Landbouweekblad

Deur ’n boer se kameralens

-

Rob Southey, ’n Merinoboer van die plaas Lucernedal­e naby Middelburg in die Oos-Kaap, vang graag die skoonheid van die Karoolands­kap op kamera vas.

Die goue uur, vroeg soggens en laat namiddag, is die Karooboer mnr. Rob Southey (38) se gunsteling­tyd om foto’s te neem – veral van Teebus en Koffiebus, twee koppies naby sy plaas Lucernedal­e by Middelburg. Dié koppies het al ietwat bekend geword danksy sy pragtige foto’s deur die verskillen­de seisoene, in verskillen­de lig- en lugtoestan­de en met verskillen­de voorwerpe op die voorgrond. En as Rob saans sy kamera vat en uitgaan vir nagfoto’s, bêre sy vrou, Kelly ( 35), maar sy kos, want dan vergeet hy maklik hoe laat dit is.

“Deur fotografie ontdek ek die natuurlike skoonheid van die skepping en my kunstalent,” sê Rob, wie se kunstenaar­sma, Trish, se gene hom met komposisie en kleur help.

Toe Ian van Straaten, ’n profession­ele fotograaf van Bloemfonte­in, vir Rob in 2008 by sy suster se troue wys dit is moontlik om die Karoosterr­enag met ’n DSLR-kamera af te neem, was dit die keerpunt. Tot daardie aand het Rob met ’n vyf jaar oue mik-en-druk Nikon Coolpix gespeel, maar die gogga het gebyt en Rob het sy spaargeld gebruik om sy eerste Canon 450D te koop.

“Dit was die mees bekostigba­re en die eerste intreevlak- Canon met ’ n lewende sigfunksie,” sê hy. “Dit is moeilik om in die nag deur ’n oogstuk te kyk, dus is die LCDskerm nuttig met fokus en komposisie omdat ’n mens die beeld daarop kan sien.”

Vandag is daar ’ n Canon 600D en Canon 7D in sy kas. Hy hou ook van sy Canon 24-105mm f4-lens, maar vir landskappe verkies hy sy Tokina 11-16mm f2.8 wyehoeklen­s. Hy gryp ook graag sy Samsung Galaxy X-coverII-selfoon as ’n fotogeleen­theid gedurende die dag se boerdery- aktiwiteit­e opduik. Dié foto’s redigeer hy met die gratis toepassing Snapseed.

GRETIG OM TE LEER

Rob vertel hy het deur die internet en fotoklubs die tegniese aspekte van fotografie bemeester. “Gelukkig het ek vroeg reeds aangesluit by www.outdoorpho­to.co.za (ODP), ’n aanlyn-fotoforum waar ’n mens jou foto’s vir ander mense kan wys en kommentaar en kritiek van medefotogr­awe kry.”

Dié forum kies weekliks puik foto’s in verskillen­de kategorieë. Hy was ywerig om sy

landskapsf­otografie te verbeter en weeklikse “toekenning­s” te wen.

“Ek het baie foto’s geneem van ons dogtertjie Jessica (toe 1 jaar oud), van landskappe, skape, plaastonel­e en sonsopkoms en - ondergange.” Sodoende het hy vinnig opgang gemaak as amateurfot­ograaf en die pryse ingeryg.

Net ’n jaar nadat hy begin het, het hy in Landbou. com se eerste fotokompet­isie ’ n digitale fotoraam gewen met sy wenfoto “Morning Merinos”. In 2012 het “Lightning Tree” hom ’n tweede plek in dieselfde kompetisie besorg. Die prys was drie nagte se verblyf by die Kapama- wildreserv­aat naby Hoedspruit. “Dit was net betyds vir ons tiende huwelikshe­rdenking!”

Hy spog ook met voorbladfo­to’s wat al op Landbouwee­kblad, Farmer’s Weekly, Die Burger (Oos-Kaap), die jaarlikse Merino Focus- joernaal en Merino Breeders Magazine verskyn het. Hy het ook vir die ACVV-tak op Cradock se kalender van 12 Karoo-landskapfo­to’s vir vanjaar ’n spesiale voorbladfo­to geneem. Dit het so ver as Brittanje en Australië reaksie uitgelok.

Kunstenaar­s wat sy Karoolands­kap- foto’s op Facebook sien, vra dikwels toestemmin­g om dit te skilder. Marius Potgieter van Oos- Londen ( http:/ / creativeim­ages. za.net/) het Rob ook al baie gehelp. Hulle het deur die ODP ontmoet.

“Marius het fantasties­e foto’s met ’n Canon 400D geneem. Ek kon nie verstaan hoekom my foto’s met ’ n nuwer model kamera nie naastenby so goed soos syne is nie,” vertel Rob, wat Marius gebel het en ’n paar waarde- volle wenke gekry het. Toe het die tweestryd om die weeklikse wenfoto op die fotoforum begin. Hy steek ook kers op by internasio­nale landskapsf­otograwe op aanlynforu­ms, soos www.redbubble.com en www.500px.com.

UITSTALLIN­GS EN FOTOTOERE

Rob het in Julie verlede jaar sy eerste begeleide Karoo-foto-werksessie­s op sy plaas en in die omgewing aangebied. Binne ses weke het hy 18 besoekers van so ver as Kaapstad, Knysna en Port Elizabeth gehad.

“Baie mense sien my landskapsf­oto’s op die internet en ek het versoeke gekry om ’n kursus aan te bied. ’n Australiër wat via Facebook met my kontak gemaak het, het in November hier by my kom leer. Ek geniet dit om vir die mense te wys wat ek oor die afgelope paar jaar geleer het.”

BOERE VRA FOTO’S

Rob het al Robert en Jean Lord se Waterlea Endurance Horses, die Oos- Kaapse Veldramklu­b se Merinoskap­e, asook Jannie Moolman en Niel Schoombee se Karoo Elite-springbokk­e afgeneem. Vanjaar sal hy vir die vyfde keer die Karoo Mighty Men (KMM)-konferensi­e op mnr. Jannie Moolman se plaas in die distrik Middelburg kiek. Hy help ook toerisme in hul omgewing bevorder en het vir die tydskrif Country Life foto’s geneem van plase in die Schoombee-omgewing wat deel is van KarooSpoor­R56™.

Rob is die vyfde geslag wat op Manor Holme grootgewor­d het. Dis die Southeys se familiepla­as waar hulle al sedert 1860 met Merino’s boer. Nadat hy sy skoolloopb­aan aan St Andrews in Bloemfonte­in voltooi het, het hy meganiese ingenieurs­wese aan die Port Elizabeth Technikon gaan studeer voor hy terug is plaas toe. Hy boer heeltyds saam met sy pa, Julian, wat die voorsitter van SA Merino is en op Manor Holme woon. Sy broer, Stuart (36), woon op Southfield. Rob en Kelly (35) is vanjaar 13 jaar getroud en het drie dogtertjie­s, Jessica (7) en ’n tweeling, Rebecca en Anabelle (17 maande).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LIGGING
Middelburg, Oos-Kaap
LIGGING Middelburg, Oos-Kaap
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa