Grond: Hou kleiner boere in hart van landbou
As Suid-Afrika die ongelyke verdeling van landbougrond wil takel, is ’n grondplafon nie die beste manier nie. Die oplossing is ook nie om die grond van boere wat op ’n klein en mediumgrootte skaal boer die enigste teiken vir herverdeling te maak nie.
DI E ge l ukkige t oeval va n Suid-Afrika is die diverse ekologie wat dit moontlik maak om soveel verskillende landbouprodukte te produseer. Ongelukkig verskil die klimaat en hulpbronne wat dié diversiteit veroorsaak, nogal drasties in die land.
In die minder gunstige landbougebiede moet boere hou by die enkele produkte wat daar werk, terwyl besproeiingsboere in sekere dele van die land die weelde het om skaars besproeiingswater te gebruik om die winsgewendste produkte te produseer.
En daar is, soos die dobbelsteen nou maar val, boere wat met groot, vrugbare plase en gunstige boedels weggespring het, terwyl by vele wit boere nog
LINKS: Vindingryk. As daar kommer is oor voedselsekerheid in Suid-Afrika, moet die koringboere in die Wes-Kaap – wat ’n wankelende bedryf aan die gang hou – ondersteun word.
’ n subsidiedividend in die pakkie is vergeleke met hul swart eweknieë. Dus, nog diversiteit.
GROOTTE IS KOMPLEKS
Ek het van 2010 tot 2013 die winsstrategieë van 141 boere in die Agri Letaba-gebied, die SuidKaap en Namakwaland ondersoek. Benewens die feit dat ek beïndruk is met die kommersiële boere se vindingrykheid, het ek opnuut besef dat boerdery-omvang nie bloot ’ n kwessie van oppervlakte is nie. Klimaats- en ekologiese beperkings, natuurlike hulpbronne, die beskikbaarheid van infrastruktuur, skaal en kapitaalbelegging wat op winsgewendheid volg, moet ook in berekening gebring word. Boonop is grootte, skaal en omvang dikwels ’n keuse.
Met toegang tot water, moderne besproeiingstegnologie, goeie bestuur en produktiewe kultivars wat in aanvraag is in die res van die wêreld, kan ’ n boer in Limpopo ’ n omset van meer as R100 miljoen behaal op byvoorbeeld 2 000 ha. Daarenteen sal dit moeilik wees om ’n fraksie daarvan op 10 000 ha in die ekstensiewe veeboerderygebiede te behaal.
Vir boere in die vrugbare ooste en noordooste van Suid-Afrika gaan ’n grondplafon dus eerder ’ n geleentheid wees om uit te brei, maar dit is juis in dié gebiede waar soveel meer mense by toegang tot grond baat kan vind. Waar gaan grond vandaan kom om húlle in mnr. Gugile Nkwinti se plan van 12 000 ha per boer te ’n plek te gee?
Daar is ook mense wat meen dat die herverdeling van grond liewer apart van die 100 boere wat na bewering vir 70% van Suid-Afrika se voedselsekerheid verantwoordelik is, moet plaasvind. Dit is ’ n syfer waarmee ons in elk geval baie versigtig moet omgaan. Lees net weer die artikel “Sonder data kan landbou onderskat word” ( LBW, 25 November 2011) waarin dr. Frikkie Liebenberg van die Universiteit van Pretoria sê hoe onbetroubaar Suid- Afrika se landboustatistiek geword het en watter ongetelde skare van boere daar in ons land is.
As ons oor voedselsekerheid praat, moet ons kyk na die koringboere in die Wes- en Suid- Kaap wat ’ n wankelende koringbedryf staande hou deur heeltyd nuwe planne te maak. En na skaap- en beesboere wat – ondanks gebrekkige pad-, kommunikasie- en maatskaplike infrastruktuur – help om hul afgeleë plaaslike ekonomieë aan die gang te hou. Hulle help ook strukture in stand hou wat nuwe bruin en swart boere bevoordeel. Dit is egter nie mense wat na die gesprekke met regeringsleiers genooi word en dus ander perspektiewe op dié forums kan gee nie.
KLEINER BOERE IS BETER MENTORS
Alle boere wat nou nog boer, is vindingryk, bekwaam en kan ’n plan maak, maar kleiner boere het geleer om goedkoper planne te maak. As ’n mens na die krimpende begroting vir die landbou kyk, sal dit by hulle wees wat nuwe toetreders tot die landbou dalk die meeste sal moet leer.
Dit sou daarom onwys wees om kleiner boere met uitsonderlike vaardighede en kundigheid uit die landbou se DNS te sny en so te sê landbougenetiese modifikasie toe te pas. Om te sê behou die 100, of hoeveel ook al, groot boere en laat die ander plek maak vir grondhervorming, lyk na ’n nuwe tipe maatskaplike ingenieurswese, wat mos nie meer in Suid-Afrika gedoen word nie.
Suid-Afrika het boere van alle groottes in alle boerderygebiede van die land nodig. Ons het die vernuf van groot én klein boere nodig om nuwe toetreders te help. Ons moet verstandiger en blywender planne maak en harder en baie meer sáám dink oor hoe om eienaarskap van grond meer gebalanseerd te maak.
DIESELKORTINGSEISE kan moontlik vanaf 1 April 2016 deur ’n afsonderlike stelsel ingedien word. Eise word tans deur die stelsel vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) ingedien.
Volgens me. Marika Muller, adjunk- woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), word die stelsel hersien omdat sommige ondernemings nie nou voordeel kan trek nie, terwyl ander glo eise indien wat buite verhouding is. Die Nasionale Tesourie en die SAID gaan die betrokke bedrywe raadpleeg en dan regverdiger reëls en administratiewe prosedures ondersoek.
LOGBOEKE
Muller sê nie-nakoming is gewoonlik ’n gevolg van onvoldoende rekordhouding en verskille oor interpretasies. Verkeerde eise deur boere hou ook onder meer verband met die nie-nakoming van die 80:20-toedelingsreël, ingevolge waarvan ’n boer net kan aanspraak maak op ’n terugbetaling van 80% van dit wat hy reeds bepaal het hy op geregtig is.
Nog ’n kwessie wat boere raak, is “nat” teenoor “droë” subkontraktering. Dröe subkontraktering is waar die primêre produsent diesel koop en dit verskaf aan ’n subkontrakteur aan wie hy sy primêre produksie uitgekontrakteer het. Nat kontraktering, waar die subkontrakteur self die diesel koop, kom nie in aanmerking vir Die dieselrabatstelsel gaan waarskynlik verander. Onvolledige logboeke is een van die probleme op die oomblik. Die Tesourie en Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan wyd raadpleeg.
OPKOMENDES MOET ‘GRADUEER’
“Ons strategie is om sakeplanne vir ondernemings wat 100% aan swart mense behoort, sowel as aandeleskemas te ondersteun en te bemiddel. Een van ons beginsels is om seker te maak dat nuwe, swart boere vanuit die opkomende sektor ‘gradueer’ sodat ons die weg baan vir nóg meer nuwe toetreders. Dit sal die maatstaf vir ons sukses wees,” het mnr. Nicholas Dicey, voorsitter van Hortgro, tydens die bekendstelling in die Paarl gesê.
Volgens Dicey is hul visier op verhoogde produksie, beter produkte en groter toegang tot nasionale en internasionale markte. Hulle wil ook tegniese vaardighede en hulpbronbestuur opskerp en die maatskaplike verbintenis by groepe verhoog.
Mnr. Pitso Sekhoto, voorsitter van DFDC-SA en kommersiële boer in die Vrystaat, sê danksy dié plan sal die bedryf 15% tot 20% oor die volgende 15 jaar groei. Dit sal help om nuwe markte, soos China, volhoubaar van vrugte te voorsien. “Ons het welaf kommersiële boere in hierdie land, asook opkomende swart boere. Dié twee groepe moet byeengebring word sodat die ekonomie ons almal vorentoe sal laat gaan. Almal in die bedryf moet nader aan mekaar werk en werksgeleenthede skep.”
Hy sê hulle gaan ook sowat 2 000 ha teen ’n koste van R700 miljoen in die Vrystaat ontwikkel.
VERSKEIE GELDBRONNE
Mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro, sê sowat R350 000 per ha is nodig vir die nuwe aanplantings en infrastruktuur. Die uitdaging gaan wees om regeringstoelae en “sagte lenings” van private beleggers daarvoor te kry. ’n Statutêre heffing wat vrugteboere jaarliks betaal, sal ook gebruik word om dit te finansier.
“Ons verwag daadwerklike deelname via die distrikskomitees (soos uiteengesit in die Nasionale Ontwikkelingsplan) in die streke waar ons produkte geproduseer word. Dieselfde prosesse sal gebruik word om grond te kry en begunstigdes te identifiseer.”
– LUCILLE BOTHA