Landbouweekblad

Volhoubare boerdery

-

Danksy vooruitgan­g in biotegnolo­gie kan boere reeds aansienlik meer produseer op dieselfde oppervlakt­e as vroeër. Alles dui ook daarop dat droogtewee­rstandige mielies binne die volgende paar jaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, onderworpe aan goedkeurin­g.

Intussen help biotegnolo­gie boere om onkruide en insekte by mielies baie doeltreffe­nder te bestry met minder chemikalie­ë wat die omgewing beskadig.

Hans Lombard skryf hier oor boere wat, te midde van uiters droë omgewingst­oestande, die vrugte van hul kultivarke­use pluk.

KNELLENDE DROOGTE

Boere op Mpumalanga se Hoëveld wat verlede somer kwaai gebuk gegaan het onder ’n knellende droogte het nogtans goeie mielie-oeste behaal danksy goeie bestuurspr­aktyke en die gebruik van moderne tegnologie, soos goeie genetiese materiaal en geneties modifiseer­de (GM) mieliekult­ivars.

Twee boere wat besonder goeie opbrengste behaal het, is mnre. Hannes Geldenhuys van die 

Volhoubaar­heid in boerdery behels ekonomiese volhoubaar­heid en die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne.

 Geldenhuys-boerdery van die plaas Rietvallei, en Carel Kriek van die plaas Modderfont­ein, albei van Heidelberg, Mpumalanga.

Hannes het 530 mm reën gekry vergeleke met die gemiddelde van tussen 900 mm en 1 000 mm in normale reëntye. Hy het 700 ha van Monsanto se geel mielie GM DKC73-74BR GEN en 800 ha van die wit baster DKC78-45BR GEN op droëland geplant.

“Ek plant die afgelope tien jaar Bt- mielies. Met konvension­ele mielies was my opbrengs gemiddeld 3,5 t/ha. Met Bt-mielies was my opbrengs op lang termyn gemiddeld 2 ton/ha meer. Verlede jaar het ek gemiddeld 6,7 ton geel mielies en 7 ton wit mielies per hektaar geoes.”

Hy het die geel mielies op 11 November 2013 en die wit mielies op 29 Oktober 2013 geplant en in Junie verlede jaar gestroop.

“Ons groot probleem met konvension­ele mielies was stronk- boorderska­de en die druk op arbeid. Die afgelope tien jaar het ek nog geen stronkboor­derbesmett­ing ondervind nie. Ek pas die toevlugare­areël baie streng toe.

“’n Ander ernstige probleem is mieliekewe­r. Ons bekamp dit nou suksesvol danksy saadbehand­eling,” sê Hannes.

Sy plantestan­d was 40 000 per ha met rywydtes van 0,96 m. Hy spuit die land vóór planttyd met onkruiddod­er om veral opslagmiel­ies te bekamp. Hy spuit Roundup PowerMAX wanneer nodig vir

® laat ontkiemend­e onkruide in die agtblaarst­adium. Kankerroos is die grootste probleem. Hy het met planttyd vloeibare 5:3:2-kunsmis teen 250 kg/ha toegedien en later die korrelbeme­sting 6: 3: 3 (32) teen 320 kg/ha.

WINS-EIENSKAPPE

DKC78-45BR GEN het ’ n besonder hoë opbrengspo­tensiaal, is meerkoppig, het goeie siekteverd­raagsaamhe­id, is ’n kort plant met ’ n uitstekend­e staanvermo­ë en het ’ n goeie hitte- en droogtever­draagsaamh­eid. DKC73-74BR GEN het ’n hoë opbrengspo­tensiaal, ’n goeie staanvermo­ë en presteer goed op droëlande in die ooste én weste.

Op ’n vraag of sommige diere weier om GM mielies te vreet en of Roundup Ready-kultivars enige nadelige uitwerking het op mense wat dit hanteer, soos be- weer word deur sommige mense wat gekant is teen GM gewasse, sê Hannes: “Dit is alles onwaar. Ek voer die afgelope tien jaar my beeste en hoenders GM mielies. My kuilvoer is GM. Ek verkoop aan bure met melkerye en nog geen weerstand is ondervind nie. Dieselfde wat Roundup Ready aanbetref. Geen nadelige probleme is ondervind nie. Ek sal nooit teruggaan na konvension­ele mielies nie.”

Hy boer saam met sy vrou, Magda, sy skoonseun, mnr. Martin Lourens, en sy drie dogters, Alta, Marelie en Anelia. Alta is ’ n predikant verbonde aan die Klipkerkge­meente, Heidelberg, maar is tydens haar afnaweke op die plaas. Die boerdery bestaan ook uit ’ n voerkraal en Boran- stoetery. Almal het ’n aandeel in die stoetery.

Mnr. Carel Kriek het in Januarie verlede jaar slegs 39 mm reën gekry teenoor die gemiddelde van 133 mm vir Januarie.

opbrengsve­rmoë van die grond.

Carel hou sy mielies op die plaas in silo’s waarin 6 000 ton opgeberg kan word. “Ek verkoop wanneer die prys reg is en ek maak seker ek weet aan wie ek verkoop om my geld betyds te kry,” sê hy.

Hy doen ook sy eie proewe op sy plaas saam met landboukun­diges. Verlede jaar het hy 19 kultivars van drie maatskappy­e op die proef gestel voordat hy op DKC78- 79BR besluit het – ’ n mielie met ’ n baie hoë opbrengspo­tensiaal, sterk meerkoppig­heid en met weerstand teen stronkboor­der.

Carel het verlede jaar R60 000 gewen in die presisiepl­anterkompe­tisie van Monsanto en Cerealis Precision.

 ?? FOTO: HANS LOMBARD ?? Mnr. Hannes Geldenhuys (regs) en sy skoonseun, mnr. Martin Lourens, in sy land met die wit mieliebast­er DKC78-45BR GEN. Die opbrengs was gemiddeld 7 ton/ha op droëland.
FOTO: HANS LOMBARD Mnr. Hannes Geldenhuys (regs) en sy skoonseun, mnr. Martin Lourens, in sy land met die wit mieliebast­er DKC78-45BR GEN. Die opbrengs was gemiddeld 7 ton/ha op droëland.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa