Nou kry wild ook plek by Stamboek
Luister na mnr. Charl Hunlun se storie oor hoe hy destyds met groot moeite en burokratiese rompslomp die aankoop van die eerste persoonlike rekenaars vir diere-aantekening bewerkstellig het, en jy kan kwalik glo in hoe ’n kort tyd sedertdien tegnologies gevorder is tot wat vandag SA Stamboek se Logix-diens is.
Die elektroniese, internetgedrewe Logix vergelyk gunstig met die beste diere-aantekeningstelsels ter wêreld, ook in Amerika en Europa. Net die lewende diere met rekords op die stelsel beloop meer as 600 000.
Telers uit alle groepe, van vleis- en melkbeeste, tot skape, bokke, perde, varke en wild, hul raadgewers en genootskappe het deurlopend toegang tot hul kuddes se data en verwerkte inligting. Hulle kan nuwe inligting regstreeks via die internet byvoeg. Net sowat 20% van Stamboek se lede stuur nog nuwe inligting op papier in.
Benewens basiese data, soos ouerskap, word ’n swetterjoel ander eienskappe deesdae op versoek vir individuele rasse aangeteken en ontleed. Dit wissel van hoogs spesifieke, soos ultrasoniese karkasmates, tot algemener produksiemaatstawwe, soos speengewig en groeitempo, vrugbaarheidsmaatstawwe en lineêre tellings van bouvorm.
Teelwaardes word sedert verlede jaar in rasontledings met genomiese inligting verryk. Die eerste was Jersey SA se genetiese waardes, wat in Logix se April/Mei-evaluasie vir 2014 genomies verryk is. Sedertdien is Stamboek
se nuwe genomiese seleksiediens heeltyds in bedryf. Die genomiese SNP-inligting van diere wat gegenotipeer is, word gehou in die Stamboek-argiewe (wat Logix se onderbou is). Dit sal mettertyd deel van die onderskeie rasse se verwysingspopulasies vir die ontwikkeling van vollediger genomiese teelwaardes dien.
Plaaslike Bonsmara- telers het reeds bykans genoeg diere laat ontleed om die eerste volledige, plaaslike genomiese ontleding te kan laat doen.
NEDERIGE BEGIN
Die omvattende netwerk van data en diens wat Logix vandag behels, is ’n ver pad vanaf die vroeë 1980’s toe Charl, vandag Stamboek se bestuurder van vakkundige dienste, die algemene gebruik van elektronika onder Suid-Afrikaanse dieretelers gevestig het.
Hy het in daardie jare die destyds revolusionêre BLUP- stelsel na Suid- Afrika gebring, destyds nog via brief, en soms per buitelandse faks en telefoonoproep ( as hy die dag sy base se toestemming daarvoor gekry het) waarlangs hy met prof. Charles Henderson, die vader van BLUP, in Amerika gekorrespondeer het.
Omdat die BLUP-metodologie baie rekenaarkapasiteit vereis (die gelyktydige oplossing van duisende, selfs miljoene gelyktydige vergelykings met ewe veel onbekendes), het Charl besef dat hy nie baie sou vorder tensy hy geredelike toegang tot ’n rekenaar het nie. In daardie stadium het die staat al groot hoofraamrekenaars gehad, maar dit
was moeilik om daartoe toegang te kry. Jy moes motiveer, toestemming kry, projekte registreer, tyd bespreek en op jou begroting daarvoor voorsiening maak. Aan die begin het dit nog met ponskaarte gewerk, wat die hele proses een groot beslommernis gemaak het.
Dít het Charl aangespoor om die volgende groot omwenteling in die bedryf te begin: Die aankoop van die eerste persoonlike rekenaars vir die destydse Departement van Landboutegniese Dienste.
Hy vertel wat ’n stryd dit was om almal, van die aankope-klerke en administrateurs
SA Stamboek se Logixdatastelsel gaan van krag tot krag. ’n Volledige afdeling vir wild is die jongste toevoeging. Lede kan ook uitsien na ’n toepassing wat eersdaags beskikbaar behoort te wees.
tot die afdelingshoof, die direkteur en die rekenaar- afdeling van die departement te oortuig om ’n lessenaarmodel-rekenaar vir gebruik deur net een mens aan te koop. Dit was nog vóór die era van die IBM en ander gewilde persoonlike rekenaars, wat eers in die middel 1980’s algemeen beskikbaar begin word het. Dit het hom feitlik twee jaar gekos voordat hy die eerste rekenaar kon koop.
Dié rekenaar was so suksesvol dat dit baie koppe destyds gedraai het, vertel Charl. Dit was basies die begin van die breër vestiging van persoonlike rekenaars in diere-rekordhouding in Suid-Afrika, die stelsel wat vandag deur Logix omvat word.
GROOT VERSAMELING DATA
Logix, wat sedert 2008 onder dié naam bedryf word, is ’n versameling van databasisse en programme wat in ’n wye spektrum behoeftes vir diere- aantekening in die veebedryf voorsien. Dit sluit telers, eienaars van suiwer geteelde diere, personeel van registrerende owerhede, prestasie-aantekening-agentskappe, amptenare van nasionale en provinsiale regerings, adviseurs, konsultante en verwante bedryfsorganisasies in.
Selfs die polisie se veediefstaleenhede gebruik Logix dikwels met groot nut om oombliklik oor hul slimfone antwoorde op navrae oor eienaarskap te kry, sê mnr. Herman Labuschagne, Stamboek se bestuurder van data- dienste. Hy en ’ n span programmeerders, Nico de Jager, Dina Victor, Jean Hewetson, George Vermeulen en Ben Wheeler, ontwikkel en bedryf Logix.
Logix is basies ’ n koppelvlak op die in- ternet wat aan sy verskillende gebruikers ’n vriendelike en maklike deurgang tot al die betrokke databasisse bied, verduidelik hy.
Met funksionele programroetines en skerms wat deur ’n stel keuse-skerms saamgebind word, voorsien dit ook in ’ n hele reeks spesifieke behoeftes aan inligting en data-uitruiling wat ’n gebruiker sou hê.
Logix skakel data van die plaas om in nuttige en bruikbare bestuursinligting. Vir dié doel is die stelsel só ontwerp dat die meeste bekende sagteware-programme wat telers algemeen op die plaas gebruik, regstreeks via Logix met die onderskeie databasisse kan inligting uitruil. Die verwerkte Logix-inligting kan weer na die plaas se sagteware afgetrek word.
Die genetiese verdienste van ’n kudde of individuele diere kan met ’n enkele oogopslag op Logix bekyk word, wat ook beteken die opstel van byvoorbeeld bestuurs- of veilingverslae is die druk van ’n (Logix-) knoppie ver. Hulle het selfs al ’n Spaanse katalogus vir ’ n Argentynse veiling met die hulp van Logix saamgestel, vertel Herman.
Mnr. Frans van den Berg, bekroonde Bonsmara-teler van die kudde Op-die-Aarde by Reivilo, sonder dié spesifieke diens as onontbeerlike tegnologie op die plaas uit.
Vir hom is weiveldbestuur maklik, maar genetiese verbetering is iets anders. Deur wat hy Logix se “gene-venster” noem, wat gratis tot elke teler se beskikking is, kan ’n boer met een oogopslag sien of sy kudde met die vordering in die ras tred hou, en wat die sterk en swak punte in sy kudde of ’n individuele dier is.
’n Kleinvee-teler, mnr. Dennis Steenkamp van Williston, sonder Logix-verslae as van groot hulp in sy Meatmaster- boerdery uit, spesifiek vir sy ooi- seleksie. Dennis het
‘Selfs die polisie se veediefstal-eenhede gebruik Logix dikwels met groot nut . . .’
BO: Programmeerders agter die immerontwikkelende Logix-aantekeningstelsel in SA Stamboek se voorportaal. Van links is mnre. Ben Wheeler, Frits Voordewind, Nico de Jager, Herman Labuschagne, Stamboek se bestuurder van data-dienste, en George Vermeulen. FOTO: MARLEEN SMITH
ONDER: Die kantoor van waar die Logix-stelsel in SA Stamboek se gebou in Bloemfontein bedryf word, is daagliks ’n miernes van bedrywighede soos data ingevoer, bygewerk en verwerk word.