Landbouweekblad

NOG TALLE SULKE SAKE

-

Desai het beklemtoon dat hoewel hy net beslaglegg­ingsbevele vir spesifieke individue voor hom gehad het, het Flemix en Vennote aangevoer hulle hanteer op enige gegewe tydstip sowat 150 000 aktiewe loonbeslag­leggingsak­e.

“Ek moet aanvaar dat as die individuel­e sake voor my almal onwettig verkry is en van nul en gener waarde is, is daar duisende, indien nie tienduisen­de nie, van dié aktiewe beslaglegg­ingsbevele wat ook onwettig en ongeldig is.

“Ek kan nie met ’n skoon gewete daaroor stilbly nie. Ek vertrou (Alanza Flemix-) Jordaan (direkteur van Flemix en Vennote) sal nie daarmee voortgaan nie.”

Hy het ’n beroep gedoen op die staatsresp­ondente, regshulpkl­inieke en die Menseregte­kommissie om mense bewus te maak van die regte wat hulle nou het in terme van die beslissing.

Desai het verder beslis dat die Minister van Justisie en Korrektiew­e Dienste ’n afskrif van die hofgebeure aan die regsvereni- ging van die noordelike provinsies moet stuur sodat hulle kan bepaal of Jordaan en Flemix en Vennote oneties opgetree het.

Dit hou verband met beskuldigi­ngs van forum shopping, ’n praktyk waar regsvertee­nwoordiger­s howe en landdroste uitsoek waar hulle ’n beter kans het om ’n saak te wen.

Heelwat van die beslaglegg­ingsbevele is in landdrosho­we, soos Beaufort-Wes en Hankey, honderde kilometer van waar die skuldenaar­s woon en werk, toegestaan.

Me. Odette Geldenhuys, pro bono-prokureur by Webber Wentzel, sê hulle gaan probeer om van die geld terug te eis wat hul kliënte reeds weens onwettige beslaglegg­ingsbevele betaal het.

“As die regter bevind het dat hierdie bevele onwettig is, moes hulle al van die begin af onwettig gewees het.” Desai se beslissing dat dele van die wet ongrondwet­lik is, moet nou deur die Grondwetho­f bekragtig word.

“Ons sal baie gou daardie aansoek bring. Sy beslissing kan dus verander, want die Grondwetho­f kan dit bevestig, verwerp of uitbrei,” het Geldenhuys gesê.

Desai het beveel Flemix en die kredietver­skaffers moet die aansoekers se koste betaal.

Geldenhuys wou nie spekuleer oor hoeveel dit sal beloop nie.

Mnr. Marius Jonker, adjunkvoor­sitter van Adra (die vereniging vir skuldinvor­deringsage­nte), het gesê hy bestudeer nog die uitspraak en sal dan eers besluit hoe hulle gaan optree.

– LUCILLE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa