Landbouweekblad

Wat jy glo, is wat jy sal ontvang (Angus Buchan)

- ANGUS BUCHAN

Ek het onlangs op ’n stelling afgekom wat lees: Ek glo, daarom is ek. Dit is van Joodse herkoms en was in die verlede altyd ’n woord van aanmoedigi­ng vir die volk van Israel totdat die staat van Israel tot stand gekom het. Die Israeli’s het vir jare gewerk om die woestynlan­d en klipriwwe in plantasies van olywe en dadelpalms te omskep en het maniere gekry om die plase te besproei en vrugte en groente te kweek, selfs piesangs.

Dit is nie maklik nie, maar met deursettin­gsvermoë, geloof en harde werk kan ons almal sukses in ons ondernemin­gs behaal en ons doelwitte in die lewe bereik.

Ons staan vanjaar voor nuwe uitdagings en moet die Here se aangesig opsoek om Sy wysheid en raad vir elke situasie te verkry. As Christene moet ons tyd in Sy teenwoordi­gheid deurbring om duidelike riglyne vir die ondernemin­g en boerdery te kry.

Ons as boere berei die land voor en plant die saad, maar dit is God wat die saad laat ontkiem en groei. Die Bybel sê geloof is om te glo wat jy nie kan sien nie, maar die beloning van daardie geloof is om uiteindeli­k te sien waarin jy geglo het.

Soms kyk ek terug op my lewe en onthou dan hoeveel keer ons ons in ’n oënskynlik onmoontlik­e situasie bevind het, met geen uitweg nie, byvoorbeel­d die gevolge van onverwagte veranderin­gs in die weer, wisselvall­ige ekonomie, stygende brandstofp­ryse en arbeidskos­te. Wanneer ons dan vir die Here om hulp gevra het, het Hy ons elke keer gehelp om deur die moeilike tye te kom.

Ek onthou een Paastyd jare gelede het ’ n brand op ons plaas ontstaan. Dit was uiters droog en die brand het naby aan die grens met ’n houtmaatsk­appy gewoed. Dit was bykans onmoontlik om te keer dat die vlamme na die plantasie bome net anderkant die plaasgrens versprei.

Hoewel daar nie ’n enkele wolk in die blou lug was nie, het ek desperaat tot die Here gebid en Hom gevra om reën te stuur. Die wind het skielik bedaar en groot wolke het uit die suide aangekom. Die son het verdwyn en groot druppels reën het begin val. Dit was ’n wonderwerk van God, vertrou net op hom.

Lekker boer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa