Landbouweekblad

FAMILIE-INDABA

- NAVRAE: Mnr. Carl van der Merwe, tel 023 317 e-pos: carl@boplaas174­3.co.za.

Een keer per jaar kom al die Van der Merwe-gesinslede saam met buitedirek­teure en -trustees byeen om hul visie en groeidoelw­itte te bespreek. Hulle noem dit die Familiefor­um.

“Ons kry kundiges, soos André Diederichs van Fabasa (Family Business Associatio­n of South Africa), om met ons te kom praat sodat ons kan uitvind of ons missie, visie en grondwaard­es nog reg is. Ons besluit ook dan waarheen die familie – die hoofaandee­lhouers in die besigheid – wil groei. Hulle soek ’n rendement op hul belegging en bepaal dus ook wat ons vorentoe gaan doen,” sê mnr. Carl van der Merwe.

Die Familiefor­um het byvoorbeel­d daarop gewys die boerdery is te min in die waardekett­ing betrokke en het toe velde gaan uitsonder waar hulle betrokke kon raak. Gewoonlik word die besluite geneem op grond van die familie se behoeftes, maar ook op grond van die behoeftes in die omgewing.

waardekett­ing, maar hulle belê ook in eiendom buite die landbou.

Die boerdery besit byvoorbeel­d ’ n unieke Piper Comanche-vliegtuig wat hulle aan vliegskole verhuur. Hulle bestuur ook hul aandelepor­tefeulje net so noukeurig as wat hulle na die boerdery kyk.

Al hierdie opwindende uitbreidin­gs word beplan en uitgevoer uit dieselfde geboue waar nege Van der Merwe-geslagte voor Carl ’n bestaan gemaak het. Om deel te wees van die oudste familiebes­igheid in Suid- Afrika het ’ n reusevoord­eel, glo Carl. “Daar was swaar tye en moeilike tye, maar ook maklike tye oor die jare. Dit gaan al vier seisoene lank eintlik uitstekend met die vrugtebedr­yf.

“My geslag dink dit gaan net goed en ons koop dus maklik nuwe trekkers en bakkies en gaan groot. Maar ek kry elke dag nege geslagte se sakekennis en weet dit gaan nie altyd so nie. As jy daardie fondamente het, maak dit besluitnem­ing makliker.

“Met elke besluit wat jy neem, vra jy jouself af of dit vir tien geslagte gaan hou. Ons het ook groot geraak met ’n visie om nie nóú te dink nie, maar op ’n langer termyn.”

Frans Jacobus van der Merwe, Carl se seun, is op 3 Februarie verlede jaar gebore en is die eerste lid van die elfde geslag.

“Ek gaan dieselfde resep as my pa volg. Dikwels word kinders gedwing om plaas toe te gaan, maar dis lekkerder op ons manier waar jy self kan besluit of jy in die landbou wil wees. Namate die ondernemin­g groei, brei die behoeftes uit en ons kan op ander maniere plek maak vir mense.”

Carl gaan ook die konserwati­ewe waardes wat al geslagte lank die Van der Merwes kenmerk, aan hom oordra. “Ons kan vinniger groei, maar ons doen dit konserwati­ef. Dis hoekom ons in moeilike tye kan aanhou.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa