Landbouweekblad

Massahiste­rie!

-

Daar is min mense oor wat die tyd d onthou toe treksprink­ane nog ’n werklike verskrikki­ng was.

In ’ n kwessie van ure het reuseswerm­s sprinkane, vele kilometers lank en breed, eendag skielik die son kom verduister en ’ n geheel en al gestroopte aarde agterlaat. Sedert ons weet waar en hoe die swerms ontstaan en self kan vlieg en gif uitgooi, het dié natuurvers­kynsel feitlik verdwyn.

Alle grootskaal­se migrasies is skouspelag­tig. Of dit nou krappe, blouwildeb­eeste, swaeltjies of skoenlappe­rs is, as ’ n klomp diere soos deur een wil gedrewe almal in ’n rigting begin beweeg, is daar iets aardigs daaraan. ’n Mens weet jy het nie meer met individue te doen wat redelikerw­ys in eie belang sal optree nie. Soos met straatbeto­gers en sokkerboew­e, neem ’n soort massahiste­rie oor wat geen ag slaan op die individu se veiligheid of voordeel nie.

Swermmigra­sies is gedrag wat feitlik altyd in ’ n spesie se gene vasgelê is en aan die gang gesit word deur ’n omgewingsi­mpuls. Trekvoëls se gedrag is absoluut en in f yn besonderhe­de in die eier vasgelê. Kuikens uit broeikaste wat geen kontak met ander van hul soort het nie, sal op presies dieselfde tyd en volgens dieselfde roete migreer as hul spesiegeno­te. Die geprogramm­eerde datum van vertrek word deur dagligleng­te bepaal – ’n presiese en onfeilbare kalender elke herfs en lente. Die oorlewings­voordeel van die trekkery is by voëls natuurlik dié van twee somers per jaar.

Daar is baie diere wat sulke ekologiese of seisoensmi­grasies onderneem. Dink maar aan die wildebeest­e van Oos-Afrika, die sardientji­es, die Monarch-skoenlappe­rs in Amerika en vele ander. Die doodshoofp­ylstertmot onderneem selfs seisoensmi­grasies bo-oor die Alpe.

ANDER GEDRAG TREE IN

Sprinkaans­werms volg op goeie reën in die opbougebie­d van daardie sprinkaans­oort. Normaalweg is die sprinkane onskuldige, groen alleenlope­rs wat jy hier en daar kry. Maar hul eiers kan in droogtetye jare lank ophoop en dan skielik almal gelyk uitbroei as die toestande reg is. As die jong voetganger­tjies ’n sekere aantal kere een van hul eie soort teëkom, tree daar skielik ander genetiese gedrag in. Hulle word nou geselskaps­oekerige rooibaadji­es en ontwikkel lang vlerke vir afstandvli­eg. Uiteindeli­k vlieg hulle almal saam weg. Klein swerms sluit by mekaar aan tot ’n groot, rollende wolk ontstaan wat voor gaan sit en agter weer opstyg en alles wat groen is, in sy pad opvreet. Dié swerms is so groot dat geen roofdiere hulle kan baasraak nie.

Die rede vir dié massamigra­sie en gepaardgaa­nde genetiese gedrag is nie so duidelik nie. Miljoene jare gelede was dit dalk ’n manier om elke moontlike teelgebied te ontdek en te beset, maar duidelik het dit nou lankal gebeur en alle swerms sterf uiteindeli­k uit. Hulle kan nie voortplant terwyl hul vlieg nie en sterf uit of beland uiteindeli­k in ’n woestyn of oseaan waar hulle van die honger omkom. Wie steeds baat vind by hierdie migrasies is die minder “histeriese” individue wat agtergebly het en nou weer kan voortplant in ’n omgewing sonder mededingin­g. Dalk gaan die hele proses juis oor hulle.

Kommandoru­spes is die larwes van ’n mot. Ook by dié spesie kry ons geweldige swerms. Die groot konsentras­ies motte word egter selde gesien – dit is eers hul nageslag wat skielik soos ’n groot tapyt oor die grasveld ooprol (al windop) en al wat gras is tot op die wortels afvreet.

KOLONIE SLAAN ‘KAMP’ OP

Rooimiere ( army ants) in die tropiese dele van Afrika vorm ook indrukwekk­ende swerms wat soos ’n weermag deur die veld beweeg. In hierdie geval is dit egter altyd een groot kolonie wat op die trekpad is, elke paar weke nes maak of “kamp opslaan” en dan verder trek en roof.

Maar nie alle migrasies is ooglopend sinvol nie. Die witjieskoe­nlappers wat teen Kersfees in groot getalle in ’n noord-noordooste­like rigting vlieg, is ’n interessan­te voorbeeld van “fossiel-migrasiege­drag”. Belenois aurota se gasheerpla­nt, die witgatboom ( Boscia albitrunca), groei volop in die Noord-Kaap. Die miljoene skoenlappe­rs wat trek, kom nie verder as Zambië voordat hulle deur voëls uitgevang is nie. Maar ses maande later kom daar van Noordoos-Afrika (waar daar ook ’ n droë gebied met Boscia- bome is), groot swerms suid gevlieg. Hulle kom nie verder as Zimbabwe nie.

Dit is redelik duidelik wat hier aangaan. Lank gelede, toe Afrika droër was, was die Boscia’s van Oos- en Suid-Afrika nader aan mekaar en roofdiere op die roete minder. Toe het die witjies seisoensmi­grasie gehad waarmee hulle ’n dubbele getal nageslag kon produseer. Nou werk dit nie meer nie, en wat vroeër ’n uitstekend­e oorlewings­trategie was, is nou ’n noodlottig­e genetiese albatros om die nek (net soos die mens se oordrewe genetiese voortplant­ingsdrang).

Prof. Erik Holm, emerituspr­ofessor, is ’n direkteur en stelselkon­sultant by ZZ2-plase.

 ??  ?? 2
2. ’n Witjieskoe­nlapper.
2 2. ’n Witjieskoe­nlapper.
 ??  ?? 1. ’n Menigte rooimiere op trek. In die middel is ’n groot vliermanne­tjie.
1. ’n Menigte rooimiere op trek. In die middel is ’n groot vliermanne­tjie.
 ??  ?? 3. Voetganger­s van treksprink­ane of rooibaadji­es.
3. Voetganger­s van treksprink­ane of rooibaadji­es.
 ??  ?? 4. Die doodshoof-pylstertmo­t.
4. Die doodshoof-pylstertmo­t.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa