Landbouweekblad

Sybokhaart­rust swaai die septer

-

DIE

sybokhaarb­edryf het wesenlike veranderin­ge in sy bedienings­trukture aangekondi­g. Dit sluit onder meer die verkleinin­g van die direksie van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA), ’n uitbreidin­g van verteenwoo­rdiging in die Sybokhaart­rust en die sentralise­ring van sy personeel in.

Mnr. Deon Saayman, hoofbestuu­rder van die SSA, sê die veranderin­ge volg ná maande se ondersoek na en samespreki­ngs oor hoe om beter dienslewer­ing aan die bedryf te verseker en dupliserin­g van werksaamhe­de uit te skakel.

Die SSA-direksie is van 10 tot 4 lede verminder van wie 3 nie-uitvoerend­e direkteure sal wees. Die lede in die trust word van die huidige 8 tot 12 trustees vermeerder om dit meer inklusief te maak en ook voorheen be- nadeeldes, verwerkers en die makelaars van sybokhaar in te sluit.

Die personeel wat die trust, die SSA, Sybokhaark­wekersvere­niging (SASKV) en Bemagtigin­gstrust bedien, asook die finansiële verantwoor­delike van die bedryf sal binne die SSA gesentrali­seer word.

Saayman sê die SASKV sal as ’ n onafhankli­ke organisasi­e bly voortbesta­an en steeds deur sy personeel op Jansenvill­e bedien word. Dit geld ook vir die personeel van die Bemagtigin­gstrust. “Die veranderin­ge sal meebring dat die bedryf vinniger besluite neem en meer vaartbelyn is. Waar geld weens dupliserin­g in sy strukture in die verlede ondoeltref­fend aangewend is, sal dit nou benut kan word om méér personeel, waaronder ’n ekonomiese en volhoubaar­heidsbeamp­te, aan te stel.”

Mnr. Davey Herold, voorsitter van die Sybokhaart­rust, het die ontwikkeli­nge as ’n “historiese stap” bestempel wat die fondament lê om ’n nuwe era in die bedryf in te lui.

Mnr. Cobus de Klerk, voorsitter van die SASKV, het eweneens die veranderin­ge ver- Die verkleinde direksie van die SSA is van links mnre. Deon Saayman, uitvoerend­e direkteur, Rothner Bekker, die voorsitter, Andrew Laing (verwerkers) en Pierre van der Vyver (makelaars). Van der Vyver het ná die bedanking van mnr. Reinhold du Randt verlede jaar as voorsitter van die SSA waargeneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa