Landbouweekblad

Jongboer se rekenaarpr­ogram maak wêrelde oop CARL VAN DER MERWE

- Duidelikhe­id oor maatskappy­struktuur.

Die Van der Merwes van Boplaas was op die punt om ’n koopkontra­k vir twee nuwe plase te onderteken toe die polisie hulle vra om die prokureurs­kantoor op Ceres te ontruim. Dit was laat in 2012 en bo hul koppe het helikopter­s rondgevlie­g en opstokers het gillend die strate ingevaar.

Te midde van die ongekende chaos wat die erge arbeidsonr­us en stakings meegebring het, het dié tiengenera­sie-boerdery, die oudste familie-ondernemin­g in Suid-Afrika, kans gesien om verder in die landbou te belê terwyl ander geen toekoms meer gesien het nie.

“Ons is baie optimisite­s oor die landbou,” sê mnr. Carl van der Merwe (27). Hy is pas aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar, wat binnekort met jongboere uit ander provinsies gaan kragte meet om die nasionale titel.

Hy boer op vier plase van altesaam 360 ha met appels, pere en perskes en neem sowat 400 mense in diens (waarvan die helfte per- manente werknemers is).

Sy pa, Fanie, het nie een van sy vier seuns gedwing om by die boerdery aan te sluit nie en Carl het sy toekoms in die motorbedry­f gesien. In 2006, kort ná matriek, het hy by Barloworld Motors se Toyota- handelaar naby Tygervalle­i ingeval. Hy het heel onder begin en moes vir ’n salaris van R2 500 per maand rakke pak en vloere vee in die onderdele-afdeling, maar daar het hy een van die belangriks­te lesse van sy lewe geleer.

“My baas het vir my gesê: ‘Jong man, hier by my val jy nie in as iets nie, jy begin onder en jy werk jou op na iets toe, want dis al hoe jy die lewe se fondamente reg kry.’ Weet jy, daai woorde het gelukkig in my kop vasgesteek en nou is dit my lewensfilo­sofie.”

Die volgende maande het hy alles gedoen, van motorverko­pe tot administra­tiewe take, en binne twee jaar was hy leerling-boekhouer. Hy het terselfder­tyd B.Comm. deur Unisa gestudeer. Later het hy ’n draai as verkoopsag­ent by Orbit, die Mercedes-handelaar op Worcester, gemaak. “Een Woensdagmi­ddag

’n Eenvoudige rekenaarbe­stuursprog­ram was die rede waarom die Van der Merwes in 2012 twee nuwe plase te midde van arbeidsonr­us gekoop het. Dié program is die geesteskin­d van mnr. Carl van der Merwe, die tiende geslag in Suid-Afrika se oudste familiebes­igheid, en ook vanjaar se Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar.

landbou betrokke te raak nie, maar as jy wil, moet jy eers minstens drie jaar op ’n ander plek werk en jou geskikthei­d vir die pos deur ervaring of opleiding kan bewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa