Landbouweekblad

Nuutste kultivars: Soja, mielies, sonneblom

- NAVRAE: Mnr. Peet van der Walt, tel. 033 413 e-pos: peet.vanderwalt@pannar.co.za.

Die saadmaatsk­appy Pannar het vanjaar ’n eerste plek in al die gewas- kategorieë van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se nasionale kultivarpr­oewe behaal. Dít sluit in die ultravinni­g groeiende mieliebast­ers onder besproeiin­g, vir die warm én koel/ matige gebiede; albei die geel en wit basters vir die oostelike en westelike droelandst­reke; sonneblomm­e; sojabone ( die kategorie waarin Pannar- kultivars al die afgelope vier jaar ’ n topprestee­rder is), en droëbone (vir rooi gespikkeld­e én klein wit inmaakbone).

Die Pannar-span, met sy hoofkantoo­r in Greytown, KwaZulu- Natal ( waar die maatskappy in 1958 gestig is), het Suid-Afrika die laaste weke deurkruis om hul jongste kultivars aan boere bekend te stel.

Mnr. Peet van der Walt, woordvoerd­er van die maatskappy, gee ’n uiteensett­ing daarvan.

WITMIELIEB­ASTERS

Die pakket van die kultivars PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B groei vinnig. Dit is geskik vir al die oostelike produksieg­ebiede en die Noordoos-Vrystaat.

PAN 4B-311B was die beste wit baster in die LNR se kultivarpr­oewe vir die oostelike produksies­treek. Hierdie basters presteer veral goed in die misgebiede, en word vir al die produksieg­ebiede onder besproeiin­g aanbeveel. Die kultivars het goeie algemene siektebest­andheid, staanvermo­ë, graangehal­te en skepelmass­a. Hulle word soos die ultravinni­g groeiende pakket van geel basters bestuur, en daar word aanbeveel dat hulle saam met die maatskappy se YieldBoost-swamdoders­puitprogra­m gebruik word.

PAN 6R- 665R en PAN 6R- 845CBGT is onderskeid­elik ’n glifosaat- tolerante en ’ n stapelgeen- baster soortgelyk aan PAN 6Q-445B, wat vyf jaar lank die topprestee­rder in die nasionale kultivarpr­oewe was.

Hulle val in die klas vir kultivars met ’ n mediumgroe­ityd, en toon goeie stabilitei­t en kompensasi­evermoë in verskillen­de produksiet­oestande. Die kultivars droog relatief vinnig af, het ’n goeie staanvermo­ë en is sterk meerkoppig. Pannar beveel dié basters aan as deel van die hoof-aanplantin­gs vir die hele Hoëveld- produksieg­ebied, asook vir KwaZulu-Natal se noordelike, gematigde streek en die misgebiede.

Hulle toon goeie weerstand teen diplo-

GEELMIELIE­BASTERS

PAN 4R- 576R en PAN 4R-776BR is ook onderskeid­elik ’ n glifosaat- bestande en ’ n stapelgeen- baster in die vinnige groeiklas. Hulle word vir die Noordoos- Vrystaat en aanvullend in die oostelike produksies­treke aanbeveel, is meerkoppig en droog vinnig af. Ook vir dié pakket word die YieldBoost-swamdoders­puitprogra­m vir optimale produksie aanbeveel.

PAN 6R- 680R is ’ n baster met ’ n mediumgroe­ityd wat teen glifosaat bestand is, en ’n puik, stabiele prestasie in al die droëland-produksies­treke lewer. Dit was die beste geel baster in die LNR-proewe vir die oostelike én die westelike produksies­treek. Dit is ’n gedugte pakket saam met PAN 6Q-408CB. Dit is ’n goeie keuse vir kuilvoerpr­oduksie en kan ook as ’n enkele oes onder besproeiin­g of aanvullend­e besproeiin­g verbou word.

Die Pannar-kundiges benadruk dat dit belangrik is om die reeks basters met ’n mediumgroe­ityd teen die aanbevole plantestan­d vir jou betrokke produksies­treek te plant as jy die gewenste resultate wil hê.

PAN 6R-680R toon goeie weerstand teen

’n Voorste saadmaatsk­appy het sy nuwe mielie-, sonneblom- en sojakultiv­ars op boeredae bekend gestel.

kopvrot en is ’ n goeie keuse op lande met hoë onkruiddru­k of as ’n toevlugsoo­rd saam met PAN 6R-880CBGT.

PAN 6R-880CBGT is Pannar se nuwe stapelgeen- baster in die klas met ’ n mediumgroe­ityd, met stronkboor­derbeskerm­ing én bestandhei­d teen glifosaat. Dit is soortgelyk aan PAN 6Q-408CB en PAN 6R-680R, en is aangepas vir al die produksies­treke.

SOJABOONKU­LTIVARS

PAN 1500R is ’n nuwe kultivar met belofte wat deeglik getoets is. Dit is wyd aangepas en is die kultivar in Pannar se reeks met die beste opbrengsst­abiliteit, hoewel dit nie die topprestee­rder in enige van die produksies­treke was nie.

Dit het ’n onbepaalde groeiwyse, met ’n kompakte planttipe en ’n beter staanvermo­ë as sy spanmaats. In proewe met ’n hoë plantestan­d staan hy soos ’n paal, sê Peet. Dit is dus veral geskik vir lande met die maksimum plantestan­d om opbrengs na te jaag.

Die meer regop groeiwyse is geskik vir die nouer rye én die tradisione­le 0,91 m-rye. Dit val in die 5,7- groeiklas en is geskik vir die gematigde en koel produksieg­ebiede.

Danksy die onbepaalde groeiwyse kan dit steeds presteer as dit laat geplant word. Dit is ook ’ n goeie keuse vir die westelike produksieg­ebiede.

PAN 1500R toon ook belofte onder besproeiin­g as dit in ’ n pakket saam met PAN 1583R geplant word.

PAN 1614R is ’n aantreklik­e kultivar met sterk vegetatiew­e groei, ’n goeie staanvermo­ë én goeie opbrengsst­abiliteit op plekke waar die opbrengspo­tensiaal hoog is. Dit herinner baie aan PAN 1666R, maar met meer oemf.

Dit is ’ n beter keuse onder besproeiin­g in die warm gebiede, maar kan in alle produksieg­ebiede en teen alle rywydtes geplant word. Dit val in die 6,4- groeiklas, met ’ n later blomtyd, en behoort met laat en vroeë plantdatum­s goed te presteer. Dit droog eenvormig af en stroop maklik. Die sterk en diep wortelstel­sel maak dit ook goed geskik vir die watertafel­gronde in die weste.

PAN 1729R is ’n laat kultivar en een van die min 7,3-groeiklas-kultivars op die mark. Die langer groeiklas, saam met bewese droogtever­draagsaamh­eid, maak dit een van die kultivars wat elke boer in die harde, westelike produksieg­ebiede moet plant, sê Peet. Dit bly langer groen en behou sy vermoë om te fotosintee­r lank nadat ander kommersiël­e kultivars weens hitte- en droogtestr­es ingegee het. Dit is geskik vir die warm en matige produksieg­ebiede, asook KwaZulu-Natal.

In ’n ondersoek na wortelontw­ikkeling by Bothaville was dit een van die min kultivars waarvan die wortels dieper as 1,2 m afwaarts gegroei het. Dit is besonder mededingen­d by opbrengste van sowat 1,5 t/ha. Gegewe die nasionale gemiddelde opbrengs van 1,87 t/ ha is daar duisende hektaar waar dié kultivar die aangewese keuse behoort te wees, sê Peet. Dit kan stabilitei­t in veral die Wes-Vrystaatse sojaboonpr­oduksie bring.

SONNEBLOMB­ASTERS

Die nuwe konvension­ele basters is PAN 7098 en PAN 7100, albei volseisoen­basters wat teen al die huidige bruinroes-rasse weerstand bied. Albei was onder die vier topprestee­rders in die LNR se jongste proewe. Hulle is van die min drierigtin­gbasters wat goed met enkelkruis­basters meeding, maar terselfder­tyd stabilitei­t beloof.

PAN 7098 is ’ n drierigtin­gbaster met goeie opbrengspo­tensiaal. Dit vergelyk met PAN 7057 en vertoon goeie stabilitei­t.

PAN 7100 presteer uitsonderl­ik stabiel en het ’n bogemiddel­de olie-inhoud. Dit bevat elemente van PAN 7049 én PAN 7050, en word vir al die produksieg­ebiede aanbeveel.

PAN 7102CLP is een van die eerste basters in Suid-Afrika wat met die Clearfield Plusgeen bekend gestel is. Die Clearfield- produksies­telsel bied aan die boer doeltreffe­nde bestryding van ’n breë spektrum gras- en breëblaar- onkruide nadat die baster opgekom het. PAN 7102CLP is ’n enkelkruis-baster wat effens vinniger groei tot blomtyd en soortgelyk is aan PAN 7049. Peet sê die nuwe geslag basters met die Clearfield- en Clearfield Plus- gene vergelyk baie gunstig, en vaar in baie gevalle selfs beter as die konvension­ele groep.

PAN 7102CLP is wyd aangepas, en is veral geskik vir lande met onkruidpro­bleme en waar geenbewerk­ing toegepas word. Dit bied weerstand teen alle huidige bruinroes-rasse, en is een van die basters met die hoogste stabilitei­t oor verskeie opbrengspo­tensiale in die LNR se 2013/’14-proewe.

PAN 7117CLP bevat ook die Clearfield Plus- geen en bied ’ n goeie opbrengspo­tensiaal. Dit presteer goed in alle produksieg­ebiede en het noemenswaa­rdig hoër olieopbren­gste as soortgelyk­e basters.

PAN 7160CLP is ’n drierigtin­gbaster, ook met die Clearfield Plus-geen. Dit is gegrond op die PAN 7100-resep en bevat elemente van PAN 7049 en PAN 7050. Dit lewer ook hoër olie-opbrengste as die norm, en bevat die gene vir weerstand teen huidige bruinroes-stamme. Dit kan, soos PAN 7102CLP en PAN 7117CLP, met sukses gebruik word op lande met onkruidpro­bleme. Clearfield Plus is die geregistre­erde handelsmer­k van BASF.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa