Landbouweekblad

Ramp vir veeboere nog nie in sig

-

Bedryfslei­ers i s dit eens dat kleinveebo­ere tans nie oor ramptoesta­nde kan kla nie. Dit gaan in die algemeen goed met die kleinveebe­dryf, die wolpryse is goed, asook dié vir bokhaar en vleis.

Die kosteknypt­ang van die droogte i n hoofs aaklik die s aaigebiede van die Vrystaat en Noordwes en in dele van die Karoo gaan egter binne die volgende twee tot drie maande hard en duidelik deur die veebedryf gevoel word wanneer die vlakke van die mielieprys in ’n marktekort vasgestel word. Dit sal die prys van stoorlamme­rs en speenkalwe­rs vir die voerkraal laat tuimel.

CMW se veilings het vanjaar op ’n hoë noot begin toe wêreldreko­rds vir onderskeid­elik ’ n Angoraram- en SA Boerbokooi opgestel is.

Op die Willowmore- veldramvei­ling wat op 15 Januarie gehou is, is ’ n Angoraram van mnre. Billy en Fred Colborne teen R118 000 aan mnr. George Stegman, ook van Willowmore, verkoop. Die vorige hoogste prys vir ’n Angoraram was R111 000 wat langer as 30 jaar gelede betaal is.

Mnr. Chris Troskie, hoof van CMW se vee- afdeling, sê die gemiddelde Angoraprys wat vir veilingsra­mme betaal is, het van R6 000 in 2013 tot R10 000 vanjaar gestyg.

Troskie se ondervindi­ng met veilings onder CMW se beheer, is dat die gemiddelde prys van die ramme in die algemeen met sowat R1 000 per ram gestyg het.

Die aanbod van ramme ten opsigte van die Merino’s, DohneMerin­o’s, Vleismerin­o’s, Angorabokk­e en Boerbokke word op bykans ál die veilings verkoop.

Veral in die Suid- en die WesKaap is die gemiddelde prys van die Dohne-ramme baie hoër as in die droër binneland.

Wat die ooie betref, is die mark onder druk en die gemiddelde prys van R2 000 per ooi word tans nie meer behaal nie.

Dit wissel nou rondom R1 500 per ooi.

“Die pr ys van slagvee bly meer konstant as in die verlede. Dit kan toegeskryf word aan die verskillen­de abattoirs wat hul eie voerkrale bedryf en karkasse word nie meer goedkoop weggegee nie,” sê hy. Dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder f i nansiering­sdienste van BKB, stem saam met Troskie se siening oor die ooimark.

Goeie ramme behaal egter steeds betreklik hoë pryse.

Die droër toestande in sekere dele beperk die aankoop van troppe ooie, veral deur groot kommersiël­e produsente wat nie weiding het nie.

Volgens Oberholste­r het van sy kliënte by Steynsburg aangedui dat hulle op sommige plekke die afgelope drie jaar slegs 4 mm reën per jaar gemeet het. Sodra dit begin reën en produsente wil hul kuddes uitbrei, sal die prys vir ooie weer styg.

Opkomende boere vind baat by die huidige mark, aangesien hulle goeie teelmateri­aal teen billike pryse kan bekom.

Mnr. Koos van der Merwe, van Karoo-Vleisboere-koöperatie­f (KVB) sê uit die distrik VictoriaWe­s se bemarkings­iklusse van die afgelope dekade het boere sterk na Merinoprod­uksie oorgeslaan.

“Victoria-Wes, wat oor die jare bekend gestaan het as die distrik met die meeste Merino- stoeterye, het tans sowat 40 Merinostoe­terye. Sowat vyf boerderye het slegs Dorpers en sowat vyf Merino’s én Dorpers,” sê hy.

Victoria- Wes se ramklub het op sy onlangse veiling 42 ramme teen gemiddeld meer as R6 000 stuk verkoop, wat beter as die vorige jare was.

Van der Merwe sê die heersende droë toestande gaan sy tol in die gebied se kleinveepr­oduksie eis. Om die sukses van die afgelope veiling te herhaal, sal bykomende bydraes van die klub verg.

Tans is daar min slagdiere in KVB se bedienings­gebied (soos oor groot dele van die land) beskikbaar. Die slagprys vir lammers is R54 tot R55/kg, vir groot skape sowat R37/ kg en dit bly traag. Die prys vir voerkraall­ammers is rondom R24/kg en die vraag daarna is redelik goed.

Volgens Van der Merwe is een van die onsekerhed­e wat die plaaslike vleisprys kan beïnvloed, die aanbod van slagdiere uit Namibië.

Mnr. Gaffel du Plessis, produksieb­estuurder van Konsortium­Merino, sê in sekere dele van die Karoo, soos die gebied by Merriman, is dit volgens die inwoners die droogste die afgelope twee dekades.

In 2013 is sowat 170 mm reën aangeteken en in 2014 was die j aarlikse reënval 160 mm by Merriman, tot 90 mm onder die gemiddelde op lang termyn.

Dit het meegebring dat die ramme op sowat 60 kg gesukkel het om uit te groei. Die volwasse ooie het die strawwe toestande goed bemeester en hul kondisie vir Konsortium se Februariev­eiling was goed.

Die droogte in dele van die somersaaig­ebied en in sekere dele van die ekstensiew­e veeweigebi­ede is nog nie rede tot kommer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa