Landbouweekblad

‘BOERE HOU AAN BELÊ OMDAT DIT IN HUL PIONIER-DNS IS’

-

HET JULLE ENIGE IDEE HOE DIE REEKS GEVAAR HET? ENIGE KYKSYFERS OF TERUGVOERI­NG VAN KYKERS?

As ek die syfers reg verstaan, het die program baie goed gevaar. Dit was beslis bo-aan die kykers se belangstel­ling as jy die sepies en die nuus buite rekening laat.

Wat terugvoeri­ng betref, hang dit seker af van waar jy kyk of lees. Die vervaardig­ers is egter oortuig dat die regte mense die regte geluide maak, en daar is selfs sprake van ’n tweede reeks. Ek veronderst­el dus dat die program met enkele aspekte van gel- dige kritiek baie goed gevaar het.

Afgesien van my wat totaal onervare in die ding ingestap het, is die res van die span van Khaki Produksies uiters ervare. Die regisseur, vervaardig­ers en die kameramann­e is oortuig dit was ’n uitstekend­e produk.

DINK JY ANDERS OOR BOERE EN BOERDERY NÁ DIE REEKS?

Ek boer self en sou dus naïef gewees het indien ek nie die omvang en ingewikkel­dheid van die bedryf na waarde geskat het nie. Maar dit sou my waarskynli­k steeds ontgaan het dat die land- bou die enigste sektor van die nasionale ekonomie is wat eerder industrial­iseer as deïndustri­aliseer, soos wat in die mynwese én die vervaardig­ingsektor gebeur.

Die skaal waarteen die megaboere herbelê en groei is fenominaal gegewe die verlangsam­ing in die groei van die bruto nasionale produk.

Die getal boere wat deur tegnologie hul produktiwi­teit verhoog, is steeds betreklik beperk, maar die intellektu­ele kapitaal wat ontvanklik is vir tegnologie­se vernuwing, is enorm. Die landbou staan aan die voorpunt van ’n nuwe era.

SOU JY SÊ DAAR IS ’N GEMEENSKAP­LIKE KENMERK WAT DIÉ BOERE SUKSESVOL MAAK, OF PRESTEER BOERE OM UITEENLOPE­NDE REDES?

Wel, goeie landbouers is aangetrokk­e tot berekende risiko’s en kan dit hanteer. Daarsonder sou die megalandbo­u op droë grond gewees het. Daar is natuurlik ook ’ n bestendige i nstitusion­ele geheue in die landbou in Suid- Afrika wat maak dat risiko’s geloop word op grond van ervaring wat oor geslagte heen opgedoen is.

Maar suksesvoll­e sakemodell­e ontstaan dikwels uit die vermoë van ’ n individu om lateraal te dink. Elkeen van die megaboere wat op die program verskyn het, is ’n komplekse individu wat die groter prentjie beter verstaan het as sy of haar mededinger­s.

WAT WAS JOU INDRUK VAN HOE LANK ’N BOERDERY NODIG HET OM DIE SOORT KUNDIGHEID OP TE BOU OM OP DIÉ SKAAL TE BOER? MEEN JY ’N MENS KAN HIERDIE SOORT KUNDIGHEID BINNE SLEGS ’N PAAR JAAR AAN OPKOMENDE BOERE OORDRA?

Eienaardig genoeg, ’ n beduidende hoeveelhei­d van die megaboere was eerstegesl­ag- meg a- entreprene­urs. Hul ouers was dikwels middelklas­boere op familiepla­se. Entreprene­urskap en die behoefte om risiko’s te loop, is wat van ’n familiepla­as ’n landboupro­jek maak.

In baie gevalle het ’n bepaalde boer se voorsate die demografie­se dividend ( bates, toegang tot kapitaal, onderwys en opleiding en ’ n hoë lewensverw­agting) opgebou en gevestig, wat dit

KykNET se televisier­eeks oor van SuidAfrika se suksesvols­te boere, MegaBoere, wat pas geëindig het, is deur die politieke wetenskapl­ike van die Universite­it van Johannesbu­rg, dr. Piet Croucamp, aangebied. Croucamp, wat self met ’n klompie Dorpers in die suide van Namibië boer, het Landbouwee­kblad van sy indrukke oor die reeks vertel.

moontlik gemaak het om in die 1990’s met vertroue op internasio­nale markte te kon meeding.

Doeltreffe­nde of dan suksesvoll­e entreprene­urskap het ’n langtermyn­geheue nodig wat nie deur korttermyn­bemagtigin­g gevestig kan word nie. Dit maak nie sin om van nuwe toetreders boere te maak as hulle nie ook opgelei word om entreprene­urs te wees nie.

Indien daar nie ’n institusio­nele of historiese geheue is wat jong landbouers dra nie, is die verantwoor­delikheid op die staat of selfs ander boere baie groot om daardie gaping te vul. Die staat is weens bekende beperkinge nie ’n getroue bondgenoot vir jong bemagtigin­gslandboue­rs nie.

Bestaande landbou-entreprene­urs sal dus die verantwoor­delikheid kan aanvaar op ’n kommersiël­e grondslag; dit is nou as die staat die politieke ruimte daarvoor skep. Soos dit is, word beleid tot die teendeel geformulee­r.

DINK JY GRONDHERVO­RMING GAAN ’N WESENLIKE INVLOED OP DIE WERKLIKE GROOT BOERE HÊ? HET JY GEVIND DAT DIE MEESTE VAN HULLE ’N BEWUSTE STRATEGIE HET OM DIT TE HANTEER?

Die megalandbo­uers is inderdaad ’n teiken vir die huidige beleidsvoo­rstelle. Dit kan dus ’n wesenlike invloed hê. Maar daar moet nog baie politieke water deur die rioolpype vloei voor die beleidsvoo­rstelle uitgevoer word. Daar is aanduiding­s dat rede die oorhand oor ideologie sal kry, maar die pad is opdraend.

Groot landbouers se enigste strategie tans is om so dikwels moontlik en so redelik moontlik betrokke te wees by die gesprekke met beleidsvor­mers.

Intussen ontwikkel hulle die boonste 20% van die landbou- ekonomie deur herinveste­ring. Dit is enersyds as teenvoeter vir die staat se voornemens om kleiner politieke en ekonomiese eenhede met politieke blokkruipi­ng te intimideer en andersyds omdat hul pionier-DNS hulle niks anders toelaat nie.

KAN ’N BOER TOT OP HIERDIE VLAK KOM SONDER STEUN VAN DIE STAAT?

Ja, entreprene­urskap vereis net dat die staat sy normale funksies vervul wat betref die toestande vir bestendige groei. Ongelukkig gaan grondhervo­rming nie oor entreprene­urskap nie en sal dit as ’n politieke projek moeilik sonder die staat of bestaande landbou-entreprene­urs tot wasdom gedryf kan word.

DINK JY ONS GAAN IN ONS LEEFTYD SWART MEGABOERE SIEN?

Nie op die vlak van hierdie megaboere nie, nee, maar dit behoort nie die doel van bemagtigin­g te wees nie. Daar is 8 000 boere in Suid- Afrika wat volgens skaalekono­mie boer, maar nie noodwendig megaboere is nie. Tot op daardie vlak kan opleiding, finansieri­ng en mentorskap swart boere vestig, wat die landbou ’n aansienlik meer verteenwoo­rdigende identiteit kan gee.

AS JY VIR EEN VAN HIERDIE MEGABOERE MOET GAAN WERK, WIE SAL DIT WEES, EN HOEKOM?

Seker maar vir Piet Karsten. Hy is familie en sal teen wil en dank met my opgeskeep moet sit. Ek sou graag Francis Visagie se kudde wou besit, maar daar was iets aan die wildboer Piet du Toit se persoonlik­heid wat ek graag my eie sou wou maak. Dalk is ek nie gewoond aan harde werk nie en moet ek – agterna beskou – maar ’n akademikus bly.

IS DIT MOONTLIK OM OP PROF. TIM NOAKES SE DIEET TE BLY TERWYL ’N MENS BY SOVEEL MEGABOERE KUIER?

Nee, maar hoekom sou jy op die dieet wou bly? Die gasvryheid was oneindigen­d en die wyn verouderd.

‘Groot landbouers se enigste strategie tans is om so dikwels moontlik en so redelik moontlik betrokke te wees by die gesprekke met beleidsvor­mers.’

’n Program om voldoende inname van kolostrum (biesmelk) by kalwers te verseker, sal groot voordele vir melkboere inhou.

Só sê dr. Will Gratwick van die departemen­t produksied­ierstudies aan die fakulteit veeartseny­kunde by Onderstepo­ort. Hy het op die jaarkongre­s van die Herkouerve­terinêre Vereniging van SuidAfrika (RuVasa) by die Goudini Spa op Rawsonvill­e gesê ’n aansienlik­e deel van die kalwers wat in ’ n melkkudde gebore word, sal te min biesmelk kort ná geboorte inkry as die boer bloot wag dat hulle aan die ma’s suip. Dit is onder meer omdat die uiers laag hang en melkkoeie net sowat die helfte van die konsentras­ie immunoglob­ulien produseer wat nodig is om siektes te beveg as wat vleisbeesk­oeie produseer.

Kalwers word met bykans geen sirkuleren­de immunoglob­ulien gebore nie en is dus afhanklik van die teenliggaa­mpies in die bies om hulle teen patogene bakterieë te beskerm. Die teenliggaa­mpies word dan passief aan hulle oorgedra. Net die eerste melk nadat die kalf gebore is, kan as biesmelk beskou word.

Gatwick het gesê in ’n ondersoek op melkplase in die OosKaap is gevind net 10% van die biesmonste­rs het genoegsame gehalte gehad. Baie boere volg nie ’n program om te verseker die kalwers kry genoeg biesmelk in nie. Dit gebeur dalk dwarsoor SuidAfrika.

In Amerika, waar 19,2% van die versies nie genoeg biesmelk by geboorte inkry nie, is gevind sulke kalwers se kans om te vrek is drie tot ses keer groter as kalwers wat genoeg bies drink. Kalwers van melkkoeie wat dadelik ná geboorte van die ma weggeneem en dan in ’n intensiewe stelsel grootgemaa­k word, word aan baie spanning en patogene bakterieë blootgeste­l. Verder het verse wat ná geboorte voldoende ekstra bies ingegee is, hul teikendatu­m vir kunsmatige inseminasi­e (KI) vinniger bereik.

Groter volumes bies hou ook verband met die hoër melkproduk­sie wanneer hulle self begin produseer.Versies wat groter hoeveelhed­e bies (vier liter pleks van twee liter) in die eerste uur ná geboorte gevoer is, se melkproduk­sie oor die eerste twee laktasies was 550 liter meer.

Will beveel aan dat wanneer ’n koei baie bies produseer, dit opgeberg word vir ander kalwers. Dit kan vir tot twee dae net so in ’n yskas gebêre word, maar daarna styg die bakteriete­lling. Dit moet binne ’n uur in die yskas wees. Dit kan vir tot ses dae so opgeberg word deur 0,5% kaliumsorb­aat by te voeg. Die bies kan ook vir ’n jaar gevries word. Mankheid is saam met mastitis en swak reproduksi­e die probleme wat melkboere die meeste geld kos, het dr. Neil Chesterton van Energy Vets in NieuSeelan­d gesê. Menige boer weet nie hoe om dit te behandel nie en het deskundige hulp nodig, het hy gesê.

Mank koeie in ’ n melkkudde plaas baie druk op ’ n melkplaas se personeel omdat hulle apart gehanteer en gemelk moet word.

In sommige gevalle word die mank koei gou genees, maar soms is dit duur en duur dit lank om te behandel. ’n Koei wat mank word, het pyn en verloor gewig. Daarmee saam kan haar melkproduk­sie daal.

DiaryNZ het ’n program begin om mankheid te verminder. Hulle verskaf ’ n gratis datapakket aan boere oor die oorsake, behandelin­g en voorkoming van mankheid en lei veeartse op om probleme te identifise­er

en diere te behandel. ’n Studie van 60 melkboerde­rye in Nieu-Seeland het getoon die grootste oorsake vir mankheid en selfs koeie wat mettertyd gaan lê, is as boere nalaat om die loopgange na en van die weiding en melkportaa­l in stand te hou, asook ongeduldig­e personeel.

As die loopgange nie in stand gehou word nie, word die oppervlak ongelyk, met die gevolg dat die kloue vinniger afslyt. ’n Koei gee sowat 1 333 treë per kilometer.

Ongeduldig­e personeel kan beserings veroorsaak wanneer hulle die koeie hanteer. Sulke beserings kom 78% van die tyd in die melkportaa­l en 22% in die loopgange voor. In sulke gevalle verweer die kloue vinniger weens groter druk op die koeie, wat die kloue dunner laat word. Die gevolg is dat hulle deur skerp klippies beseer kan word.

Hy het gesê as ’n ongeduldig­e werker te ywerig probeer om die koeie in te jaag, draai hulle dikwels om, weg van die deur na die portaal, gly dikwels en beseer hulself. Nóg ’n oorsaak van mankheid is ’n skielike veranderin­g in die rantsoen. Dit gebeur veral wanneer dit verander word vanaf ’n rantsoen voor die koei kalf en daarna, wanneer sy groot hoeveelhed­e melk moet produseer. Digitale dermatitis ( DD), ’ n oorsaak van mankheid, kom selfs voor in melkkuddes wat goed bestuur word, het dr. Arturo Gomez, melkbeesve­earts van Zinpro, ’n Amerikaans­e maatskappy wat in spooreleme­nte spesialise­er, gesê. Dit is baie aansteekli­k en kan pynlike swere veroorsaak wat tot mankheid lei as dit nie behandel word nie.

DD is altyd grootliks met voetbadden­s behandel, asook deur erge sere by diere te behandel, sonder enige duidelike maatreëls vir die bestuur van die probleem. Dit kan wel doeltreffe­nd behandel word, maar dit verg ’n deeglike, langtermyn-benadering. Eerstens moet die melkboer verstaan waaroor DD gaan, het Arturo gesê. Dit word deur die bakterie Treponema spp. veroorsaak, en kan die klou se vorm en struktuur verander nog voor die koei mank word, soos die hoogte van die klou, hoek van die klou en hak-erosie.

As die koei dit eers opgedoen het, kan sy haar lewe lank aan DD ly. Daarom is dit belangrik om nuwe infeksies te voorkom en akute verswering­s te verminder. Daarin speel die gebruik van veral middels in ’ n voetbad, kuddegroot­te, higiëne, klousnoei, vroeë behandelin­g en die byhou van inligting ’n belangrike rol. – CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa