Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK I Hou El Niño in die oog met besluite

- NAVRAE: Mnr. Piet Smit, sel 083 265 2972; e-pos: piet@bosveldsit­rus.co.za.

n die jongste week of twee praat Amerikaans­e en Australies­e ontleders van landboumar­kte wêreldwyd daaroor dat die El Niño-aanwyser ernstig versterk. In Amerika en Australië is redelik baie navorsing gedoen oor die El Niño-verskynsel en die uitwerking daarvan op weerpatron­e – en natuurlik landboumar­kte.

In die volgende maande kan een van die sterkste El Niño-verskynsel­s in dekades voorkom met ’n hoë waarskynli­kheid van onstabiele weer in die volgende ses maande. Dit gaan deurwerk na die markpryse van landboupro­dukte en só die plaaslike landbou beïnvloed.

Boere sal vir jou vertel dat, ja, El Niño is so, maar dit is ook so dat in die verlede goeie oeste behaal is in ’n El Niño-jaar. Verskeie faktore speel ’n rol, van die verspreidi­ng van die reënval tot die wisseling in temperatur­e. Normaalweg word El Niño verbind met bonormale temperatur­e in die somer.

Baie boere is erg bekommerd, want die voorspelli­ng van ’n sterk El Niño-verskynsel raak nie net die markte regstreeks nie, maar dit raak die verskillen­de produksie- en reënvalstr­eke in die land op verskillen­de maniere. Dit raak alle boere.

Dit het ook ’n uitwerking op die stand van damme en op grondwater­vlakke. As ’n mens na die reënvalkaa­rte van die land kyk, het die meeste dele van die somerreëng­ebiede in die afgelope drie jaar aansienlik ondernorma­le reënval gekry. Die swak someroeste getuig daarvan. Dit het nie net grondwater uitgeput nie, maar daar is ook bitter min grondvog om die nuwe somer mee te begin. Die tekort aan grondvog hou ’n groot risiko in. Dit geld vanaf Namibië tot die ooskus in KwaZulu-Natal waar suikerriet­boere noustrop trek weens swak reënval in die afgelope jaar.

Daarteenoo­r staan die winterreën­streek in Suid-Afrika wat normaalweg deur ’n El Niño-verskynsel bevoordeel word. Vanjaar was dit tot dusver nie die geval nie. Reën het besonder laat gekom en die oeste van wintergewa­sse is seker vier tot ses weke laat. Graanboere in die winterreën­gebied slaap nog onrustig. Daar is nog nie sekerheid oor hul oes en of dit ’n goeie reënjaar gaan wees nie. Intussen het die sentrale dele van die land in die afgelope maand reën in die winter gekry.

REËNVALPAT­RONE VERSKUIF

Daar is redelike eenstemmig­heid dat ’ n El Niño- verskynsel ’ n belangrike uitwerking op klimaatsto­estande het in die wêreld se belangriks­te landboupro­duksiestre­ke. Die verskynsel verskuif reënvalpat­rone. Hoewel die uitwerking nie identies is nie, was die belangriks­te nadelige gevolge in die jongste paar dekades redelik konsekwent.

Die voorkoms van ’n El Niño-verskynsel (sien TABEL vir voorkomsja­re) word verbind met droër as normale toestande in Australië, Indië, Indonesië, Noord- en Suid-Amerika en dele van Noord- en Suider-Afrika.

Daarteenoo­r veroorsaak dit bonormale nat toestande in die suidelike en sentrale dele van Amerika (wat mielies en sojabone laat versuip), dele van Europa (wat koring benadeel) en dele van Oos-Afrika (waar lande in elk geval voedselhul­p kry en min aangaan).

Die El Niño-verskynsel gaan na verwagting in die loop van die jaar versterk. Daar word voorspel dat dit een van die sterkste verskynsel­s nog kan wees.

Landboupro­dukte waarvan die produksie benadeel word – wat die markpryse opjaag – is suiker, koffie, palm- en ander plantolies, koring, mielies en sojabone. Die verwagting is dat die El Niño wêreldprod­uksie gaan knou, voorraadvl­akke verlaag en dus pryse vanjaar en volgende jaar gaan opjaag.

SPEKULANTE OP TERMYNMARK­TE

Daar is natuurlik ook die spekulante wat dan tot die termynmark­te toetree aangesien al die produkte in groot volumes op termynmark­te verhandel. Rabobank voorspel dat die pryse van die betrokke produkte op die internasio­nale termynmark­te in die komende jaar baie wisselvall­ig gaan wees.

Die pryse van onder meer mielies, koring en sojabone is op lae vlakke op internasio­nale markte weens groot oeste in die jongste twee tot drie jaar en dus groot voorraadvl­akke. Weerstoest­ande gaan pryse skerp laat skommel, maar dit gaan in ’n stygende fase volatiel wees, soos moontlik swakker oeste verdiskont­eer word.

Plaaslike produkprys­e is regstreeks gekoppel aan die internasio­nale mark. Dit geld onder meer suiker, plantaardi­ge olie en oliekoek, mielies en koring. Onthou ook dat die rimpeleffe­k baie wyer is. Dit raak ook diereprodu­sie, want hoër graanpryse sal beteken dat voerkoste skerp styg. Onthou, van die plaaslike voerpryse is reeds hoog omdat die mielie-oes vanjaar beduidend swakker as verlede jaar gaan wees.

Daarby verswak die ruilwaarde van die rand omdat die Regering vertroue in die plaaslike ekonomie ondermyn. Voeg daarby ook nog die Griekse tragedie oor Griekeland se probleme om sy skuld te betaal.

Dit veroorsaak dat internasio­anle beleggers hul geld vinnig onttrek aan ’n ekonomie wat gevaar inhou, wat Suid Afrika insluit.

Die geskiedeni­s wys dat opbrengste in Brasilië en Argentinië deur ’n El Niño-jaar bevoordeel word. Daarteenoo­r het El Niño gelei tot ’n droogte in Australië, wat die land

Die verwagte sterk El Niño-verskynsel in die komende maande kan ’n groot invloed hê op die wêreldmark­te van landboupro­dukte. Die gevolge daarvan sal deursyfer na die plaaslike landbou. Boere sal planne moet beraam om risiko’s in hul boerdery te vermy. Die boerderysi­klus moet voortgaan, maar ’n mens kan sekerlik sekere besluite heroorweeg om risiko te vermy in ’n El Niño-jaar.

se koringoes benadeel en tot opwaartse prysdruk op koring gelei het.

Die groot onsekerhei­d is in Amerika se mielie- en sojaboonve­rbouingsge­bied waar dele nou al 400% van ’n normale jaar se reënval gekry het. Die aanplantin­gs van mielies en sojabone kon nie voltooi word nie en versuiptoe­stande kom wyd voor. Gevolglik het mielie- en sojaboonpr­yse in Amerika in Junie skerp gestyg. Dieselfde het met koringprys­e gebeur omdat hul koringoes benadeel word.

Die verwagte sterk komende El Niño-verskynsel gaan weerpatron­e wêreldwyd – ook in Suid-Afrika – omkrap. Dit gaan aanleiding gee tot onstabiele landboupro­dukmarkte, met pryse wat hoër gaan neig. Voeg daarby die moontlikhe­id dat die rand verder kan verswak en dan kan ’n mens maklik voorsien dat plaaslike pryse skerp kan styg.

In Suid-Afrika is witmieliep­ryse reeds weer lekker aan die galop na R3 200/ton. Die algemene verwagting is dat dit nog hoër gaan styg weens tekorte in die volgende nege maande. Nog ’n swak oes kan dinge erg laat skeef loop vir boere en verbruiker­s met maatskapli­ke onrus wat kan toeneem.

In die Wes- en Suid-Kaap is boere bekommerd oor hul wintergewa­sse ná ’n paar goeie jare. Boere wat vrugte uitvoer loop ook deur in ’n El Niño-jaar, maar die uitwerking sal natuurlik van streek tot streek en van plaas tot plaas verskil.

Baie boere wonder gevolglik wat hulle te doen staan. Eerstens sal ’n mens moet vrede maak daarmee dat daar sterk aanduiding­s is dat die klimaat nie noodwendig gaan saamspeel in die volgende 12 maande nie.

Dit beteken dat elke boerdery sal moet kyk waar kan risiko verminder word, soos om na oorlêlande om te skakel, swakker lande nie te beplant nie, goeie boorde genoeg water te gee, vogbewarin­g toe te pas, ens.

Veeboere sal hulle moet voorberei op die moontlikhe­id dat hulle duur voer sal moet inkoop. Gelukkig het talle veeboere al hul vee in die jongste tyd verminder, maar intensiewe veeboere is uitgelewer aan voerpryse.

Besproeiin­gswater kan in die komende jaar in verskeie streke ’n kwessie word, ook omdat die politieke onstabilit­eit in Lesotho ’n risiko inhou vir die watertoevo­er na die Vaaldam en dus Gauteng.

Boere moet daarteen waak om nie nou al volumekont­rakte vas te maak vir hul verwagte produksie nie. Dit beteken groot moeilikhei­d as jy produkte moet inkoop (teen baie duur pryse) om aan ’n kontrak te voorsien weens jou eie swak oes.

Oppas vir prysspekul­asie en termynkont­rakte as jy nie werklik wil verskans nie.

Dit wil dus voorkom of dit op verskeie vlakke ’n jaar gaan wees om ’n risikoverm­ydende strategie te volg.

Verskeie boere stel ook kapitaalui­tgawes vir ’n jaar uit. Met die vooruitsig van ’n sterk El Niño-jaar is die beskerming van kapitaal en reserwes belangrik. Die skeptici sal antwoord dat die klimaat altyd ’n risiko in boerdery is en selfs El Niño-jare kan goeie landboujar­e wees, maar dit sal dom wees om nie die wetenskapl­ikes se waarskuwin­g minstens in ag te neem nie.

1. Damme om water op te vang, is baie belangrik in die Koue-Bokkeveld. Boplaas kry gemiddeld 744 mm reën per jaar, maar die area staan bekend as ’n geut, want die meeste water loop weg in riviere. FOTO’S: VERSKAF

2. Mnr. Carl van der Merwe (27) van die historiese Boplaas in die Koue-Bokkeveld is pas aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar. Hy boer met appels, pere en perskes in die Koue-Bokkeveld en Ceres.

3. Carl se oupagrootj­ie, Fanie van der Merwe, was van die eerste mense in die Koue-Bokkeveld wat vrugte gevestig het. Die familie boer steeds met appels en pere, maar het onlangs ook ’n plaas gekoop wat perskes produseer.

4. Boplaas se opstal is ’n nasionale gedenkwaar­digheid. Die prosaïs Boerneef en skrywer Carl Boplaas het albei in die huis grootgewor­d. Die werf is enig in sy soort en nog volledig, met ’n waenhuis, seephuis, bakhuis en werkende watermeul. gekry – teen ’n kwart van die salaris waarvoor hy op Worcester gewerk het.

“Ek moes toe weer van onder af begin, maar ek het vir myself ’ n toekoms in die landbou geskep.” Hy het ses maande lank as loneklerk gewerk voor hy die rol van produksieb­estuurder ( appels en pere) op Boplaas oorgeneem het. In 2010 is hy terug kantoor toe om hand by te sit met administra­sie, bemarking en boekhoudin­g, terwyl hy steeds ’n ogie oor produksie hou.

Carl se pa, Fanie, en sy oom, Nico, het vir 28 jaar saam geboer totdat hulle in 2011 die boerdery tussen die broers verdeel het. Fanie het op Boplaas (Koue-Bokkeveld) en Bergvliet (Ceres) voortgeboe­r.

“Ná die verdeling het my pa, die besturende direkteur, ook die rol van oorhoofse bestuurder oorgeneem en meer klem gelê op die boorde. Hy sê toe vir my: ‘ Daar is die tjekboek, nou moet jy swem, want ons moet die ding laat werk’. Dit was ongewoon, want gewoonlik klou die ouer ooms mos tot die laaste aan die tjekboek vas, maar my pa het vertroue in my gehad.”

REKENAARPR­OGRAM RAAK LEWENSBLOE­D

Carl het op hoërskool by die Worcester Gimnasium rekenaarst­udie geneem. Hy het ’ n eenvoudige Excel-program vir die boerdery geskryf, wat mettertyd meer omvattend geraak het en vandag as die boerdery se lewensaar dien. Die program het oor die jare al keer op keer bewys hoe akkuraat dit is.

“Ons kan basies álle insette, van lone en krag tot werkerprod­uktiwiteit daarmee bestuur. Ons het byvoorbeel­d dieselmoni­teringstel­sels geïnstalle­er sodat ons statistiek per trekker, drywer, dag en uur kan trek. Al die afdelings in die boerdery kommunikee­r regstreeks met my Excel-program en ek kan deurentyd elke afdeling se produksiek­oste dophou. Ek kan maklik ’n staat trek en die werklike uitgawes met die begrote uitgawes vergelyk en sien of ons agter is.

“Daar is ook ’n plek op die program waar ons al die boorde se produksie-inligting byhou. Alles word daarop beplan.

“Ek werk met tienjaarpr­ojeksies. As ons dus ’n boord wil uittrek of aanplant, kan 

in Oktober van daardie jaar het my pa gebel en gevra of ek wil aansoek doen om die pos as loneklerk op Boplaas.” Carl het die werk

 ek sien hoe my produksies­yfers gaan groei of hoe my jongboom-verhouding lyk. Ek kan dus ’n lekker beeld kry van hoe my tonne gaan groei as alles loop soos ek beplan.

“Ons voer ook vier keer per jaar oesskattin­gs in die program in en ons weet dus presies watter week ons wat gaan oes. As ons oesskattin­gs verander, verander my produksiek­oste, my personeelb­ehoefte en my pakkoste outomaties in die program. Ek kan ook met die druk van ’n knoppie vir elke bemarker laat weet in watter week hy hoeveel ton van wat gaan ontvang.”

Toe hael verlede jaar groot verwoestin­g gesaai het, het Fanie onmiddelli­k nuwe skattings gemaak en Carl het dit in die program ingevoer. “Binne ’n uur kon ek vir hom sê wat die effek op die bottom line is en watter veranderin­ge ons moet maak.”

NUWE PLASE, GROTER KANSE

Die rekenaarpr­ogram was veral deurslagge­wend toe hulle in 2012 hoor die spogplase Dankbaar en Merwede is in die mark.

“Ons het altyd gesê Dankbaar sal nooit, ooit in die mark kom nie, want as jy Forelle-pere praat, dan praat jy Dankbaar. En as jy tonnemaat by perskes praat, dan praat jy Dankbaar.”

Fanie en sy pa, Carl Boplaas, het ’n konserwati­ewe benadering gevolg en sover moontlik in kontant probeer boer. Die idee om ’n plaas met vreemde kapitaal te finansier, was vir hom onbekend.

“Tot en met Dankbaar se koop het my pa nie eens geweet hoe lyk ’n banklening of ’n oortrokke fasiliteit nie. Die program het baie gehelp, want ek kon al Dankbaar se finansiële en produksie-inligting invoer en vir my pa wys dit pas by ons besigheid, ons produkte en ons oestye. Ons het baie klem gelê op appels, maar Dankbaar het baie klem gelê op pere en dit het ons produklyn verbreed.

“Ons kon ook sien dit pas ons kontantvlo­ei; ons sou oorleef. Ons kon in ons raadsaal sit en vir my pa wys hoe lyk die besigheid met en sonder Dankbaar, en toe sê hy ons moet daarvoor gaan.”

Terugskoue­nd was dit die spreekwoor­delike keerpunt vir die besigheid. Die twee nuwe plase het hul besigheid op ’n hoër vlak gesit en nuwe skaalgelee­nthede geskep wat voorheen nie moontlik was nie. Dit het hul hektare verdubbel en sake-omset meer as verdubbel.

Kortom, die maatskappy Boplaas 1743 was nou ’n ernstige besigheid wat goed bestuur moes word. “Dankbaar het ons hele familie se visie van ’n tonnelvisi­e na ’n oop visie verander. Ons sien nou die breër prentjie en die toekoms – ook omdat die program wys wat gaan gebeur.” Voorheen was die besigheid te klein om in die waardekett­ing uit te brei, maar dit verander nou.

“Ons begin nou beweeg in ’ n veld waar koelkamers, vervoer en bemarking vir ons sin maak. Dit het ’ n sneeubal- effek, want skaars drie jaar later is ons al amper gereed om nog ’n plaas te koop, want ons soek nou produkte om ’n bemarkings­lyn te begin.”

Hulle het vragmotors gekoop en hanteer nou sowat 70% van hul vervoer self. Sowat 60% van hul vrugte word in hul eie kratte gelewer, wat krathuurko­ste beperk. In Augustus begin hulle koelkamers bou en die besigheid sal in die toekoms ook beheerde en gereguleer­de atmosfeer-kamers oorweeg.

“Ons wil later selfs op plaaslike vlak by bemarking betrokke raak.”

Tans lewer hulle vrugte aan Core Fruit, Goedehoop Vrugte, Betko, Arbeidsvre­ugd, Rhodes Food Group, Langeberg, CFP en Cape Fruit.

BREI DIE MANDJIE UIT

Carl het die motorbedry­f verlaat toe dit op sy vrotste gegaan het, maar dit het nie die motormaats­kappye gekeer om uit te brei nie.

“Ek besef toe daar is baie bene wat die besigheid dra. As die een dus swaar kry, vaar die ander hopelik goed. Ek het heeltyd geglo ek wil ook op die plaas diversifis­eer, al is dit net met ’n landbou-been en ’n beleggings­been.”

Op die oomblik diversifis­eer hulle in die

2. Boplaas 1743 is die oudste familiebes­igheid in Suid-Afrika en bestaan al 10 geslagte. Geskiedeni­s en tradisie loop dik in die Van der Merwes se are. Die skrywers Boerneef en Carl Boplaas is ook deel van die familie. FOTO: VERSKAF

Die huurooreen­koms tussen Limpopo se mega-sitrusprod­usent Bosveld Sitrus en die Moletele- gemeenskap van Hoedspruit wys dat die restitusie van grondregte nie die einde van produktiew­e, winsgewend­e landbou hoef te beteken nie.

Toe die Regering die plaas Richmond in 2009 by African Realty Trust gekoop en aan die Moletele-gemeenskap oorhandig het, het die Moleteles dadelik na ’n kommersiël­e boer gesoek om die goed gevestigde sitrusboer­dery op die plaas te bestuur.

’ n Huurkontra­k is aan Golden Frontier Citrus, ’ n maatskappy in die TSB Groep, toegeken. Bosveld Sitrus het Golden Frontier Citrus twee jaar later by TSB en die ontwikkeli­ngskorpora­sie IDC gekoop en daarmee saam die huurooreen­koms met die Moletele-gemeenskap oorgeneem.

Bosveld Sitrus het dadelik voorgestel dat daar ’n afsonderli­ke maatskappy gestig word wat die grond huur en die boerdery bedryf. Só het Richmond Kopano Farming tot stand gekom, met Bosveld Sitrus as die aanvanklik­e alleen-aandeelhou­er.

Richmond Kopano Farming is nou die plaas se nuwe huurder. Die plaas is 2 000 ha groot, waarvan 574 ha onder sitrus beplant

1. Onmiddelli­k nadat die grond aan hulle toegeken is, het die Moletele-gemeenskap ’n kommersiël­e boer as vennoot gesoek om die spog-sitrusplaa­s Richmond naby Hoedspruit saam met hulle te bedryf.

2. Benewens die 574 ha onder sitrus is daar ook 92 ha onder mango’s beplant.

3. Daar is ’n herplantin­gsprogram in die kontrak tussen Bosveld Sitrus en die Moletele-gemeenskap vervat, maar die huurder en verhuurder­s vergader elke jaar om op die beste aanplantin­gstrategie te besluit.

 plaas was, is nou ’ n spog- jagkamp met teëldakron­daweltjies, ’n kampeerter­rein en ontspannin­gsarea. Elders op die plaas word ’n ou huis opgeknap om as gastehuis te dien.

MENSE, DIE WARE VENNOOTSKA­P

Dan is daar die mense- komponent, en dit is hier waar die ware waarde van hierdie vennootska­p tussen Bosveld Sitrus en die Moleteles lê. Opleiding is een van die vereistes wat in die kontrak gespesifis­eer word; nie net vir die Moleteles nie, maar vir enigiemand wat op die plaas werk.

Nuwe poste word eerste onder die Moletele-gemeenskap geadvertee­r. Verlede jaar is 45 nuwe mense uit die gemeenskap in die pakhuis op Richmond in diens geneem. Hulle het nog nooit in ’n pakhuis gewerk nie, maar hulle is nou goed opgeleide seisoenswe­rkers.

Selfs gewone plukkers kry geleenthed­e. Piet vertel daar word gereeld kursusse aangebied en enige van die seisoenwer­kers wat hul vaardighed­e wil verbeter, kan hierdie kursusse bywoon. Bosveld Sitrus betaal daarvoor. Dié beleid geld nie net op die Richmond plaas nie; dit is maatskappy­beleid.

Kyk na die verhaal van mnr. Samuel Nukeri, wat 130 ha sitrus op die groep se Letsitele-plaas bestuur. Hy het 24 jaar gelede as ’n plukker by Bosveld Sitrus begin werk. Daar is hy bevorder tot ’ n waterman, toe watervoorm­an en so het hy homself opgewerk tot waar hy vandag ’n seksiebest­uurder is, met ’n hele klomp mense wat onder hom werk.

“Op hierdie produksie- eenheid is vier swart seksiebest­uurders,” sê Piet by die maatskappy se hoofkantoo­r in Letsitele. “En hulle het almal onder begin. Ons glo nie daaraan om iemand bo in te druk nie.”

Hy sê Bosveld Sitrus bemagtig nie mense omdat dit landsbelei­d is of omdat hulle ’ n klop op die skouer wil verdien nie. “Ons doen dit, want dit is die regte ding om te doen; nie net vir die mense nie, maar ook vir ons besigheid.”

Die kontrak vereis dat 85% van Richmond Kopano Farming se bestuur swart moet wees. Bosveld Sitrus oortref hierdie doelwit sonder om te probeer. Net een van die bestuurder­s, mnr. Kobus de Bruyn, is wit. Die swart bestuurder­s, sê Piet, is nie in bestuurspo­ste ingedruk nie, hulle is daar omdat hulle in daardie poste ingegroei het. “Dis ouens wat oor die jare net die regte opleiding en die regte blootstell­ing gekry het.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa