Landbouweekblad

Wen-wen-ooreenkoms op restitusie­grond

- NAVRAE: Me. Anette Theunissen, tel. 071 857 e-pos: atheunisse­n@ncpg.gov.za.

LINKS: Mense uit die Oaks-omgewing naby Hoedspruit kom as seisoenwer­kers op die plaas Richmond werk wanneer daar vrugte geoes word. Dié wat wil, kan hulself vir beter poste kwalifisee­r deur kursusse by te woon wat gratis deur Bosveld Sitrus aangebied word.

Ja, gunstige huurvoorwa­ardes bepaal in ’n mate die sukses van ’n restitusie-ooreenkoms tussen die Moletelege­meenskap en Suid-Afrika se grootste sitrusprod­usent, maar dis die wedersydse vertroue wat dié suksesverh­aal so merkwaardi­g maak.

is en 92 ha onder mango’s. Daar is verlede jaar 950 000 kartonhoue­rs sitrusvrug­te vir die uitvoermar­k op dié plaas verpak. Groente en graan word ook onder spilpunte verbou.

Die Moletele- gemeenskap vind baat by ’ n billike huurinkoms­te vir die grond. Dit bestaan uit ’ n vaste komponent wat elke jaar eskaleer en ’ n wisselende komponent wat aan die Moleteles ’ n gedeelte van die vrugteboer­dery se omset betaal. Verlede jaar se omsetdelin­g het R963 000 beloop en die verwagting is dat vanjaar se bedrag R1 miljoen kan oorskry.

VERTROUE OORSKADU HUURVOORWA­ARDES

Mnr. Piet Smit, besturende direkteur van Bosveld Sitrus, wys daarop dat die normale gebruik sou wees om die gemeenskap in die wins te laat deel, maar hierdie bepaling is so oorgeneem. Hy sê die groter blootstell­ing dwing die maatskappy om koste só te bestuur dat dit ’n wins maak ten spyte van die omsetdelin­g.

“Dit is alles goed en wel om te kan sê jy is die grootste sitrusprod­usent in Suid-Afrika, maar ons wil eerder sorg dat ons die produktief­ste en winsgewend­ste produsent is,” verduideli­k hy.

Vervolgens spesifisee­r die kontrak dat Bosveld Sitrus die plaas se biologiese bates aan die einde van die huurtermyn teen 2025 in dieselfde toestand, of beter moet teruggee aan die gemeenskap as wat dit aanvanklik was.

Die vertroue tussen die Moleteles en Bosveld Sitrus oorskadu selfs die gunstige voorwaarde­s van die huurkontra­k. Die gemeenskap het byvoorbeel­d verlede jaar by Bosveld Sitrus se direksie kom aanklop vir raad oor aandeelhou­ding. “Ons het vir hulle die produksies­yfers en projeksies gewys en aangedui dat dit vir ons goed sal wees, maar nie noodwendig vir hulle goed sal wees as hulle in daardie stadium aandele opneem nie,” sê Piet.

Hy verduideli­k dat daar toe nog boorde was wat vervang moes word, wat sou veroorsaak dat die maatskappy se winsgewend­heid tydelik sou verswak. Hoewel Bosveld Sitrus probeer om boordverva­nging te bestuur sodat daar nie ’n daling in produksie plaasvind nie, kan dit gebeur dat daar vir twee tot drie jaar ’n effense afname in produksie voorkom. Daarom het die Moleteles besluit om nie in

3. Mnr. Moses Bopape is die pakhuisbes­tuurder op die plaas Richmond.

Op Richmond word die mangokulti­vars Tommy Atkins, Keitt en Kent hoofsaakli­k vir die uitvoermar­k verbou.

Moenie die basterkrag van ’ n inheemse kruiskoei onderskat nie, sê me. Anette Theunissen, veekundige van die Noord-Kaapse departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng. Met ’n doeltreffe­nde kruisteelt­stelsel kan ’n Suid-Afrikaanse vleisbeesb­oer sy koeiproduk­tiwiteit met amper die helfte verhoog, sê haar kollega, dr. Michiel Scholtz van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie.

Dié statistiek, saam met toenemende onrus oor wat aardverwar­ming in komende dekades aan beesvleisp­roduksie kan doen, was die dryfveer agter ’n omvattende nuwe kruisteel- projek by die Vaalharts-navorsings­tasie buite Jan Kempdorp in die Noord-Kaap.

Koeie en bulle van drie inheemse rasse, die Afrikaner, Bonsmara en Nguni, en bulle van een Britse ras, die Angus, en een Europese ras, die Simmentale­r, word in die eksperimen­t gebruik. Elke ras se koeie is in vyf groepe opgedeel wat so homogeen moontlik is. Vier van dié koeigroepe word dan met bulle van ’ n ander ras gepaar, en een koeigroep van elke ras met bulle van dieselfde ras (sien TABEL 1 ).

Die eerste stel kruiskalwe­rs is in Mei gespeen en van die bulkalwers gaan nou in voerkraalt­oestande geëvalueer

Inheemse vleisbeesr­asse het nou die kans om hul genetiese staal te wys in ’n kruisteelp­rojek by die Vaalharts-navorsings­tasie in die Noord-Kaap. word. Die plan is om teen volgende jaar ook Brahmane in te sluit. En dan is dit ook moontlik dat ander rasse, soos die Drakens-

HEEL LINKS: Kalwers van ’n Bonsmarabu­l en ’n Ngunikoei.

LINKS: Kalwers van ’n Simmentale­rbul en Bonsmarako­ei. FOTO: JOHN BOULLE

 kan aanpas deur net die tipe vaderras na gelang van die nuwe behoefte aan te pas, terwyl dieselfde koeikudde gebruik word.

BEWARING VAN AFRIKANER

Die koeie in so ’n stelsel moet aangepas en gehard wees, lae onderhoud vereis (dus klein in grootte wees), vroeg geslagsryp en hoogs vrugbaar wees, maklik kalf, ’n gemiddelde melkproduk­sie en ’ n lang reprodukti­ewe lewe hê, sê Michiel.

Vir ál die betrokke rasse kan die kruisteelp­roewe groot waarde ontsluit.

Vir die Afrikaner behoort dit die bydrae van die Afrikaner-koei in die verhoging van produksied­oeltreffen­dheid te demonstree­r, meen Michiel.

“In die 1960’s was die Afrikaner die oorheersen­de vleisbeesr­as in Suid-Afrika, maar sy getalle het die laaste aantal jare gedaal. Net die aantal stoetkoeie het vanaf 12 000 in 2002 tot minder as 4 000 in 2013 afgeneem.

“Omdat die Afrikaner ’n inheemse ras is wat by ekstensiew­e toestande aangepas is, is dit belangrik dat dit bewaar word en dat navorsing oor die ras se voordelige eienskappe en genetiese potensiaal en diversitei­t gedoen word,” sê hy. Dieselfde geld die Nguni. Vir Bonsmara- telers behoort die projek aan te dui of daar nóg waarde toegevoeg kan word deur Bonsmara-koeie met ander vaderlynra­sse te kruis omdat die Bonsmara reeds ’ n komposiet- ( saamgestel­de) ras is waarin basterkrag in ’n mate behou is.

Voorts sal die proefresul­tate ook vir telers kan aandui of kruisings tussen die inheemse rasse ( Afrikaners en Nguni’s) se koeie en Bonsmara-bulle produksied­oeltreffen­dheid kan verbeter.

Ook vir die twee uitheemse rasse hou die kruisteelp­roewe groot potensiaal in: Dit behoort die bydrae te kan bepaal wat Simmentale­r- en Angus-bulle kan lewer om produksied­oeltreffen­dheid te verbeter, en ook watter bydrae Angus- bulle tot vleisgehal­te kan lewer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa