Landbouweekblad

‘PASOP VIR SWAELMENGS­ELS’

-

Wees versigtig vir kunsmispro­dukte wat vinnig en goedkoop vermeng is deur elementêre swael by die mengsels te voeg, waarsku dr. Koos Bornman, hoofbestuu­rder van strategies­e landboudie­nste by Omnia.

Hy het op ’n Omnia-boeredag by Secunda benadruk dat plante net sulfate as swaelbron uit die grond kan benut. Elementêre swael moet dus eers tot sulfaat geoksideer word voor dit vir plantopnam­e beskikbaar is.

“Die byt wat heel moontlik die seerste maak, is die gebruik van ondoeltref­fende swaelbronn­e in plantvoedi­ng,” het Koos gesê.

Die toediening van elementêre swaelprodu­kte kan tot swaeltekor­te lei, wat uiteindeli­k die opbrengs en gewasgehal­te benadeel.

Hy het verduideli­k daar is ’n neiging in die kunsmisbed­ryf om hoë konsentrat­e, soos ureum en diammonium­fosfaat (DAP), te vervaardig, hoofsaakli­k as gevolg van ekonomiese en vervoervoo­rdele. “Hierdie soort materiale word dan nader aan die verbruiksp­unt vermeng. Die vinnigste en goedkoopst­e oplossing vir vermengers is om elementêre swael by te voeg, as gevolg van sy konsentras­ie, beskikbaar­heid en goeie prys.”

Daar kan egter BO: ’n Bemestingk­enner waarsku dat ’n saaiboer hom maklik ’n kat in die sak kan koop as hy kunsmismen­gsels aanskaf wat goedkoop met elementêre swael vermeng is.

INLAS: Dr. Koos Bornman, hoofbestuu­rder van strategies­e landboudie­nste by Omnia, het op ’n boeredag by Secunda gewaarsku teen die gebruik van elementêre swaelprodu­kte in bemesting.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa