Landbouweekblad

HELE EKONOMIE KAN SLAE KRY OOR MIELIEPRYS

- – MARLEEN SMITH

HOË mielieprys­e kan die hele Suid-Afrikaanse ekonomie in die komende maande ’n verkoue gee, waarsku landbou-ekonome.

Baie meen die nasionale mielie- oes kan uiteindeli­k nóg kleiner wees as die jongste amptelike oesskattin­g van 9,755 miljoen ton. Dit is die skraalste oes sedert 2007 se 6,62 miljoen ton, en amper ’ n derde minder as verlede jaar se 14,25 miljoen ton.

Mnr. Dawie Maree, landbou- ekonoom van Eerste Nasionale Bank, sê die spreekwoor­d dat die wêreldekon­omie ’n verkoue opdoen as Amerika nies, kan net so na ons plaaslike mieliemark en die Suid-Afrikaanse ekonomie oorgedra word. Nie net is mielies ’n stapelvoed­sel nie, maar dit is steeds ons veevoerbed­ryf se heel belangriks­te inset.

Voedselpry­s-inflasie is klaar aangewakke­r deur die afgelope droogte wat mielieprys­e laat styg het. “Ons kan verwag dat dít in die nabye toekoms gaan voortduur,” sê Maree.

Hy sê veeboere, veral in die intensiewe bedrywe, soos melk, pluimvee en vark, voel reeds die druk van duurder voer. Dít kom saam met prysstygin­gs vir verskeie ander produksiem­iddele, soos vir brandstof, elektrisit­eit en ingevoerde.

SLEGTE RENTEKOERS­NUUS?

Maree meen selfs die regstreeks­e uitwerking van hoër voedselpry­se en die bykomende stygings in produksiek­oste kan die Reserweban­k noop om rentekoers­e gouer te verhoog as wat tot dusver verwag is, “nie iets waarvan die verbruiker gaan hou nie”.

Hy sê daar is kommer oor die grootte van die nasionale oes weens gemengde berigte uit die verskillen­de produksies­treke. Volgens die jongste skatting word gemiddeld 3,21 ton wit mielies/ha en 4,24 ton geel mielies/ha verwag, maar talle is bekommerd dat dit weens die droogte nóg minder kan wees.

Onlangse prysstygin­gs dui daarop dat die markte ook ’n moontlik kleiner oes verwag as wat tot dusver geraam is, meen Maree. Sedert die naaste maandkontr­ak vir wit mielies middel Junie die R3 000/ton-vlak oorgesteek het, het pryse, ook vir geel mielies, bly styg.

Teen verlede week het die SA Graaninlig­tingdiens berig dat amper 60% van die verwagte oes in die eerste nege weke van die bemarkings­jaar gelewer was, teenoor 52% van die oes oor dieselfde tyd verlede jaar.

‘Onlangse prysstygin­gs dui daarop dat die markte ook ’n moontlik kleiner oes verwag as wat tot dusver geraam is.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa