RWANDA BEOOG GROOT BEESVLEISPROJEK
RWANDA beoog om beesvleis op groot skaal op 4 500 ha te produseer. Dit is deel van ’n strategie om die veebedryf, wat hoofsaaklik uit bestaansboere bestaan, te kommersialiseer in dié land met sy bevolking van meer as 11 miljoen mense
Hoewel hierdie plan van die Rwandese regering nog finaal goedgekeur moet word, word paaie na die beoogde terrein in die oostelike provinsie Gako reeds gebou. Volgens The New Times, ’n Engelse dagblad in Rwanda, is meer as R100 miljoen reeds aan die intensiewe boerderyprojek bestee. Sedert die volksmoord in 1994 het die regering tot dusver goed daarin geslaag om private beleggers te lok.
Daar is ’n toenemende vraag na “premium”-beesvleis onder die land se opkomende middelklas, berig die koerant East African Business Week. Dit blyk uit die hoër pryse, sê mnr. Tony Nsanganira, Rwanda se minister van landbou. Ekonomiese groei in Rwanda het verlede jaar tot 7% versnel en sal vanjaar na verwagting dieselfde koers handhaaf. Uitvoergeleenthede na buurlande in Sentraal-Afrika hou ook belofte in, sê Nsanganira. Tans word die mark vir kieskeurige verbruikers van ingevoerde produkte uit Kenia, Suid-Afrika en selfs Frankryk voorsien.
FORMAAT ONSEKER
Dit is nie heeltemal duidelik presies watter soort besigheid beoog word nie. Volgens berigte sal die projek bestaan uit ’n voerkraal, ’n slagplaas en ’n mark, wat deur bestaande boere van beesvleis voorsien sal word. Skape en bokke word ook oorweeg.
Daar sal waarskynlik plek wees vir tot 70 000 beeste. Dit kan ’n geïntegreerde dierevoer-besigheid insluit. Daar is min onlangse data oor die gefragmenteerde veetroppe in Afrika suid van die Sahara. Die meeste inligting dui egter op deurlopende ondoeltreffendheid, ondanks hoër produksie.
In ’ n navorsingsverslag in 2005 het Joachim Otte en Vivien Knips van die Voedsel- en Landbou- organisasie, aangedui dat hoewel die produksie van eiers, vark- en hoendervleis in Afrika suid van die Sahara van 1970 tot 2000 verdriedubbel het, en die produksie van beesvleis met byna 70% gestyg het, was dit nie genoeg om met die bevolkingsgroei tred te hou nie.
Die produksie van vee in Afrika suid van die Sahara bly laag en die gemiddelde produksie per dier in dié streek is laer as in ander ontwikkelende streke. Die gemiddelde karkasgewig vir beeste is slegs 129 kg, luidens die verslag.
BELEGGERSOOREENKOMS
Nsanganira het gesê die projek sal van stapel gestuur word sodra die regering ’n ooreenkoms bereik het met private beleggers wat in die projek belang stel. “Plaaslike en buitelandse beleggers sê hulle stel belang,” sê hy.
Die projek se sakeplan moet nog gefinaliseer word. ’n Openbare-private vennootskap word oorweeg, asook ’n suiwer vryemarkmodel wat ’n langtermyn-huurooreenkoms vir die grond kan insluit.
Verlede jaar se Doing Business- verslag van die Wêreldbank het Rwanda in die 32ste plek uit 189 lande wêreldwyd geplaas, asook in die tweede plek in Afrika, aldus die Rwandese ontwikkelingsraad. Die raad adverteer ook dat daar ’n aanpasbare arbeidsaanbod in die land is. Rwanda lê in ’n streek wat geteister word deur politieke probleme, met wrywing met Burundi as die mees onlangse voorbeeld. Mnr. Paul Kagame, Rwanda se verkose president, word gekritiseer omdat hy ál meer outoritêr word, maar ook geloof omdat hy die ekonomie gemoderniseer het.
– TOM ROBBINS
Tans word die mark vir kieskeurige verbruikers van ingevoerde produkte uit Kenia, Suid-Afrika en selfs Frankryk voorsien.
DAAR is ’n groeiende politieke wil onder Afrika-leiers om ’n enkele mark te skep, maar dit is steeds onseker of dit die toenemende handel tussen die kontinent se lande die dramatiese hupstoot sal gee wat dit nodig het.
Afrika-lande het in Junie vanjaar ’n aanvanklike ooreenkoms onderteken om die Suider- en Oos-Afrika-vryehandelstreke te verenig en só die handel binne Afrika, wat maar karig is vergeleke met dié in Asië, te bevorder. Sedertdien het die Afrika-unie met ambisieuse onderhandelings begin wat die vrye handel oor die kontinent heen sou uitbrei.
Reeds voor dié gesprekke het plaaslike boere en voedselgroepe baat gevind by Suid-Afrika se herintegrasie in die kontinent. Volgens die Financial Mail het die res van Afrika in 2012 die topbestemming geword vir Suid-Afrika se voedsel-uitvoer en dié na Europa oortref.
Ontleders meen Shoprite het Suid-Afrika se uitvoer laat toeneem toe dié groep noord van die Limpopo uitgebrei het. Indien Afrika se klein middelklas aanhou groei, soos baie mense verwag, sal dié neiging waarskynlik voortduur. Die groei kan egter oneweredig wees, soos in Angola, waar die ineenstorting van die olieprys die ekonomie geknou het.
Die landbousakekamer Agbiz beywer hom saam met die Regering aktief vir die liberalisering van handel om die magdom handelsooreenkomste onder Afrika- lande te vereenvoudig.
Dr. John Purchase, Agbiz se uitvoerende hoof, verwys na die noukeurige werk wat só ’n beleidsverandering verg. Duisende reëls in die tariefboeke moet item vir item nagegaan word om die uitwerking daarvan te evalueer.
Staatshoofde het reeds hul steun vir vrye handel in die openbaar laat blyk. Wat egter agter die skerms gebeur, is straks belangriker – soos hoe om regerings se tariefinkomste te vervang en plaaslike belangegroepe tevrede te hou.
Die voorstanders van liberalisering het nie meer slegs ekonomiese teorieë waarmee hulle die kritici kan oortuig nie, maar ook praktiese redes. Dié voorstanders van die ekonomiese voordele van vinnige handel hou die baanbrekersintegrasie in die Oos-Afrika-gemeenskap (EAC) voor as die wonderkind.
Boonop groei die gekombineerde handel
dat leiers se gesprekke tot formele ooreenkomste gelei het.
Stappe om weg te doen met paspoortbeheer, soos in die grootste deel van kontinentale Europa, sal na verwagting groter politieke uitdagings inhou. Paspoortbeheerpunte gee immers aan korrupte amptenare ’ n verskoning om handelaars voor te keer, hul reis te vertraag en hulle om te koop.
Dit bring ons by wat sommige mense as ’ n selfs groter probleem beskou as swak paaie: korrupsie.
Selfs in vrye markte sal daar steeds belangrike siektebestrydings-inspeksies by menige grenspos wees. Vragmotors sal ook vir veiligheid nagegaan moet word. Dikwels maak dit egter geen verskil waartoe sentrale regerings hulle verbind nie. As plaaslike amptenare by grensposte en weegbrûe nie vervolg word nie, is daar geen motivering om die omkopery te laat vaar nie.
Dit is alles bo en behalwe die ander finansiële struikelblokke wat niks met tariewe te doen het nie, maar wat dikwels net ’n ander woord vir tariewe is.
GRAAN SA
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, is optimisties oor die voordele van vrye handel. Hy sê mense moet egter realisties wees weens die struikelblokke wat niks met tariewe te doen het nie, soos inmenging in die mieliemark in die vorm van bobelastings en oorbodige sertifikate.
“Daar is veronderstel om vrye handel in die SAOG te wees, maar die markte is nie oop nie,” sê De Villiers.
Hy verwys na ’ n nuwe geleentheid om Suid-Afrikaanse mielies in Egipte te bemark. Dit is “’n land wat groot hoeveelhede invoer en geen besware het teen die genetiese modi-
STRUIKELBLOKKE
Dr. Martyn Davies, uitvoerende hoof van die raadgewer Frontier Advisory, is ten gunste van vryehandelsinisiatiewe, maar meen die basiese struikelblokke kort meer aandag. “Hoekom is grensposte so ondoeltreffend, soos Beitbrug tussen die twee SAOG-lede Suid-Afrika en Zimbabwe? Nog belangriker, hoekom geld ‘die wet van die padblokkade’ in sommige lande, soos die Demokratiese Republiek van die Kongo, terwyl die sentrale banke weinig te sê het?”
Davies bevraagteken ook of ’n vryer mark handelsgroei merkbaar sal stimuleer en of ’n toename in handel ’n vryer mark sal bevorder, veral waar harde kommoditeitsuitvoer “die enigste rolspeler is”.
“Namate kommersiële waardekettings verdiep en sektore diversifiseer, sien ek ware voordele in die liberalisering van tariewe,” sê Davies.
GEVOLGTREKKING
Terwyl die aptyt van die wêreld, veral China, vir Afrika se harde kommoditeite ’n onbekende faktor is, sal daar mettertyd weer ’n balans kom tussen vraag en aanbod. Dié herstel sal opnuut lewe blaas in die ekonomiese groei wat handel aanvuur. Terreine waar die owerhede meer beheer het, is ten opsigte van beleid en die voorspelbare burokrasie.
Die suksesse en mislukkings van interne Afrika- handel sal in ’ n groot mate afhang van geleidelike verbeterings aan die stabiliteit van verbruikersmarkte, die burokrasie en sake-ondernemings.
WIT MIELIES ’N PROBLEEM
Daar is veral kommer oor die min beskikbare wit mielies,’n Suid-Afrikaanse stapelvoedsel, op die wêreldmark. Dié gewas word meestal in die westelike somersaaigebied verbou en is die swaarste deur die hitte en droogte getref.
Die nuusdiens Reuters het egter pas berig dat Suid-Afrika volgens ’n anonieme bron in die bedryf nagenoeg 50 000 ton wit mielies uit Mexiko gaan invoer. Die eerste besending daarvan word in Augustus verwag, en nog vyf besendings tussen September en Desember.
Die SA Graaninligtingdiens (Sagis) berig ook daar is in die eerste tien weke van die bemarkingsjaar (sedert 1 Mei) al 262 ton wit mielies alles uit Zambië ingevoer. Die geelmielie-invoer in die eerste tien weke het byna 80 000 ton beloop, alles uit Argentinië.
Graan SA se jongste raming is dat Suid-Afrika se totale binnelandse witmielie-verbruik vanjaar sowat 4,87 miljoen ton kan beloop.
Die verwagte witmielie-oes wat beskikbaar is vir kommersiële lewering, is 4,54 miljoen ton. Dié verwagting kan ons plaaslike mieliepryse, vir wit én geel mielies, in die komende maande op stewige vlakke hou.
– MARLEEN SMITH
‘Hoekom is grensposte so ondoeltreffend, soos Beitbrug tussen die twee SAOG-lede Suid-Afrika en Zimbabwe?’