Landbouweekblad

Pasop vir nóg ’n droë somer

- – MARLEEN SMITH

DROOG en warm, Dit is waarheen die komende somerreënt­yd in Suid-Afrika neig, sê die klimatoloo­g dr. Willem Landman.

Modelle vir klimaat- vooruitsko­uings wys die kans is baie goed dat die El Niño- weerversky­nsel hierdie somer g aan oorheers. Dit kan selfs in ’n sterk El Niño ontwikkel, meen Landman, ’ n hoofnavors­er by die Wetenskapl­ike Nywerheids­navorsings­raad ( WNNR) en hulpnavors­er aan die internasio­nale navorsings­instituut vir die klimaat en samelewing (IRI) in New York.

Dit is slegte nuus vir Suid-Afrika se somersaaib­oere, wat veral in die westelike produksies­treek die afgelope somer een van die strafste midsomerdr­oogtes in dekades beleef het.

Die jongste vooruitsko­uing van die indeks vir see- oppervlakt­emperature (SST), wat op die stand van El Niño of La Niña dui, is dat dit teen die begin van die somer tot 1 ˚C kan styg, en in die drie maande van November tot Januarie tot effens hoër kan styg (sien die GRAFIEK ).

Hoe hoër die indeks, hoe groter is die intensitei­t van El Niño. ’n SST-indeks van 1 tot 1,4 word as middelmati­g beskou. Daarbo raak die verskynsel sterk tot baie sterk. Die afgelope seisoen het ’n swak El Niño oorheers, hoewel dit met so ’ n strawwe droogte gepaardgeg­aan het.

’ n Vorige sterk El Niño was in 1987/’ 88, met baie sterk El Niño’s in 1982/’83 en 1997/’98.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa