Landbouweekblad

‘Ek wil met boere praat’

-

Sedert mnr. Senzeni Zokwana die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye geword het ná die verkiesing byna ’n jaar gelede, het hy onderneem om sy deur oop te maak vir die landbousek­tor sodat probleme saam opgelos kan word. Landbouwee­kblad het dié skaapboer ’n paar vrae gevra.

Kan die landbou ’n rolmodel vir nasiebou word?

Een van die instrument­e wat die apartheids­regering gebruik het om mense uit mekaar te dryf en van grond te ontneem, is die Wet op Naturelle-grondbesit van 1913. Om dus wit boere te vra om swart boere te help, is ’n manier om dit aan te pak sodat harmonie bewerkstel­lig kan word.

Ek is baie tevrede met die werk wat die Nasionale Wolkwekers­vereniging doen. Hy het veeteeltpr­ogramme om swart boere te ondersteun. Hy sit ramme van gehalte by die gemeenskap­pe se kuddes sodat beter diere met beter wol geprodusee­r kan word.

Met dié s amewerking ontstaan ’n band tussen mense van verskillen­de agtergrond­e. ’n Boer is ’ n boer, ongeag sy velkleur. As jou skape siek is, voel jy pyn, dit maak nie saak of jy wit of swart is nie. Deur saam te werk en ons kennis aan mekaar oor te dra, kan ons die mark laat groei.

Ek wil met boere praat en hul sienings hoor. ’n Mens moet debatteer en mekaar verstaan. Die Regering het dit reeds duidelik gemaak dat ons nie ten gunste van onteiening sonder vergoeding is nie.

Grondhervo­rming móét egter plaasvind, want ’n plaaswerke­r kan nie ’n plaaswerke­r bly tot hy doodgaan nie.

Wat is jou siening oor ’n nasionale minimum loon?

Boere moenie die nasionale minimum loon as ’n bedreiging sien nie. Hulle moet hul bydraes lewer en onderhande­l oor wat hulle kan bekostig. Jy kan byvoorbeel­d nie verwag dat ’n kleinboer dieselfde as ’n kommersiël­e boer betaal nie. Al hierdie aspekte moet in ag geneem word.

Ons departemen­t van landbou se plig is om markte oop te maak. Daarom is ons verlede jaar na China om ’ n ooreenkoms aan te gaan dat dié land mielies uit Suid-Afrika invoer.

As ’ n boer byvoorbeel­d ’n produk uitvoer, maar sy werker slegs R10 per dag betaal, dan loop hy die risiko dat daardie werker hom nie tot sy werk sal verbind nie.

Identifise­er jou departemen­t plase vir die 50/50-beleid?

Ons is slegs deel van die debat in dié sin dat ons die plase moet monitor en seker maak dat landboupro­duksie plaasvind. Die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming is die leier daar. Ons raak betrokke sodra grond aangeskaf is.

Wat kan gedoen word om boere deur die droogte te help?

Ons moet ons besproeiin­gstelsels verbeter sodat boere in saaigebied­e nie net op die reën staatmaak vir hul produksie nie.

Gesprekke sal daaroor gevoer moet word, want sodra daar ’n tekort is wanneer ’n gewas geoes word, is ons geneig om prysverhog­ings te beleef, wat ’n impak op voedselsek­erheid het.

’n Leser wil weet of ministers nog ’n doel het en of daar nie sommer regstreeks met Luthulihui­s geskakel moet word nie?

Luthuli-huis formuleer beleid vir die regerende party. Ministers hanteer wetgewing, s o ons skakel byvoorbeel­d met boere. Wat grondhervo­rming betref, was daar baie interaksie met boere en ons kon mekaar vind s onder di e i nmenging van Luthuli-huis. Die kennis van boerdery lê nie by die voorligtin­gsbeampte nie, maar by die boer langsaan wat die grond en weerstoest­ande ken. Ons het met Agri SA en ander landbou-unies gepraat en gesê ons moet harmonie in die plaasgemee­nskap bewerkstel­lig en boere aanmoedig om mentors te word.

’n Goeie voorbeeld is die boere van Dicla-plaas in Krugersdor­p wat die boere langs hulle help. Dit bring harmonie tussen boere en verminder spanning tussen swart en wit.

Deur saam te staan kan ons ’n teenvoeter wees vir die misdadiger­s wat boere aanval en hulle vermoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa