Landbouweekblad

Profert ‘nog op koers’

- – MARLEEN SMITH

DIE

landboumaa­tskappy Profert ontken hardnekkig­e gerugte dat hy in f i nansiële moeilikhei­d is.

Mnr. Anton van Rooyen, besturende direkteur, het by navraag aan Landbouwee­kblad gesê die gerugte is ongegrond. “Inteendeel, ons kunsmis- afdeling is nog kerngesond.” Hy wys daarop dat die hele kunsmisbed­ryf ’n swakker as normale jaar beleef het.

Die Profert- groep het wél ’ n swak finansiële j aar agter die rug, bevestig hy. Hy sê dit is deels daaraan toe te skryf dat die einde van hul amptelike boekjaar van Februarie na Desember verskuif het om konsolidas­ie met hul nuwe Chinese vennoot, die RiuXing-groep, te vergemakli­k.

Profert kon dus in wese net oor tien maande se handelsbed­rywighede verslag doen.

Van Rooyen sê Profert het reeds gunstige oplossings met sy finansiers onderhande­l en die vooruitsig­te lyk belowend. Die groep is in die proses om sy finansieri­ng deur die Land Bank te hernu.

“Profert het tydig opgetree deur sy filiaal-maatskappy­e optimaal te herstruktu­reer.”

‘CHINESE STEEDS BETROKKE’

Van Rooyen ontken ook die gerug dat Profert se Chinese vennoot, die kunsmismaa­tskappy RuiXing (wat ’n 55%-aandeel in Profert besit), hom intussen aan die ooreenkoms onttrek het.

Profert se planne om saam met die Chinese beleggers ’ n nuwe aanleg te vestig vir die omskakelin­g van steenkool in ureum, springstof en verwante produkte, moes weens sy swakker as verwagte finansiële prestasie en in oorleg met beleggers uitgestel word, maar dit is glad nie van die baan nie, sê hy. Van Rooyen sê al hierdi e ont wikkel i nge is geen gronde vir spekulasie oor die moontlike redes vir mnr. Abie van der Walt ( LINKS), di e stigter van Profert en voorsitter van die groep, se beweerde selfdood Maandagogg­end by sy huis in Potchefstr­oom nie.

Profert is in 1999 gestig en het in die daaropvolg­ende jare sy belange sterk uitgebrei.

Sy hoofbesigh­eid was van die begin af kunsmis, maar mettertyd het hy ook sy sakebelang­e verder in die landbou- waardekett­ing gediversif­iseer.

HOË PRODUKSIE

Volgens die Profert- webtuiste spesialise­er die maatskappy in korrel- én vloeibare kunsmis.

Dit sluit sy Black- kunsmisree­ks in, asook ’ n reeks biologiese grondprodu­kte.

Va n Rooye n sê Profert produseer deesdae in seisoentyd van 4 000 ton tot 5 000 ton kunsmis per dag in verskeie vermenging­saanlegte oor SuidAfrika heen.

Vr o e ë r v a n j a a r h e t d i e maatskappy aangekondi­g dat hy ’n ooreenkoms vir beleggings van R7 miljard met die China Africa Developmen­t Fund, RuiXing en Suid- Afrika se Nywerheids­ontwikkeli­ngkorporas­ie gesluit het. Dit is ten tyde van ’n besoek deur pres. Jacob Zuma aan China onderteken, is in die verklaring gesê.

Na berig word, is RuiXing China se grootste kunsmisver­skaffer in private besit.

Toe RuiXing destyds die meerderhei­dsbelang in Profert bekom het, het die maatskappy ’n jaarlikse omset van meer as R16 miljard en ’n gesamentli­ke batebelang van meer as R10 miljard in die vooruitsig gestel.

Modelle wys die kans is goed dat die El Niño-weerversky­nsel hierdie somer gaan oorheers.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa