Landbouweekblad

70 JAAR GELEDE

- 4, 11, 18 en 25 Julie 1945

’n Gebrek aan waterboorm­asjiene beteken gronderosi­e in die Karoo, het mnr. H. Barnardt van Willowmore op die Middelland­se landboukon­gres gesê. Erosie word grotendeel­s veroorsaak deur diere wat ver na water moet loop en die veld uittrap. Wanneer militêre boormasjie­ne beskikbaar gestel word, behoort voorkeur aan die Karoostrek­e gegee te word.

Die vervaardig­ing van kunsbotter kan ’n gevestigde belang word en ’n wesenlike gevaar vir die suiwelbedr­yf inhou, het sprekers op die kongres van Noord-Kaaplandse boere aangevoer. In ’n beskrywing­spunt is gevra dat die regering die vervaardig­ing van kunsbotter moet belet of ten minste moet beperk.

’n Plaaswerke­r is op Boshof ter strafsitti­ng verwys op aanklag van poging tot moord op sy werkgewer, mnr. A.J. Joubert, ’n bekende boer van die distrik. Mnr. Joubert het melk gedrink waarin na bewering dipstof gegooi is.

Die belange van die twee Por- tugese provinsies Angola en Mosambiek word geraak deur die Conroy-ekspedisie se oorweging dat die lope van die Kunene- en Choberivie­r verander word ten einde die Kalahari te besproei. Portugal behoort daarom in die ekspedisie verteenwoo­rdig te word, skryf die vooraansta­ande Portugese koerant Diario de Noticias.

Mnr. A.D. Malan, ’n boswagter, en agt werkers is dood weens brandwonde wat hulle opgedoen het toe hulle ’n bosbrand in die Brooklands-staatsrese­rwe naby Sabie bestry het. Die brand is vermoedeli­k deur twee kinders gestig.

Mnr. Andries Steyn, Volksraads­lid vir Kroonstad, is op die afgelope vergaderin­g van die Mielieraad tot voorsitter verkies. Hy is in die plek van mnr. Piet Hugo van Vryburg wat bedank het.

Onderstepo­ort, die veeartseny­kundige instituut by Pretoria, berei hom voor vir die vervaardig­ing van entstof teen lamsiekte by klein- en grootvee. Inenting sal diere net so goed teen dié dodelike siekte vrywaar as teen spons- en miltsiekte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa