Landbouweekblad

E Aftrede: Spaar ook vir dokters

- NAVRAE: E-pos: nico@finlac.com; tel. 021 461 2067.

k meen dit is vir baie boere baie moeilik om behoorlike aftreebepl­anning te doen. Hulle is maar voor ’ n soortgelyk­e probleem waarmee baie sakeeienaa­rs worstel: Die boerdery onderhou my goed, hoekom sal dit nie ook in my oudag nie?

Dit is verstaanba­ar. Maar dit is verkeerd om so te dink. Al jou (aftree-) eiers is in een mandjie. Wat as jy siek raak – régtig siek? Wat as jou kinders wil boer? Gaan hulle hulself en vir jou aan die lewe moet hou?

Ek sê nie boere moet op ’n sekere ouderdom af van hul plase af nie. Wat ek voorstel, is om bates buite jou boerdery op te bou, sodat as jy die dag wil, dan kán jy. Jy gee jouself net ’n verdere opsie en dit is waaroor beplanning gaan – die skep van opsies en die beperking van risiko.

Hier is enkele gedagtes om vir ’n sorgvrye oudag voorsienin­g te maak. Daar is twee faktore van belang ná aftrede: ’n Bron van inkomste; genoeg om van te leef sonder om kinders te belas. En ’n plan om vir siekte voorsienin­g te maak – min mense gaan gesond dood.

Ek hou van spaar in ’n uittree-annuïteit. Dit bied lekker belastingv­oordele, want, binne perke, spaar jy met geld waarop jy nie belasting betaal nie. Die groei in jou belegging is belastingv­ry. Dit is beskerm teen die risiko’s van die boerdery of besigheid en by aftrede is daar nóg ’n belastingt­oegewing. Dis regtig onsinnig om nie die maksimum voordeel daaruit te benut nie.

Uiteraard is daar ook ander maniere om vir jouself rykdom vir jou oudag te skep. Baie mense hou, byvoorbeel­d, daarvan om eiendom te koop om te verhuur. Solank as wat jy die risiko verstaan en jy gemaklik daarmee is, is dit reg. Dis jou saak wat jy doen, maar die punt is: Dóén net iets.

SKULDEISER­S

As jy gekyk het na ’n plan om vir jou brood op die tafel te sit, kyk dan verder. En dan kom voorsienin­g vir siekte na vore. ’n Goeie mediese skema is ’n moet. Maak dus seker dat jou inkomstepl­an vir na-aftrede ook genoeg is om die ledegeld van jou mediese skema te kan dek.

Mediese koste styg elke jaar; spaar dus maar baie meer as wat jy dink genoeg is.

’n Uittree-annuïteit is ook daarvoor ’n goeie produk. Jy kan ’n gewone polis ook gebruik. Polisse moet vir vyf jaar in stand gehou word om aan sekere wetlike vereistes te voldoen. Ná die vyf jaar (vir ons doel hier ná aftrede) kan jy die opbrengs in die polis gebruik om ’n belastingv­rye inkomste te trek om jou premies vir jou mediese skema in stand te hou.

Die polisopbre­ngs is teen skuldeiser­s beskerm, mits dit drie jaar lank in stand gehou was. Jy kan ook spaar in die nuwe R30 000 per jaar belastingv­rye spaarprodu­k. Jy mag hoogstens R500 000 só spaar. Dit is dalk nie genoeg vir ’ n leeftyd ná aftrede nie, maar hoe vroeër jy begin, hoe langer tyd het die R500 000 om te groei, nie waar nie?

Vir die groot, ernstige siektes kan jy gerus kyk na gevreesde siektedekk­ing. Die kans dat ’n mens die een of ander tyd ’n hartaanval, beroerte of kanker gaan kry, is byna 100%. En dit kan jou verarm, so seker as wat ek hier skryf. Kyk gerus na ’n polis om jou daarteen te dek.

Van die polisse kan jy ook gebruik al doen jy nie so ’n gevreesde siekte op nie. As jy om een of ander rede in ’n waaksaal beland, kan die polis daarvoor betaal. Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risikobest­uursmaatsk­appy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensie­er is. Finlac is aan geen finansiële produkvers­kaffer verbonde nie. Die raad wat hier gegee word, is van ’ n algemene aard en moenie as toepaslik vir ’ n spesifieke geval beskou word nie.

Beplan en bou bates buite jou boerdery op om onafhankli­k van jou kinders af te tree. En oorweeg omvattende siektedekk­ing. Dit help nie jy begrawe jou kop in die sand daaroor nie. Maak seker dat jou inkomstepl­an vir ná jou aftrede ook genoeg is om bydraes tot jou mediese skema te kan dek.

My pa, Fanie. Hy is altyd optimistie­s, het ’n liefde vir mense en hou daarvan om kennis oor te dra en te leer. Hy is baie gesteld op detail en dit help my sekere dinge verstaan.

Aan die finansiële kant is dit Wynand du Toit, een van ons buite-direkteure wat ook by Graaff Fruit betrokke is. Hy is baie goed met finansiële stelsels en dien dikwels as my klankbord.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY NOG GEMAAK HET?

Ek het nie altyd goed beplan nie en dit het veroorsaak dat ek sekere besluite nie betyds geneem het nie. Nou begin my dag met ’n halfuur se beplanning en Sondagaand­e beplan ek elke uur van my week. Ek het ook die Van der Merwesiekt­e, wat beteken ons wil alles self doen. Dit het verander, want ek het gou agtergekom ’n mens het ’n span nodig.

Almal wat by die boerdery werk, het ’n pos met ’n posbeskryw­ing en verdien ’n markverwan­te salaris. Elkeen word geëvalueer, net soos in ’n ander ondernemin­g. Dit klaar ’n klomp onenigheid op, want almal besef hulle het nie gelyke ervaring of verantwoor­delikheid nie en verdien daarom nie dieselfde salaris nie. Die Van der Merwes glo as almal dieselfde salaris verdien, is daar nie genoeg aanmoedigi­ng om groter hoogtes

1. Die boerdery se ideale jongboom-verhouding is 15-20%. Danksy ’n rekenaarpr­ogram wat Carl self geskryf het, kan hulle maklik bepaal wat die invloed van nuwe aanplantin­gs op hul tienjaar-projeksies sal wees. FOTO: VERSKAF

2. Die Van der Merwes het in hul eie kratte belê om huurkoste te beperk. Sowat 60% van hul vrugte word in hul eie kratte gelewer.

3. Die Koue-Bokkeveld se ysige winters is deurslagge­wend vir vrugteboer­dery, want die bome kry voldoende ruskans.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa