BLY EERDER WEG VAN ‘GOUE’ BOKKE
Die onderhoud met mnr. Louis van der Watt (“Goeie sakebeginsels hou wild volhoubaar”, LBW, 8 Mei) het betrekking.
Hy sê die grootste wanopvatting wat oor die wildbedryf bestaan, is dat dit in ’n borrelsituasie verkeer. Hy sê in dié stadium is daar ’n reusegeleentheid in die wildbedryf om voordeel te trek uit die groot vraag na spesifieke wildsoorte. Uit die onderhoud blyk dit dat hy skaars wild en kleurvariante in gedagte het.
Ek is nie ’ n wildboer of ’ n voornemende wildboer nie. Dit is met bewing dat ek swaarde kruis met ’ n swaargewig, soos mnr. Van der Watt. Ek verskil egter, met respek, van mnr. Van der Watt se somme en in die besonder van sy siening oor die volhoubaarheid van die astronomiese pryse wat tans vir kleurvariante betaal word.
Vir die doeleindes van my skrywe beperk ek my tot een spesie, naamlik gemsbokke.
In dieselfde LBW adverteer boer nr. 1 vyf goue gemsbokke, ’n bul en vier verse, vir R2,25 miljoen, dit wil sê teen gemiddeld R450 000 stuk. Dit staan blykbaar as ’n pakket bekend.
Boer nr. 2 adverteer 200 gewone gemsbokke teen R8 000 stuk. Die verskil in prys tussen die kleurvariant en die gewone gemsbok is dus R442 000.
Dit is gemeensaak dat, afgesien van die kleurvariasie, die nasate van die gewone gemsbokke en die kleurvariante gemiddeld ewe groot gaan wees. Die kleurvariante se nasate se horings sal nie langer wees nie en die vleis se gehalte sal nie beter wees nie. Die enigste logiese afleiding is dat die verskil in prys te danke is aan die feit dat boer nr. 1 daarin geslaag het om (kom ons noem dit by die naam) ’ n natuurfrats te teel. Die gevaarligte moet nou al begin flikker vir enige redelik intelligente mens.
Koper nr. 1 betaal nou die R2,25 miljoen vir sy pakket, hopelik met geld wat hy nie by die bank geleen het nie. Alles gaan voorspoedig (geen vrektes of diefstal nie) en ná ongeveer twee jaar het die koper vier goue gemsbokke om te verkoop. Indien hy die vier kleurvariante verkoop teen die gemiddelde prys van R450 000 stuk wat hy betaal het vir die oorspronklike pakket, kry hy ’n bruto inkomste van R1,8 miljoen op sy belegging van R2,25 miljoen. Skitterend. Maar is dit volhoubaar?
Ek weet nie hoeveel goue gemsbokke in Suid- Afrika en Namibië is nie. Kom ons aanvaar dat daar in totaal 1 000 koeie is. Indien dié koeie ’n kalfpersentasie van 60 het, word daar jaarliks 600 kalwers gebore. Indien die eienaars van die oorspronklike 1 000 koeie elke jaar die volle aanwas van 600 bokke verkoop, moet kopers gevind word wat bereid is om oor ’n vyfjaartydperk ’ n bedrag van R1 350 000 000 te betaal, synde 600 bokke x R450 000 x 5 jaar. In die voorgemelde bedrag is nie ingereken die aanteel oor die vyfjaartydperk op die ope mark nie.
Die leser moet ook onthou dat goue gemsbokke slegs een van vele kleurvariante in die bedryf is. Al hierdie kleurvariante moet natuurlik ook deur die gewillige en bekwame kopers op die ope mark geabsorbeer word.
Indien my raming van 1 000 koeie te hoog is en daar byvoorbeeld slegs 250 teelkoeie beskikbaar is of indien boer nr. 1 se verkoopprys verminder word van R450 000 tot R112 500, verminder die bedrag van R1 350 000 000 tot R337 500 000. Is selfs hierdie bedrag haalbaar en volhoubaar?
Koper nr. 2 wat die pakket van vyf gewone gemsbokke gekoop het teen R8 000 stuk, het R40 000 belê. Indien hy aan die einde van die tweede jaar drie bokke het om te verkoop teen R3 000 stuk, verdien hy R9 000, wat rente van 22,5% oor die tweejaartydperk verteenwoordig. Hierdie model is volhoubaar, want daar is oorgenoeg jagters wat R3 000 sal betaal vir die genot om ’n mooi, groot gemsbok te skiet.
Met respek teenoor alle wildboere met kleurvariante, meen SITRUS-LEKKERTE . . . Me. Linda Lourens is ’n trotse ouma wat dié foto ingestuur het van haar drie kleinkinders tussen ’n klomp lemoene op hul plaas, Ver Verlange, in die Brondal-gebied buite Nelspruit. Van links is Hylgard, Simone en Nicolien Lourens. Die drie se ouers is mnr. Hylgard en mev. Charlien Lourens.
MNR. CARL VAN DER MERWE
van die Koue-Bokkeveld buite Ceres is die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar. Hy boer met appels, pere en perskes. ’n Rekenaarbestuursprogram wat deur hom ontwikkel is, help dié familieboerdery om die vinger op die pols te hou. Lees die artikel op bl. 30.
VERTEL ONS VAN JOU GESIN.
Ek is getroud met Jomari en ons eersteling, Frans, is verlede Februarie gebore. Hy is na sy oupa, Frans Jacobus, genoem. Jomari het juweliersontwerp by Maties gestudeer en het nou ’n klein ateljee by ons huis van waar sy juwele ontwerp.
HET JY STOKPERDJIES?
Ek stel baie belang in musiek en het my sangtalent by my ma, Hannelie, geërf. Ek het al ’n CD, Een uit ’n miljoen, gemaak en onlangs vir my ’n musiekateljee by my huis ingerig. Ek het baie van die musiek vir die CD self geskryf en laat toonset. Ek het so ’n ruk terug ook ’n bergfiets gekry. Ons woon in ’n gebied met baie mooi roetes. Ek is ook voorsitter van ons plaaslike sportklub en is tot ons landbouvereniging se bestuur verkies.
WAAR HOU JULLE VAKANSIE?
My pa-hulle kampeer elke Desember op Hartenbos en ons gaan graag in Junie saam met my skoonfamilie Wildtuin toe. Volgende jaar wil ons Namibië platry.
het? Ek dink nie so nie. Anders as met die dinosourusse kan ons darem met kleur, geur en beweging vir die nageslag wys hoe ’ n renoster gelyk, gevreet, voortgeplant en wat ook al het. Soos ek hier sit en skryf, wonder ek of meer as 0,1% van die mense op aarde al ’n lewende renoster gesien het, ooit sal sien of ooit wíl sien. Sal die aarde enigsins swakker daaraan toe wees as daar niks oor is van ’n dier wat in elk geval niks werd is nie?
Al die hulpbronne wat op die bewaring van ’ n nikswerd dier bestee word, is blatante vermorsing. Kom ons staan eerder saam en kanaliseer die hulpbronne in ’n rigting wat waarde toevoeg, soos hoe om mense sover te kry om op te hou om onbeheersd voort te plant en só die aarde te verwoes. JAN VISSER Pretoria
Ons almal is bewus van al die korrupsie, diefstal en blatante “wangedrag” wat die “staat” (belastingbetaler) miljarde rande kos. Ons hoor van konsultante wat gewone werk probeer doen teen astronomiese bedrae, asook van die honderde komitees en kommissies wat van hierdie sake ondersoek. Ons hoor en sien weinig vordering met sulke sake ( selfs hofsake). Word die skuldiges ooit vervolg en gelde verhaal? Sommiges word wel vervolg, maar soveel ander kry ’n buitensporige “goue handdruk” van miljoene rande – ons belastingbetalers se geld.
’n Mens kry dadelik die indruk dat sekere ministers se doen en late maar summier aanvaar word. Baie van hulle meen hulle is bo enige wet verhewe. Dink aan hul aanstellings wat soveel kere in die verlede in hul gesig “ontplof” het. Die oplossings? Raak ontslae van die amptenaar deur ’n lekker “goue handdruk”.
Sekere departemente verdien volpunte vir rompslomp en onbewaamheid. ’ n Kultuur van praat, praat en beloftes maak is geskep, met weinig, indien enige, gunstige resultate.
’ n Redelike deel van daardie “selfhelp-gelde” kom van belastingbetalers van 80 jaar en selfs ouer. Dit is ’n skreiende skande teenoor die oues van dae wie se rente-inkomste op hul beleggings wegkrimp. Nou begin hierdie ouer mense noustroop trek. Talle van ons ouer garde het ons eie mediese en pensioenskemas en is geensins van staatshulp afhanklik nie. So, waarom hulle ná soveel jare nog belas ?
Bo en behalwe die maandelikse premie van my mediese fonds betaal ek jaarliks sowat R25 000 uit my eie sak vir medikasie. En wat kry ons as ’n subsidie? Slegs 33,3% van die uitgawes.
Ek het ’n paar voorstelle: ■ Wat van ’n bykomende korting
aan diegene bo 80 jaar? ■ Wat van ’ n verlaging van die belastingskoers na byvoorbeeld 10%? ■ Of stel mense bo 80 jaar vry van belasting. Dit kan seer seker haalbaar wees as daar minder diefstal, ensovoorts van staatsinkomste is en minder geld op projekte gemors word voordat behoorlike beplanning gedoen is. Die inkomsteverlies vanweë hierdie vergunning kan dubbel en dwars verhaal word deur oordadige onthaalkoste te verminder. Daar is miljoene mense in ons land wat smag na ’n stukkie kos elke dag. Dan praat ons nie van die bakke oorskietkos wat ná onthale weggegooi word nie. T.J.SCHOEMAN Bloemfontein
ons “’n rustige en stil lewe kan lei, in toewyding aan God . . .”
In die warboel van ellende, korrupsie, onvrede, misdaad, gejaagdheid en beheptheid wat deesdae heers, word die vraag gevra: Bid ons nog soos wat van ons verwag word? Is Suid-Afrika dan nie een van die nasies met die grootste getal inwoners wat Christene is nie?
Maar bid ons nog en bid ons vir die regte mense, met smeking, voorbidding en danksegging? Kan ons nie as Suid-Afrikaners maar weer ’ n daadwerklike poging aanwend om te bid vir mekaar, ons President, kabinetslede, predikante, onderwysers en alle ander mense wat in gesagsposisies is sodat ons ’ n stil en rustige lewe kan geniet in toewyding aan God nie?
Wie weet, dalk herstel die ekonomiese groeikoers, kry ons weer meer reën en volop oeste en raak ons weer ’n welvarende, Godvresende nasie.