Landbouweekblad

FAMILIE MET INK IN HUL ARE

-

Om die oudste familiebes­igheid in SuidAfrika te wees, is nie ’n ligte prestasie nie. Veral nie as dit een is wat sulke groot spore in die Suid-Afrikaanse landbou en letterkund­e getrap het nie.

Mnr. Carl van der Merwe is die tiende geslag op Boplaas, wat in 1743 tot stand gekom het. Hy is die twaafde geslag in Suid-Afrika.

“Die eerste Van der Merwe was ’n busskieter (wag) by die Kasteel en die tweede geslag het by De Hoop in Franschhoe­k as vryburgers vir Jan van Riebeeck geboer. Hoe die derde geslag, Izaak Wilhelmus, besluit het om juis hierheen te kom, weet ons nie, maar Boplaas is as weidingpla­as aan hom toegeken. Hy het later ook met koring geboer.”

Die plaas het toe bekend gestaan as Modderasva­llei, maar het later Moerasvlei geword. ’n Paar geslagte gelede was daar sewe seuns wat almal wou boer, en hul pa het die ou Moerasvlei in sewe gaan deel. Dit is waar die plase Bronaar, Weltevrede en Môrester nou lê.

Die bekende skrywer Boerneef het op Boplaas grootgewor­d. “Hy was vier geslagte gelede die oudste seun en moes kom boer, maar het gou besef dis nie vir hom nie en hy is Kaap toe.” Boerneef, wat gesê het daar is twee Tafelberge – een op Boplaas en “sy ouboet by die see” – het egter nog gereeld sy geliefde geboortepl­aas besoek. “Ons het nou nog ’n Boerneef-kas met sy beret, stapstok en sweep.”

Carl se oupa, Carl Boplaas, was ook ’n skrywer wat agt boeke die lig laat sien het.

“Ons noem die Boerneef-kas nou al die Van der Merwe-skryfkas, want Oupa se bundeltjie­s is ook daar.” Carl, wat baie lief is vir musiek en ook ’n sangloopba­an oorweeg het, het al ’n CD, Een uit ’n miljoen, opgeneem waarvoor hy baie liedjies self geskryf het. “Ek kon die woorde skryf en dit was vir my ’n uitlaatkle­p, maar ek het gesukkel om dit te toonset.”

Hy glo sy pa, Fanie, sal ook die pen gryp wanneer hy aftree en rustiger raak.

“Hy skryf baie mooi, en oupa het ook mos eintlik eers begin skryf nadat hy afgetree het.” Klein Frans Jacobus, die eerste lid van die elfde geslag, is verlede jaar gebore.

Carl en sy gesin woon tans in die oorspronkl­ike opstal, ’n Kaaps-Hollandse huis in die H-styl wat uit die 1780’s dateer. Die Boerneef-kas in Boplaas se opstal word deesdae die Van der Merwe-skryfkas genoem. Talle van Boerneef se bundels word in die kas gebêre. Sy stapstok, beret, sweep – en selfs Boplaas-sand wat hy uit sy sokkies geskud het – is ook in die kas. Carl Boplaas se boeke word ook hier aangetref. FOTO: VERSKAF

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa