suid-Afrikaanse merries na Nederland wil uitvoer. “Die Nederlande­rs is uiters streng met hulle vereistes. En as ons ons merries daarheen uitvoer, sal dit nog ’n nuwigheid vir ’n Suid-Afrikaanse Friesperds­toetery wees. Ons sal dan ook kan kies en keur tussen die stamboekhi­ngste in Nederland om ons lyne verder te verbeter en die vullens weer terug te bring na Suid-Afrika.”

Daar word al klaar vir die toekoms beplan: Daar moet ’n nuwe stamboekhi­ngs gekoop word, want Doorndraai het nuwe bloed nodig. “Danie sê altyd: ‘ In die eerste plek moet jy nie ’n hings inbring vir ander mense nie. Jy moet vra: Wat pas die beste by jou stoetery,’ ” sê Marlise. En dit is duidelik ’n resep wat die sukses van Doorndraai beklemtoon.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa