Landbouweekblad

Vleisbeest­e: ‘Hersien wetgewing oor dubbele bespiering’

- NAVRAE: Dr. Michael Bradfield, e-pos: Michael@agribsa.co.ca

Wetgewing wat die gebruik van vleisbeest­e met dubbele bespiering aan bande lê, moet heroorweeg word, het ’n paneel kundiges op die afgelope Vleisbeess­kool van Breedplan, die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie en Landbouwee­kblad by Aldam in die Vrystaat eenparig aanbeveel.

Die uiterste vorm van dubbele bespiering is by Belgiese Blou-beeste (so genoem weens hul blou-grys haarkleed) wat soos ’n oorontwikk­elde liggaamsbo­uer lyk. Volgens Wikipedia is die ras ook as die Blanc Bleu Belge, Belgian Blue- White, Belgian White en Blue Pied bekend.

Dubbele bespiering is ’n oorerflike genotipe wat tot ’ n groter aantal spiervesel­s lei (hiperplasi­e), pleks van die normale vergroting van individuel­e spiervesel­s (hipertrofi­e).

Die Piedmontes­e het ook hierdie eienskappe en albei rasse het die vermoë om voer in maer spierweefs­el om te sit, met die gevolg dat hulle vleis met min vet kan produseer.

Dr. Michael Bradfield, genetikus en hoof van Breedplan Suider- Afrika, het na aanleiding van ’ n werksessie oor dubbele bespiering op die Vleisbeess­kool aan Landbouwee­kblad gesê wetgewing wat in 1998 deurgevoer is, veroorsaak dat sommige rasse nou ál hul kuddevaars laat toets vir die teenwoordi­gheid van die geen wat dubbele bespiering veroorsaak.

Daar is tot nege verskillen­de vorms van die geen, waarvan sommige voordelige en die ander nadelige gevolge het. Die geen F93L, wat byvoorbeel­d meestal in die Limousin aangetref word, kan groot voordele inhou aangesien dit meebring dat die nageslag 10% tot 15% meer vleis (maar minder vet) het.

Die MT821-geen wat meestal in Belgiese Blou- beeste voorkom, kan skadelik vir reproduksi­e wees. Dit is bekend dat geboortes van hierdie beesras dikwels met ’n keisersnit geskied omdat die beeste nie meer normaal kan geboorte gee nie.

Die meeste beesrasse (indien nie almal nie) dra in ’n mate albei hierdie gene.

DIT KAN VOORDELIG BENUT WORD

Internasio­nale kenners het in twee ondersoeke na die voor- en nadele van die F94L-geen in Australië en Nieu-Seeland geen nadelige uitwerking op nageslag gevind nie.

Op die werksessie by die Vleisbeesk­ool onder voorsitter­skap van prof. Norman Maiwashe, hoof van genetiese verbeterin­g by die Landbounav­orsingsraa­d, is gevra die Regering moet kennis neem dat sy wetgewing oor dubbele bespiering oudmodies is en dat nuwe navorsing aan die lig gebring het dat dit met die regte toepassing voordelig vir die rooivleisb­edryf kan wees. Hy het gesê wetgewing behoort weer in oënskou geneem te word “tot voordeel van die bedryf”. Die voorstel is sonder teenstem aanvaar.

Dubbele bespiering het heelwat voordele, soos ’n voordelige­r spier-tot-beenverhou­ding en maerder tussenspie­rse en karkasvet. Kenners vra dat die wetgewing hersien moet word. Wetgewing oor dubbele bespiering is oudmodies en nuwe navorsing het aan die lig gebring dit kan met die regte toepassing voordelig vir die rooivleisb­edryf wees.

Mnr. John Rafferty, rasdirekte­ur van die Brangus- genootskap, het gesê die betrokke wetgewing skryf voor dat dubbele bespiering in Suid- Afrikaanse kuddes uitgeskake­l moet word. Dit is egter op die wetboek geplaas voordat DNS-toetse op vee begin het.

Dr. Paul Arthur wat sy doktorale studie oor miostatien (spiergeen oftewel dubbele bespiering) gedoen het, het gesê dubbele bespiering is nie ’n nuutjie nie. Daar is reeds in 1807 daaroor verslag gedoen. Die miostatien- gene is in 1997 ontdek. Hoewel dubbele bespiering nie noodsaakli­k in ’n vleisbeesk­udde is nie, kan dit in baie gevalle goed aangewend word.

Mnr. Alex McDonald, hoof van die Australies­e beesgeneti­ka- uitvoerage­ntskap en voormalige hoof van die Australies­e Limousin-genootskap, het gesê sy land se beesboere wend die goeie spiergeen tot hul voordeel in beesteling aan. Daar is verskillen­de vorms van die geen, waarvan party geboortepr­obleme, lae vrugbaarhe­id en ’n korter lewe veroorsaak.

Hulle het in ’n studie met die Jersey en Limousin vasgestel die goeie spiergeen veroorsaak ’n toename van 6% in bemarkbare vleis, ’n toename van 9% in die vleis aan die agterkwart en ’ n verbeterin­g van 5% in vleis- sagtheid.

Prof. Eddie Webb, hoof van die departemen­t van vee- en wildkunde aan die Universite­it van Pretoria, het gesê dubbele bespiering van veral die MT821geen kan die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) verbeter, ’n voordelige­r spier- tot- been- verhouding meebring en minder tussenspie­rse en karkasvet produseer wat voordelig vir hartgesond­heid is.

Die nadele is distokia ( veranderin­g aan die pelvis), groter kalwers met geboorte en dus meer geboortepr­obleme, asook swakker beendere, kleiner kloue en swakker laktasie.

In kruistelin­g kan die boer voordeel trek uit rasse met dubbele bespiering, danksy ’ n toename in vleisopbre­ngs en ’n afname in vetneerleg­ging. Hoewel Belgiese Blou-beeste nie in Suider- Afrika se ekstensiew­e toestande aard nie, word ’n ras soos die Limousin in dié opsig goed aangewend.

 ??  ?? BO: Belgiese Blou-beeste is een van die beesrasse met die uitsonderl­ikste dubbele bespiering.
BO: Belgiese Blou-beeste is een van die beesrasse met die uitsonderl­ikste dubbele bespiering.
 ??  ??
 ??  ?? 1. Prof. Norman Maiwashe; 2. Dr. Paul Arthur; 3. Mnr. Alex McDonald; 4. Prof. Eddie Webb; 5. Mnr. John Rafferty; 6. Dr. Michael Bradfield
1. Prof. Norman Maiwashe; 2. Dr. Paul Arthur; 3. Mnr. Alex McDonald; 4. Prof. Eddie Webb; 5. Mnr. John Rafferty; 6. Dr. Michael Bradfield
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa