Ontsluit reusewaarde van unieke vleis
Min boere en vleishandelaars is bekend met die wetlike aspekte van vleishandel. Daarom bied die sertifiseringskema vir Karoovleis van Oorsprong ’n manier vir boere, slagplase en kleinhandelaars om aan Suid- Afrikaanse wetgewing te voldoen.
Daarbenewens is die oorsprong van voedsel ’n nuwe verbruikersneiging in die voedselbedryf, en natuurlik soek verbruikers waarborge daarvoor. Verbruikers het deesdae die behoefte om die oorsprong, geskiedenis en gesondheidswaarde van kos te weet en te verstaan. ’n Unieke smaak en die gedagte om regstreeks met jou produsent te kan praat oor die produk wat jy aan die etenstafel geniet, is iets waarna vele streef. Die stories oor kos is iets wat die maaltyd interessant maak en samesyn tussen vriende en familie optower.
Dit is danksy dié neiging dat produkte, soos Karoolam, geweldige aftrek kry in die media. Selfs prof. Tim Noakes sê deesdae dat ’n dieet met Karoolam as basis gesond is.
In die unieke reputasie van die naam “Karoo”, en spesifiek “Karoolam”, lê groot kommersiële waarde opgesluit. Baie entrepreneurs skroom glad nie om die woord “Karoolam” te gebruik nie, al kom die vleis nie eens uit die Karoo nie. Menige restaurant kondig met trots op hul spyskaart aan dat hulle “Karoolam” bedien. As jy dan die sjef konfronteer oor waar in die Karoo die lam vandaan kom, kry ’n mens antwoorde soos “ek weet nie”, “Malmesbury/ Gouda” of “Christiana”. In wese word daar vir die verbruiker gejok. Verder word die arme Karooboere ingeloop omdat hulle nie die regte waarde vir hul produk kry nie.
Die meeste Karooboere weet hulle lewer ’ n unieke produk, maar min van hulle is in staat om waarde toe te voeg en dit na die verbruiker te versprei. Hul produk vorm deel van die kommoditeitsmark en verdwyn in die niet tussen lammers van voerkrale, ander streke van Suid- Afrika ( en selfs Namibië) en word dan in kettingwinkels onder onïnspirerende, vaal name, soos free range of natural, verkoop.
Hierdie bekommernis oor die misbruik van die naam “Karoo”, asook die feit dat Karoolam nie sy regte prys kry nie, het daartoe gelei dat Karooboere in 2009 ’n versoek aan die Karoo-ontwikkelingstigting (KDF) gerig het om Karoolam te beskerm, soos sjampanje en parmaham in Europa.
Omdat Suid-Afrika nie spesifieke wetgewing het om streeksname te beskerm nie, moes die KDF bestaande wetgewing gebruik om ’ n manier te vind om Karoovleis van Oorsprong te beskerm.
ONWETTIG
Dit is onwettig om die woord “Karoolam” op vleis of vleisprodukte aan te bring tensy jy aan sekere wetlike voorskrifte voldoen. Wette wat die gebruik van die woord “Karoolam” op vleis reguleer, is die Wet op Landbouprodukstandaarde en die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels.
Ingevolge artikel 15 van die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) is Regulasie Nr. R. 863 (Regulasies betreffende die klassifisering en merk van vleis bestem vir verkoop in die Republiek van Suid-Afrika) op 1 September 2006 uitgevaardig. Regulasie 23(2) van die klassifiseringsregulasies stipuleer dat geen gehaltemerk op ’n karkas of op die vleis daarvan aangebring mag word nie. ’n Gehaltemerk word beskou as ’n aanduiding wat die verbruiker kan beïnvloed in sy of haar keuse wanneer die vleis gekoop word. Dit sluit dus die oorsprong van die karkas in. Dit word algemeen aanvaar dat “Karoo” ’n gehaltemerk is. Spesiale toestemming moet dus gegee word indien ’n mens of ’n instansie ’n gehaltemerk op karkasse en die vleis daarvan wil aanbring. Die regulasies maak voorsiening vir ’n “handelsmerkregistrasie” om in die rolmerk gebruik te word (en maatreëls word gegee vir stempelmerke).
Regulasie 23( 1) stipuleer egter dat geen misleidende inligting op ’ n karkas of vleis mag verskyn nie – dus, indien ’ n mens of ’ n instansie ’ n gehaltemerk wil aanbring, moet dit aan iets gekoppel word, anders is dit misleidend.
Dit is waarom ’n protokol by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye geregistreer word voordat iemand ’ n ge-
Daar lê groot kommersiële waarde opgesluit in sertifisering vanweë die unieke reputasie van die naam “Karoo” en Karoolam. Dit moet egter behoorlik toegepas word om misbruik te voorkom.
LINKS: Karoolam kry groot aftrek in die media. Die misbruik van die woord “Karoo” vir geldelike gewin het die Karooontwikkelingstigting (KDF) genoop om Karoolam te beskerm, soos sjampanje en parmaham in Europa teen uitbuiting beskerm is.
BO: Verpakte vleis met die korrekte etikette en waarmerke.