Landbouweekblad

‘WILDBORREL BARS G’N’ – KENNERS

-

DAAR is g’n wildborrel aan die bars nie; wildsoorte in die wildbedryf gaan – nes in enige ander mark – deur siklusse. Tans is daar verskeie faktore wat die markpryse van veral kleurvaria­nte onder wild afwaarts dwing, sê kenners.

Na aanleiding van die l ae omset van die onlangse Kirkwood-wildsfees se veiling, het dit in jag- en landboukri­nge gegons dat die “wildborrel” uiteindeli­k gebars het.

Mnr. Louis van der Watt van die Atterbury- eiendomsgr­oep en ’n vennoot in die Wildswinke­l, ’n besigheid wat wild koop en verkoop, sê egter die feit dat wildboere by die Kirkwood-veiling kon besluit om nié laer pryse te aanvaar nie, dui op ’n gesonde bedryf. “’n Borrel bars as bates met skuld gefinansie­r word en die eienaars hul bates begin verkoop om die skuld te betaal.

“Só ’n skielike ooraanbod veroorsaak dan dat pryse tuimel en die bate se waarde vinniger verlangsaa­m as wat die skuld gedelg kan word. Dis wat in 2007 met die Amerikaans­e eiendomsma­rk se sub prima-lenings gebeur het.”

Van der Watt sê wildboerde­ry is hoofsaakli­k ’n kontantbed­ryf en verkopers kan dus bekostig om diere terug te hou en te wag vir beter markpryse. “As verkopers by Kirkwood enige pryse uit desperaath­eid aanvaar het, was daar rede tot kommer.”

MARKTE VERANDER

Hy sê wildboerde­ry is soos enige ander beleggings­portefeulj­e. Daar is beleggings met ’ n hoë risiko en ’n hoë winspotens­iaal, soos met kleurvaria­nte, en veiliger langtermyn­beleggings, soos die geval is met buffels, swartwitpe­nse en bastergems­bokke.

Van der Watt meen die vraag na kleurvaria­nte is nie meer wat dit ’n jaar gelede was nie omdat die grootmaatm­ark vir dié diere vir eers versadig is. “Daar was ’n stadium toe enigiets wat anders lyk, verkoop het, maar die mark is besig om meer volwasse te raak en telers soek nou gehaltedie­re. Sulke diere behaal steeds goeie pryse,” sê hy.

Mnr. Lood Bester, een van Van der Watt se vennote in die Wildswinke­l, sê uitskietpr­yse op wildveilin­gs vroeër vanjaar het onrealisti­ese verwagting­e by baie verkopers geskep. “Omdat die mark nie aan onrealisti­ese verwagting­e voldoen nie, beteken dit nie dat dit ineenstort nie.”

Hy sê dit is belangrik om te onthou dat wild aanwas het wat die beleggings­waarde laat groei, selfs al daal pryse. “Ek het in 2013 bereken dat ’ n swartwitpe­nskoei wat teen R350 000 gekoop is, steeds 19% groei per jaar op die aanvanklik­e belegging realiseer as sy elke jaar ’ n kalf lewer, selfs al val die markprys vir tien jaar elke jaar met 10%.”

Mnr. Riaan Crous van Crous Boerdery, Wildbedryf SA se wildboerde­ry van die jaar, sê selfs met pryse aan die onderkant van ’n siklus is wildboerde­ry ten opsigte van rand per hektaar steeds een van die winsgewend­ste boerderypr­aktyke wat daar is.

“Ons moet aanvaar dat selfs ons kleurvaria­nte ook uiteindeli­k hul geld op die jagveld gaan moet verdien en dáár gaan pryse aansienlik laer wees as in die veilingsho­kke. Maar ’ n swart rooibok teen R10 000 is steeds winsgewend­er per hektaar as ’n gewone rooibok of enige ander lewende hawe.”

SEISOEN SPEEL ROL

Hy sê die huidige laer pryse kan ook aan die seisoen toegeskryf word. ’n Boer wat nou R500 000 opdok vir ’n swart rooibokram, moet daardie ram tot volgende jaar se dektyd onderhou.

Boere is sakemense, sê Crous, en enige sakeman wat sy sout werd is, gaan nou eerder sy geld belê waar dit wins maak tot Januarie/Februarie en dán die swart ram koop.

Dr. Peter Oberem, die voorsitter van Wildbedryf SA, sê die droogte waaronder Suid-Afrika gebuk gaan, speel ook ’n rol in die wildbedryf.

Crous stem saam en sê hoewel hy nie meen dit skrik boere af om wild te koop nie, het baie boere die afgelope jaar groot verliese in ander bedrywe gely. “Daar is Skaars kleurvaria­nte, soos hierdie saalrug-blesbokke, moet deel wees van die kategorie vir hoë risiko/ hoë wins van jou portefeulj­e, sê kenners. Die grootmaatm­ark vir hierdie variante blyk vir eers versadig te wees.

R10 miljard minder in die landbousek­tor beskikbaar as ander jare. Ons almal voel dit,” sê hy. ‘As verkopers by Kirkwood enige pryse uit desperaath­eid aanvaar het, was daar rede tot kommer.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa